Go to full page →

Die Profeteskole Op 45

“HULLE WAS GELAER
BY U VOET; ELKEEN
ONTVANG IETS VAN U
UITSPRAKE.”

WAAR Gods opvoedkundige plan ook al in Israel uitgevoer is, het die gevolge daarvan van sy Skepper getuig. Maar in so baie huisgesinne was die opleiding wat deur die Hemel voorgeskryf en die karakters wat sodoende ontwikkel is, ewe skaars. Gods plan is maar gedeeltelik en onvolmaak vervul. Deur ongeloof en deur die Here se bevele in die wind te slaan, het die Israeliete hulle met versoekings omring wat min die krag gehad het om te weerstaan. Toe hulle hul in Kanaán gevestig het( het hulle “die volke nie verdelg soos die Here aan hulle gesê het nie( maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer. En hulle het hulle afgode gedien en dit het vir hulle ‘n strik geword.” Hulle hart het nie aan God vasgehou nie(“en hulle was nie trou in sy verbond nie. Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie en dikwels wend Hy sy toorn af.... En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was( ‘n wind wat weggaan en nie terugkom nie.” Psalm 106:34-36; 78:37-39. Vaders en moeders in Israel het onverskillig geword oor hul verpligting aan God( onverskillig oor hul verpligting aan hul kinders. Deur ontrouheid tuis en afgodiese invloede daarbuite, het baie van die Hebreeuse jongmense ‘n opvoeding ontvang wat grootliks verskil het van wat God vir hulle beplan het. Hulle het die gewoontes van die heidene aangeleer. Op 45.1

Om hierdie toenemende kwaad die hoof te bied, het God ander werkinge as ‘n hulpmiddel aan die ouers in die opvoedingswerk voorsien. Van die vroegste tye af is profete erken as leermeesters wat deur God aangestel is. In die hoogste sin van die woord was die profeet iemand wat onder direkte ingewing gespreek en aan die volk die boodskappe oorgedra het wat hy van God ontvang het. Maar die benaming is ook gebruik vir diegene wat( hoewel nie so direk geïnspireer nie( deur God geroep is om die volk oor die werke en weë van God te onderrig. Vir die opleiding van so ‘n klas leermeesters, het Samuel, onder die Here se leiding, die profeteskole in die lewe geroep. Op 46.1

Hierdie skole is bedoel om as ‘n skans teen die wydverspreide bedorwenheid te dien( om vir die verstandelike en geestelike welvaart van die jongmense voorsiening te maak en om die voorspoed van die volk te bevorder deur daaraan manne te lewer wat bevoegd is om in die vrees van God as leiers en raadgewers op te tree. Hiervoor het Samuel groepe jongmanne bymekaargemaak wat vroom, intelligent en leergierig was. Hulle is die profeteseuns genoem. Namate hulle die Woord en werke van God bestudeer het, het Sy lewegewende mag die kragte van verstand en siel wakker gemaak en die studente het wysheid van omhoog ontvang. Die onderwysers was nie net met die Goddelike waarheid vertroud nie, maar het self met God gemeenskap gehad en die spesiale toebedeling van Sy Gees ontvang. Hulle het die respek en vertroue van die volk vir sowel geleerdheid as godsvrug geniet. In die tyd van Samuel was daar twee van hierdie skole - een te Rama, die tuiste van die profeet en die ander te Kirjat - Jearim. In later jare is ander gestig. Op 46.2

Die leerlinge van hierdie skole het hulself deur hul eie arbeid, met die bebouing van die grond of deur die een of ander handewerk onderhou. In Israel is dit nie as vreemd of vernederend beskou nie; inteendeel, dit is as ‘n sonde gereken om kinders toe te laat om in onkunde omtrent nuttige arbeid groot te word. Aan elke jongmens, of sy ouers nou ryk of arm was, is die een of ander ambag geleer. Al sou hy vir ‘n heilige amp opgevoed word, is ‘n kennis van praktiese werk vir die grootste bruikbaarheid as noodsaaklik beskou. Ook baie van die onderwysers het hulself met handearbeid onderhou. Op 47.1

Op skool sowel as tuis was baie van die onderrig mondeling; maar die jongmense het ook geleer om die Hebreeuse geskrifte te lees en die perkamentrolle van die Ou-Testamentiese Skriftuur is vir hulle studie oopgestel. Die hoofstudievakke in hierdie skole was die wet van God, saam met die onderrig wat aan Moses gegee is, gewyde geskiedenis, gewyde musiek en die poësie. In die oorkondes van die gewyde geskiedenis is die voetstappe van Jehova nagespeur. Die groot waarhede wat deur tipes in die heiligdomsdiens uiteengesit is, is aan die lig gebring en geloof het die sentrale doel van daardie ganse stelsel aangegrypdie Lam van God, wat die sonde van die wêreld sou wegneem. ‘n Gesindheid van toewyding is gekoester. Die studente is nie net die plig van gebed geleer nie, maar hulle is onderrig in hoe om te bid, hoe om hul Skepper te nader, hoe om geloof in Hom te beoefen en hoe om die lesse van Sy Gees te verstaan en te gehoorsaam. Die geheiligde intellek het ou en nuwe dinge uit die skathuis van God te voorskyn gebring en die Gees van God is in profesie en gewyde sang geopenbaar. Op 47.2

Hierdie skole het geblyk een van die doeltreffendste middele te wees om daardie geregtigheid te bevorder wat ‘n volk verhoog. Spreuke 14:34. In geen geringe mate nie het hulle gehelp om die fondament te lê vir daardie wonderlike voorspoed wat die bewind van Dawid en Salomo onderskei het. Op 47.3

