Go to full page →

Die Drie-Eenheid DBo 6

God is die vader van Christus; Christus is die Seun van God. Aan Christus is ‘n verhewe posisie gegee. Hy is gelyk gemaak aan die Vader. Al die beraadslagings van die Vader is oopgemaak vir Sy Seun. [8T.268] DBo 6.4

Daar is drie lewende persone in die hemelse driemanskap; in die naam van hierdie drie groot magte - die Vader, die Seun en die Heilige Gees - word diegene gedoop wat Christus aanneem deur ‘n lewende geloof, en die drie magte sal saamwerk met die gehoorsame onderdane van die hemel in hul strewe om die nuwe Lewe in Christus te lewe. [Ev. 615] (S.T. series B no.7; pp.62,63; 1905)] DBo 6.5