ln ‘n gesig wat aan my gegee is op 27 Junie 1850, het die engel wat by my was, gesê, “Tyd is byna gedaan. Weerkaats jy die lieflike beeld van Jesus soos jy moet?”Toe is my aandag gevestig op die aarde en ek het gesien dat daar ‘n voorbereiding nodig is onder diegene wat onlangs die derde engel se boodskap aangeneem het. Die engel het gesê,“Maak klaar, maak klaar, maak klaar. Julle sal ‘n groter dood vir die wêreld moet sterf as wat julle nog ooit gesterf het.” Ek het gesien dat daar ‘n groot werk gedoen moet word vir hulle, en dat daar baie min tyd oor was om dit te doen. EG 59.1
Toe het ek gesien dat die sewe laaste plae eerlank uitgegiet sou word op diegene wat geen skuilplek het nie; maar die wêreld het hom so min daaraan gesteur asof dit ‘n paar druppels water was wat op die punt gestaan het om te val.Toe is ek in staat gestel om die vreeslike skouspel te sien van die sewe laaste plae, naamlik die wraak van God. Ek het gesien dat Sy toorn vreeslik en verskriklik was, en dat as Hy Sy hand sou uitstrek, of dit in toorn sou ophef, sou die bewoners van die wêreld word asof hulle nooit gewees het nie, of hulle sou ly aan ongeneeslike sere en verterende plae wat hulle sou tref; en daar sou vir hulle geen verlossing wees nie, maar hulle sou daardeur vernietig word. Ek het vreesbevange geword, en het op my aangesig geval voor die engel en hom gevra om die gesig voor my weg te neem en te verberg, want dit was te vreeslik.Toe hetek, soos nog nooittevore nie, gesien hoe belangrik dit is om die Woord van God deeglik te ondersoek om te weet hoe om te ontvlug van die plae wat volgens daardie Woord sal kom op al die goddelose wat die dier en sy beeld aanbid en sy merk ontvang op hulle voorhoofde of in hulle hande. Dit was vir my onverstaanbaar hoe mense die wet van God kan oortree en Sy heilige Sabbat kan vertrap wanneer daar sulke verskriklike waarskuwings en dreigemente gegee is. EG 59.2
Die pous het die rusdag verander van die sewende tot die eerste dag. Hy het gemeen om juis daardie gebod te verander wat gegee is om die mens te help om sy Skepper te onthou. Hy het gemeen om die grootste gebod van die dekaloog te verander en homself also gelyk te stel met God, of selfs bokant God te verhef. Die Here is onveranderlik, daarom is Sy wet ook onveranderlik; maar die pous het homself bokant God verhef deur Sy onveranderlike voorskrifte van heiligheid, geregtigheid, en goed heid te verander. Hy het Gods heilige dag onder die voete vertrap, en op sy eie gesag het hy in die plek daarvan een van die ses werksdae geskuií. Die hele volk het agter die dier aangeloop, en elke week beroof hulle God van Sy heilige tyd. Die pous het ‘n bres geslaan in die heilige wet van God, maar ek het gesien dat die tyd gekom het vir die bres om toegemessel te word deur die volk van God, en om die ou afgebreekte plekke op te bou. EG 59.3
Ek het met die engel gepleit dat God Sy volk wat afgedwaal het, moes red; om hulle om Sy genade ontwil te red. Wanneer die plae begin val, sal diegene wat aanhou om die Sabbat te verontheilig nie hulle monde oopmaak om die verskonings te maak wat hulle nou maak vir hulle veronagsaming daarvan nie. Hulle monde sal toe wees terwyl die plae val; en die groot Wetgewer sal diegene dit laat ontgeld wat Sy heilige wet geminag het en dit ‘n vloek vir die mens genoem het. Wanneer hulle die ystergreep van daardie wet op hulle voel, sal alles wat hulle teen die wet gesê het, in lewende letters voor hulle verskyn, en dan sal hulle besef hoe vreeslik hulle gesondig her deur minagtend te praat van wat God “heilig en regverdig en goed” genoem het. EG 60.1
