Op Sabbat, 24 Maart, het ons ‘n baie aangename byeenkoms gehad by die broeders in Topsham, Maine. Die Heilige Gees is op ons uitgestort, en ek is in die Gees weggevoer na die stad van die lewende God. Daar is aan my getoon dat die gebooie van God en die getuienis van Jesus Christus in verband met die geslote deur, nie geskei kon word nie, en dat die tyd vir die gebooie van God om te skyn met al hulle belangrikheid, en vir die mense om getoets te word op die Sabbat waarheid, sou kom wanneer die deur geopen word in die allerheiligste plek van die hemelse heiligdom waar die ark is waarin die tien gebooie is. Hierdie deur is nie geopen voordat die middelaarswerk van Jesus in die heilige plek van die heiligdom in 1844 ten einde geloop het nie. Toe het Jesus opgestaan en die deur van die heilige plek gesluit, en Hy het die deur tot die allerheiligste plek oopgemaak en deur die tweede voorhangsel gegaan waar Hy nou by die ark staan en waar Israel nou deur geloof ingaan. EG 33.1
Ek het gesien dat Jesus die deur van die heilige plek gesluit het en dat niemand dit kan oopmaak nie; en dat Hy die deur tot die allerheiligste plek geopen het en niemand kan dit sluit nie (Openb. 3: 7,8). 1Sien bladsy 76.En vandat Jesus die deur geopen het tot die allerheiligste plek waarin die ark is, het die gebooie geskyn vir Gods volk, en word hulle getoets op die Sabbat vraagstuk. EG 33.2
Ek het gesien dat die toets op die Sabbat nie kon kom voordat die bediening van Jesus in die heilige plek klaar was en Hy binne die tweede voorhangsel gegaan het nie; daarom is dit dat Christene wat ontslaap het voor die deur geopen is tot die allerheiligste, toe die middernagtelike geroep beëindig is, naamlik in die sewende maand van 1844, en wat nie die Sabbat gehou het nie, nou in hoop rus; want hulle het nie die lig en toets op die Sabbat gehad wat ons nou het vandat daardie deur geopen is nie. Ek het gesien dat die Satan sommige van Gods kinders versoek op hierdie punt; omdat so baie goeie Christene ontslaap het in geloofs oorwinning, maar nie die ware Sabbat gehou het nie, twyfel hulle of die Sabbat nou vir ons ‘n toets kan wees. EG 33.3
Die vyande van die teenwoordige waarheid het geprobeer om die deur tot die heilige plek, wat Jesus gesluit het, oop te maak, en die deur te sluit wat Hy in 1844 geopen het tot die allerheiligste plek waar die ark is met die twee kliptafels waarop die tien gebooie geskryf is met die vinger van Jehova. EG 34.1
Nou, in hierdie tyd van verseëling, gebruik die Satan al sy lis om die aandag van Gods kinders af te trek van die teenwoordige waarheid en hulle te laat wankel. Ek het gesien dat God ‘n beskutting oor Sy kinders plaas om hulle te beskerm in die tyd van benoudheid; en elke siel wat van die waarheid oortuig en rein van hart is, is bedek met die beskutting van die Almagtige. EG 34.2
Die Satan het dit geweet, en hy het met groot krag te werk gegaan om soveel mense moontlik in verwarring te bring aangaande die waarheid. Ek het gesien dat die geheimsinnige geklop te New York en ander plekke, die krag van die Satan was, dat sulke verskynsels sou toeneem onder die dekmantel van die godsdiens, om diegene wat bedrieg word aan die slaap te sus en om die aandag van Gods kinders, indien moontlik, te vestig op daardie dinge en hulle te laat twyfel aan die leer en krag van die Heilige Gees. 1Sien bladsy 76. EG 34.3
Ek het gesien dat die Satan op verskillende maniere deur werktuie werk. Hy werk deur predikante wat die waarheid verwerp en hulle oorgegee het aan verleidings om ‘n leuen te glo sodat hulle kan vervloek word.Terwyl hulle besig was om te preek en te bid, het sommige hulpeloos op die grond geval, nie deur die krag van die Heilige Gees nie, maar deur die krag van die Satan wat op hierdie werktuie geblaas is, en deur hulle weer op die mense. In hulle preke, gebede, en gesprekke het sommige naam-Adventiste, wat die teenwoordige waarheid verwerp het, mesmerisme gebruik om aanhangers te win, en die mense het hulle in daardie krag verbly, want hulle het gemeen dat dit die Heilige Gees was. Sommige wat dit gebruik het, het sover in die duisternis en bedrog van die duiwel verval dat hulle gedink het dat dit die krag van God was wat aan hulle gegee is om te beoefen. Hulle het van God iemand gemaak soos hulleself, en hulle het Sy krag goedkoop gemaak. EG 34.4
