Go to full page →

Die Leermeester Wat van God Gekom Het Op 73

“WANT JULLE MOETAG GEE OP HOM.”

“EN HY word genoem: Wonderbaar, Raadsman, SterkeGod, EwigeVader,Vredevors.”Jesaja 9:5. Op 73.1

In die Leermeester wat van God gekom het, het die Hemel sy beste en sy grootste aan die mense gegee. Hy wat in die raadsittings van die Allerhoogste gestaan het, wat in die binneste heiligdom van die Ewige gewoon het, was die Een wat gekies is om persoonlik die kennis van God aan die mensdomte openbaar. Op 73.2

Deur Christus is elke straal van Goddelike lig oorgedra wat ooit ons gevalle wêreld bereik het. Dit was Hy wat deur elkeen gespreek het wat deur die eeue heen Gods Woord aan die mens bekend gemaak het. Van Hom was al die voortreflikhede wat in die aarde se grootste en edelste siele verskyn het, weerkaatsings. Die reinheid en weldade van Josef, die geloof en sagmoedigheid en geduld van Moses, die onwrikbaarheid van Elisa, die edele integriteit en standvastigheid van Daniel, die ywer en selfopoffering van Paulus, die verstandelike en geestelike krag wat in al hierdie manne geopenbaar is en in alle andere wat ooit op die aarde gewoon het, was maar afskynsels van Sy uitstralende heerlikheid. In Hom is die volmaakte ideaal gevind. Op 73.3

Om hierdie ideaal as die enigste ware prestasiestandaard te openbaar, om te toon wat elke mens kan word; wat almal, deur die inwoning van die Goddelikheid in die mens, sou word as hulle Hom aanneem - hiervoor het Christus na die wêreld gekom. Hy het gekom om te toon hoe mense opgelei moet word soos dit die seuns van God betaam; hoe hulle op aarde die beginsels van die hemel moet beoefen en die hemelse lewe moet lei. Op 73.4

Gods grootste gawe is geskenk om aan die mens se grootste behoefte te voldoen. Die Lig het verskyn toe die wêreld se duisternis op sy digste was. Deur valse leringe is die gedagtes van die mense lank reeds van God afgewend. Onder die heersende opvoedkundige stelsels het die menslike wysbegeerte die plek van Goddelike openbaring ingeneem. In plaas van die hemelse standaard van die waarheid, het mense ‘n standaard aangeneem wat hulle self versin het. Van die Lewenslig het hulle hul afgewend om te Op 74.1

wandel in die vonke van ‘n vuur wat hulle self aangesteek het. Op 74.2

Omdat hulle hul van God afgeskei het en menslike sterkte hul enigste toeverlaat was, was hulle krag net swakheid. Selfs die standaard wat hulle self opgestel het, was hulle nie in staat om te bereik nie. Vir die gebrek aan ware voortreflikheid is daar met skyn en voorwendsels vergoed. Skyn het die plek van syn ingeneem. Op 74.3

Van tyd tot tyd het leermeesters opgestaan wat mense na die Bron van waarheid verwys het. Ware beginsels is verkondig en menslike lewens het van die krag hiervan getuig. Maar dié pogings het geen blywende indruk nagelaat nie. Die stroom van die bose is kortstondig onderbreek, maar sy nederwaartse koers is nie gestuit nie. Die hervormers was soos ligte wat in die duisternis geskyn het, maar hulle kon dit nie verdryf nie. Die wêreld “het die duisternis liewer gehad as die lig.''Johannes 3:19. Op 74.4

Toe Christus na die aarde toe gekom het, het dit geskyn asof die mensdom snel sy laagste vlak bereik.Tot die fondamente van die samelewing was ondermyn. Die lewe het vals en kunsmatig geword. Die Jode, ontbloot van Gods Woord, het vir die wêreld verstandverlammende, sieldodende oorlewerings en spekulasies opgedis. Die aanbidding van God “in gees en waarheid” is deur die verheerliking van mense in ‘n eindelose kringloop van kunsmatige seremonies vervang. Dwarsdeur die wêreld was alle godsdienstige stelsels hulle houvas op verstand en siel aan die verloor. Met ‘n walging vir fabel en valsheid wat probeer het om denke te onderdruk, het mense hulle tot ongeloof en materialisme gewend. Hulle het die ewigheid buite rekening gelaat en net vir die oomblik geleef. Op 74.5