Toe is my aandag gevestig op die heerlikheid van die hemel, op die skat wat weggelê is vir die getroues. Alles was lieflik en heerlik. Die engele het ‘n heerlike lied gesing, en dan het hulle opgehou met sing en het hulle die krone van hulle hoofde afgehaal en dit al blinkende aan die voete van die lieflike Jesus neergewerp, en met welluidende stemme het hulle uitgeroep, “Heerlik, Halleluja!” Ek het saam met hulle die lofliedere aan die Lam gesing, en elke keer wanneer ek my mond oopgemaak het om Hom te loof, het ek diep onder die indruk gekom van die heerlikheid wat my omhul het. Dit was ‘n alles-oortreffende, ewige gewig van heerlikheid. Die engel het gesê, “Die klein oorblyfsel wat God liefhet en Sy gebooie hou en getrou bly tot die einde sal hierdie heerlikheid geniet en vir ewig in die teenwoordigheid van Jesus wees en saam sing met die heilige engele.” EG 60.2
Toe is my oë weggeneem van die heerlikheid, en is my aandag gevestig op die oorblyfsel op die aarde: Die engel het aan hulle gevra: “Wil julle die sewe laaste plae vryspring? Wil julle die heerlikheid ingaan en alles geniet wat God berei het vir diegene wat Hom liefhet en gewillig is om te ly vir Sy saak? Indien ja, dan moet julle sterf sodat julle kan lewe. Maak klaar, maak klaar, maak klaar. Julle moet baie meer gereed wees as wat julle nou is, want die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. Julle moet alles vir God opoffer. Lê die eie-ek, julle goed, en alles, op Sy altaar as ‘n lewende offerande. Dit sal alles kos om die heerlikheid binne te gaan. Vergader vir julle skatte in die hemel waar die dief dit nie kan bykom en die roes dit nie kan bederf nie. Julle moet deelgenote van Christus se lyde hier wees om deelgenote van Sy heerlikheid in die hiernamaals te wees.” EG 60.3
Al moet ons die hemel deur lyde verkry, sal dit goedkoop genoeg wees. Ons moet die eie-ek langs die hele weg verloën, elke dag die eie-ek afsterf, sodat Jesus alleen gesien word, en Sy heerlikheid gedurig ons doelwit sal wees. Ek het gesien dat diegene wat in die laaste tyd die waarheid aangeneem het, sal moet leer wat dit beteken om vir Christus se ontwil te ly; dat hulle swaar beproewings sal moet deurmaak sodat hulle deur lyding gereinig en geskik gemaak kan word om die seël van die lewende God te ontvang, deur die tyd van benoudheid te kan gaan, die Koning in Sy heerlikheid te kan sien, en te kan woon in die teenwoordigheid van God en die reine, heilige engele. EG 61.1
Ek het gesien wat ons moet wees sodat ons die heerlikheid kan beërf; en toe het ek gesien hoeveel Jesus gely het om die ryke erfdeel vir ons te verkry; en ek het gebid dat ons gedoop mag word in die lyde van Christus, sodat ons nie sal terugdeins vir die beproewings nie, maar hulle sal verduur met geduld en vreugde, wetende wat Jesus gely het sodat ons deur Sy armoede en lyde ryk gemaak kan word. Die engel het gesê,“Verloën die eie-ek; en julle moet gou maak.” Sommige van ons het die tyd gehad om die waarheid te leer en stap vir stap voorwaarts te gaan, en elke stap wat ons geneem het, het ons versterk om die volgende stap te neem. Maar nou is die tyd amper verstreke, en wat ons jare geneem het om te leer, sal hulle binne ‘n paar maande moet leer. Ook sal daar baie dinge wees wat hulle sal moet afleer, en baie nuwe dinge om aan te leer. Diegene wat nie die merk van die dier en sy beeld wil ontvang wanneer die dekreet uitgevaardig word nie, sal nou die vasberadenheid moet hê om te sê, Nee, ons wil die instelling van die dier nie hou nie! EG 61.2
_______________