Sommige van hierdie werktuie van die Satan het die liggame aangetas van sommige heiliges-diegene wat hulle nie kon bedrieg en deur sataniese invloede van die waarheid aftrek nie. O, dat almal die saak mag sien soos God dit aan my getoon het, sodat hulle die lis van die Satan mag ken en op hulle hoede kan wees! Ek het gesien dat die Satan op hierdie wyse werk om Gods volk te verwar, te bedrieg, en te verlei nou in hierdie tyd van verseëling. Ek het sommige gesien wat nie pal gestaan het vir die teenwoordige waarheid nie. Hulle knieë het gebewe, en hulle voete het gegly omdat hulle nie heg gewortel was in die waarheid nie; en die beskutting van God kon nie oor hulle getrek word terwyl hulle so gebewe het nie. EG 34.5
Die Satan het alles in sy vermoë gedoen om hulle te hou waar hulle was, totdat die tyd van verseëling verby sou wees, totdat God die beskutting oor Sy volk getrek het, en hulle sonder beskutting gestaan het teen die brandende wraak van God gedurende die sewe laaste plae. God het al begin om hierdie beskutting oor Sy volk te trek, en eerlank sal dit oor almal getrek wees wat beskutting nodig het in die dag van slagting. God sal met krag werk vir Sy volk; en die Satan sal ook toegelaat word om te werk. EG 35.1
Ek het gesien dat die geheimsinnige tekens en wonders en vals reformasies sou toeneem en versprei. Die reformasies wat aan my getoon is, was nie reformasies van dwaalleer tot die waarheid nie. Die engel by my het gesê dat ek moes kyk of ek die begeerte vir die redding van siele kon sien soos daar Voorheen was. Ek het gekyk, maar kon dit nie sien nie, want die tyd van hulle redding was verby. 1’Die skrywer van hierdie woorde het dit nie verstaan as lerende dat die tyd vir die redding van alle siele verby was nie. Juis in die tyd toe hierdie dinge geskryf is, was sy self besig om te werk vir die redding van sondaars soos sy ook altyd daarna gedoen het. Haar begrip van hierdie saak soos dit aan haar getoon was, blyk uit die volgende paragrawe, die eerste gepubliseer in 1854, en die tweede in 1888: “Die valse reformasies’ waarna hier verwys word, sal nog duideliker gesien word. Die, gesig het meer in besonder betrekking op diegene wat die advent leer gehoor en verwerp het. Hulle is oorgegee aan die krag van dwaling Hulle sal nie die ‘begeerte vir die redding van siele’ hê soos voorheen nie. Aangesien hulle die advent verwerp het, en hulle oorgegee is aan die bedrog van die Satan is die tyd vir hulle redding verby. Maar dit geld egter nie vir diegene wat die leer van die tweede-koms nie gehoor en verwerp het nie.” “Dit is uiters gevaarlik om die waarheid wat ons oortuig het en ons harte aangeraak het, lig op te neem. Ons kan nie straffeloos waarskuwings verwerp wat God in Sy genade aan ons gestuur het nie. In die tyd van Noag is daar ‘n boodskap aan die wêreld gestuur, en die redding van die mens was afhanklik van die wyse waarop hulle daardie boodskap bejeën het. Omdat hulle die waarskuwing verwerp het, is die Gees van God onttrek aan die sondige geslag, en hulle het in die vloedwaters omgekom. In die tyd van Abraham het die genade opgehou om te pleit, met die onboetvaardige bewoners van Sodom, en almal, behalwe Lot en sy vrou en twee dogters, is verdelg deur die vuur wat uit die hemel neergedaal het. So was dit ook in die tyd van Christus. Die Seun van God het aan die ongelowige Jode van daardie geslag gesê, ‘Julle huis word vir julle woes gelaat.’ En met betrekking tot die laaste dae, sê dieselfde ewige krag aangaande diegene wat die, liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie,’ dat God vir hulle ,die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.’ Namate hulle die leer van Sy .Woord verwerp het, onttrek God Sy Gees en laat Hy hulle oor aan die bedrog wat hulle liefhet.” EG 35.2