Go to full page →

Ons Taak GF 57

Daar is ‘n wêreld wat gewaarsku moet word. Hierdie werk is aan ons opgedra. Ons moet tot elke prys die waarheid uitleef. Ons moet gedurig in ‘n stemming van gereedheid en selfopoffering verkeer, gewillig om, indien nodig, in die werk van God selfs ons lewe prys te gee. Daar is ‘n groot werk om in ‘n kort tydjie te verrig. Ons behoort ons werk te verstaan en dit getrou te doen. Elkeen wat uiteindelik as oorwinnaar gekroon word, sal deur edele, vasberade pogings om God te dien, die reg verdien om met Christus se geregtigheid beklee te word. Om tot die veldtog teen Satan toe te tree en die bloedbevlekte banier van die kruis van Christus te dra - dit is die plig van elke Christen. Hierdie werk verg selfopoffering. Selfverloëning en die kruis kom orals op die lewenspad voor. “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg,“het Christus gesê. Diegene wat die skatte van hierdie wêreld verkry, is onder die verpligting om te arbei en op te offer. Sal diegene wat na ‘n ewige beloning streef, meen dat hulle geen opoffering hoef te maak nie?-«.«H.,31 Jan.1907. GF 57.3