Go to full page →

Eers die Tiendes-Dan die Offergawes GF 74

Hierdie saak van gee word nie aan impulsiwiteit oorgelaat nie. God het ons duidelike opdragte in hierdie verband gegee. Hy het tiendes en offergawes as die mate van ons verantwoordelikheid genoem. Hy verlang dat ons gereeld en stelselmatig sal gee.... Laat elkeen gereeld sy inkomste, wat alles as ‘n seën van God kom, in oënskou neem en sy tiende opsy sit as spesiale fonds, wat heilig aan die Here is. Hierdie bedrag behoort onder geen omstandighede vir enige ander doel aangewend te word nie; dit moet uitsluitlik vir die onderhoud van die evangeliebediening gebruik word. Nadat die tiendes opsy gesit is, laat skenkings en offergawes bereken word, “namate sy voorspoed is.” -R. &H., 9 Mei 1893. GF 74.3