Daniël en sy metgeselle in Babel was in hul jongelingsjare skynbaar meer begunstig as Josef gedurende die vroegste jare van sy lewe in Egipte; tog is hulle aan karaktertoetse onderwerp wat skaars minder straf was. Uit die betreklike eenvoud van hul Judese tuiste is hierdie jongmanne van koninklike afkoms na die luisterrykste van alle stede, na die hof van sy grootste vors, geneem en hulle is uitgekies om vir die koning se spesiale diens opgelei te word. Fel was die versoekings wat hulle in daardie verdorwe en weelderige hof omring het. Die feit dat hulle, die aanbidders van Jehova, gevangenes in Babel was; dat die voorwerpe van Gods huis in die tempel van die gode van Babel geplaas is; dat die koning van Israel self ‘n gevangene in die hande van die Babiloniërs was, is grootpraterig deur die oorwinnaars opgehaal as bewys dat hulle godsdiens en gewoontes beter as die Hebreërs se godsdiens en gewoontes was. In sulke omstandighede het God, juis deur die vernederings wat Israel se afwyking van Sy gebooie uitgelok het, aan Babel bewys van Sy opperheerskappy gelewer, van die heiligheid van Sy vereistes en van die gewisse gevolg van gehoorsaamheid. En hierdie getuienis het Hy gelewer, soos dit alleen gedoen kan word, deur diegene wat nog aan hul lojaliteit vasgehou het. Op 54.3
Tot Daniël en sy metgeselle het daar, heel aan die begin van hulle loopbaan, ‘n beslissende toets gekom. Die opdrag dat hulle voedsel vanaf die koninklike tafel voorsien moes word, was ‘n uitdrukking van sowel die koning se guns as sy besorgdheid oor hulle welsyn. Maar omdat ‘n deel aan afgode geoffer is, was die spys van die koning se tafel aan afgodediens gewy; en deur van die koning se oorvloed te nuttig, sou dit so beskou word dat hierdie jongmanne hulle met hom in sy eerbetoon aan valse gode verenig het. Aan sodanige verering het lojaliteit teenoor Jehova hulle verbied om deel te neem. Ook kon hulle nie durf om die verswakkende gevolge van weelde en losbandigheid op die frsieke, verstandelike en geestelike ontwikkeling op die halste haal nie. Op 54.4
Daniel en sy metgeselle is getrou in die beginsels van Gods Woord onderrig. Hulle het geleer om die aardse aan die geestelike op te offer, om die allerbeste na te streef. En hulle het die beloning gemaai. Hulle matige gewoontes en hulle verantwoordelikheidsin as ambassadeurs van God het die vermoëns van liggaam, verstand en siel tot die edelste ontwikkeling uitgelok. Aan die einde van hul opleiding, tydens hul eksamen saam met ander kandidate vir die ereposisies van die koninkryk, “is daar niemand gevind soos Daniel, Hananja, Misael en Asarja nie.”Daniël 1:19. Op 55.1
In die hof van Babel was daar verteenwoordigers van alle lande byeen, manne met die keurigste talente, manne ten rykste met natuurlike begaafdhede toebedeel en in besit van die hoogste kultuur wat hierdie wêreld kon verleen; nogtans was die Hebreeuse gevangenes sonder weerga in hul midde. In fisieke sterkte en skoonheid, in verstandelike krag en literêre prestasie was hulle ongeëwenaard, “En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.”Daniël 1:20. Op 55.2
Onwankelbaar in sy trou aan God, standvastig in selfbeheersing, het Daniël se edele waardigheid en hoflike eerbied hom in sy jeug die”guns en barmhartigheid” verleen by die heidense amptenaar, aan wie se sorg hy toever trou is.- Op 55.3
Dieselfde eienskappe het sy lewe gekenmerk. Spoedig het hy tot die premierskap van die koninkryk gestyg. Dwarsdeur die bewind van agtereenvolgende vorste, die ondergang van die volk en die oprigting van ‘n medeingende koninkryk, was sy wysheid en staatskuns van so ‘n aard, sy takt, sy hoflikheid en sy onvervalste goedhartig. heid tesame met sy beginselvastheid so volmaak, dat selfs sy vyande verplig was om te erken dat hulle”geen enkele grond vir ‘n aanklag of ‘n verkeerde handeling” by hom kon vind nie, “omdat hy getrou was.”Daniël 6:5. Op 56.1
Terwyl Daniel God met onwankelbare vertroue aangekleef het, het die gees van profetiese krag oor hom gekom. Terwyl hy deur mense met die verantwoordelikhede van die hof en die geheime van die koninkryk vereer is, is hy deur God as Sy gesant vereer en onderrig om die geheimenisse van ongebore eeue te lees. Heidense vorste is, weens hul aanraking met die Hemel se verteenwoordiger, genoodsaak om die God van Daniel te erken. “Waarlik,” het Nebukadnesar verklaar, “julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse” En Darius het in sy proklamasie”aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon,“die “God van Daniël”verhoog en gesê Hy is”die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie.... Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde.” Daniël 2:47; 6:26-28. Op 56.2