Die beginsels wat in die profeteskole ingeprent is, was dieselfde as die wat Dawid se karakter gevorm en sy lewe gefatsoeneer het. Die Woord van God was sy leermeester. “Uit u bevele,” het hy gesê, “kry ek verstand.... Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag.” Psalm 119:104-112. Dit was dié wat die Here vir Dawid,toeHy hom in syjeug na dietroon geroep het('”n man na my hart”laat noem het. Handelinge 13:22. Op 48.1

Ook in die vroeë lewe van Salomo word die gevolge van Gods opvoedingsmetode gesien. Salomo het in sy jongelingsjare die keuse van Dawid sy eie gemaak. Eerder as enige aardse kleinood het hy ‘n wyse en verstandige hart van God gevra. En die Here het aan hom nie net gegee wat hy gevra het nie, maar ook wat hy nie gesoek het nierykdom sowel as eer. Die krag van sy verstand, die omvang van sy kennis, die heerlikheid van sy bewind, het ‘n wêreldwonder geword. Op 48.2

Tydens die bewind van Dawid en Salomo het Israel die toppunt van sy grootheid bereik. Die belofte wat aan Abraham gedoen en deur Moses herhaal is, is vervul:“Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die Here julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang, dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe. Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Libanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees. Niemand sal teen julle standhou nie.” Deuteronomium 11:22-25. Op 48.3

Maar te midde van vooruitgang het gevaar geskuil. Die sonde van Dawid se latere jare, hoewel hy opregte berou geopenbaar het en dit swaar gestraf is, het die volk tot oortreding van Gods gebooie aangemoedig. En Salomo se lewe is, na so ‘n veelbelowende daeraad, met afvalligheid verduister. ‘n Begeerte vir politieke mag en selfverheffing het tot bondgenootskappe met heidense nasies gelei. Die silwer van Tarsis en die goud van Ofir is deur die opoffering van integriteit en verraad teenoor die heilige, toevertroude pand bekom. Omgang met afgodedienaars, huwelike met heidense vroue, het sy geloof bederf. Die versperrings wat God ter beveiliging van Sy volk opgerig het, is sodoende afgebreek en Salomo het hom aan die aanbidding van valse gode oorgegee. Op die kruin Op 48.4

van die Olyfberg, regoor die tempel van Jehova, is reusebeelde en -altare vir die diens van heidense gode opgerig. Namate hy sy trou aan God opsy gewerp het, het Salomo oor homself beheer verloor. Sy tere gevoeligheid is verstomp. Die pligsgetroue, bedagsame gesindheid van die vroeë deel van sy bewind is verander. Hoogmoed, ambisie, kwistigheid en selfverwenning het die vrugte van wreedheid en afpersing voortgebring. Hy wat ‘n regverdige, barmhartige en godvresende heerser was, het ‘n tiran en onderdrukker geword. Hy wat met die tempelwyding vir sy volk gebid het, dat hulle harte onverdeeld aan die Here oorgegee mag word, het hulle verleier geword. Salomo het homself onteer, Israel onteer en God onteer. Op 49.1

Die volk, waarvan hy die trots was, het sy leiding gevolg. Hoewel hy later berou gehad het, het sy bekering nie die bose vrugte voorkom van die kwaad wat hy gesaai het nie. Die dissipline en opleiding wat God vir Israel bepaal het, sou hulle in al hulle lewenswandel van die mense van die ander nasies laat verskil het. Hierdie andersoortigheid, wat as ‘n spesiale voorreg en seen beskou moes word, was nou vir hulle onwelkom. Die eenvoud en selfbeheersing wat vir die hoogste ontwikkeling noodsaaklik was, het hulle vir die praal en selfverwenning van heidense volke probeer verruil. Om te wees”soos... al die nasies”(1 Samuel 8:5) was hulle ambisie. Gods onderwysplan is afgeskaf. Sy gesag is geweier. Op 49.2

Met die verwerping van Gods weë in ruil vir die weë van die mense, het Israel se val begin. So het dit ook voortgegaan, totdat die Joodse volk ‘n prooi geword het vir die einste nasies wie se gewoontes hulle gekies het om na te volg. Op 50.1

As volk het die kinders van Israel nie daarin geslaag om die voordele te ontvang wat God graag aan hulle wou skenk nie. Hulle het nie Sy doel waardeer of met die verwesenliking daarvan saamgewerk nie. Maar hoewel indiwidue en volkere hulle so van Hom afskei, is Sy doel onveranderd vir diegene wat op Hom vertrou. “Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan.”Prediker 3:14. Op 50.2

Hoewel daar verskillende ontwikkelingsgrade is en verskillende openbarings van Sy mag om in die behoeftes van mense in die verskillende tydperke te voorsien, is Gods werk te alle tye dieselfde. Die Leermeester is dieselfde. Gods karakter en Sy plan is dieselfde. By Hom is “daar geen verandering of skaduwee van omkering”nie. Jakobus 1:17. Op 50.3

Die ondervindings van Israel is vir ons onderwysing opgeteken. “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” 1 Korinthiërs 10:11. Wat ons betref, soos ook met Israel van ouds, hang sukses in die opvoeding af van getrouheid om die Skepper se plan ten uitvoer te bring. Verkleefdheid aan die beginsels van Gods Woord sal vir ons net sulke groot seëninge meebring as wat dit vir die Hebreeuse volk sou meegebring het. Op 50.4