Go to full page →

Die Uur Van Christus Se Koms Word Aangekondig DBo 199

Die stem van God word uit die hemel gehoor wat die dag en uur van Jesus se koms aankondig en wat die ewige verbond aan Sy volk oorhandig. Soos die hardste donderslae dreun Sy woorde oor die aarde. Die Israel van God staan en luister met hulle oë omhoog. Hulle aangesigte is verlig met Sy heerlikheid en hulle blink soos die gelaat van Moses toe hy van Sinai afgekom het. Die goddelose kan hulle nie aanskou nie. En wanneer die seën uitgespreek word op diegene wat God vereer het deur Sy Sabbat te heilig, word daar ‘n magtige oorwinningskreet gehoor. [GS 724] DBo 199.2