Namate hulle opgehou het om die Goddelike te erken, het hulle opgehou om die menslike in ag te neem. Waarheid, eer, integriteit, vertroue, medelye was van die aarde aan ‘t wyk. Meedoënlose hebsug en onversadige ambisie het universele wantroue gebaar. Die idee van plig, van die verpligting van krag teenoor swakheid, van menslike waardigheid en menseregte is as ‘n droom of fabel opsy gewerp. Die gewone volk is as lasdiere beskou, of as gereedskap en middele tot ambisie. Rykdom en mag, gemaksug en selfvertroeteling is as die hoogste voortreflikheid nagejaag. Liggaamlike degenerasie, verstandelike bedwelming, geestelike doodsheid was kenmerkend van die eeu. Op 75.1

Namate die bose drifte en voornemens van mense God uit hul gedagtes verban het, het die vergeetagtigheid aangaande God hulle sterker tot die kwaad laat neig. Die hart wat op die sonde verlief was, het Hom met sy eie kenmerke beklee en hierdie wanbegrip het die mag van sonde versterk. Omdat hulle daarop uit was om hulself te behaag, het die mense God naderhand as iemand soos hulself beskou -'n Wese wie se doel selfverheerliking was, wie se vereistes by Sy eie plesier gepas het; ‘n Wese deur wie die mense verhef of neergewerp is in die mate wat hulle Sy selfsugtige voorneme bevorder of verhinder het. Die laer stande het die Opperwese beskou as iemand wat skaars van hul onderdrukkers verskil, behalwe dat Hy hulle in mag oortref, Op die lees van dié idees is elke godsdiensvorm geskoei. Op 75.2

Elkeen was ‘n stelsel van afpersing. Deur geskenke en seremonies het die aanbidders probeer om die Godheid te paai, om sodoende Sy guns vir hul eie oogmerke te verwerf. So ‘n godsdiens, omdat dit geen krag op die hart of die gewete uitoefen nie, kon net vormlike roetine wees, waarvoor die mense moeg geword het en waarvan hulle, behoudens die wins wat dit mag aanbied, verlarig het om vry te wees. So het boosheid, onbeteueld, in krag toegeneem, terwyl die waardering vir en verlange na die goeie gekwyn het. Mense het die beeld van God kwytgeraak en het die afdruk ontvang van die demoniese mag waardeur hulle beheer is. Die hele wêreld het ‘n rioolgat van verdorwenheid geword. Op 76.1

Daar was net een hoop vir die mensdom - dat daar in hierdie massa van disharmonie en verderflike elemente ‘n nuwe suurdeeg gewerp sou word; dat die mag van ‘n nuwe lewe na die mensdom gebring sou word; dat die kennis van God tot die wêreld herstel sou word. Op 76.2

Christus het gekom om hierdie kennis te herstel. Hy het gekom om die valse leer nietig te verklaar waardeur diegene wat voorgegee het om God te ken, Hom verkeerd voorgestel het. Hy het gekom om die aard van Sy wet te openbaar, om in Sy eie karakter die heilige sieraad bekend te maak. Op 76.3

Christus het met die opgegaarde liefde van die ewigheid in die wêreld gekom. Hy het die laste wat die wet van God beswaar het, weggevee en getoon dat die wet ‘n wet van liefde is, ‘n uitdrukking van die Goddelike Goedheid. Hy het getoon dat gehoorsaamheid aan die beginsels hiervan met die geluk van die mensdom saamhang en daarmee die stabiliteit, inderdaad die fondamerit en raamwerk van die menslike samelewing. Op 76.4

Verre daarvan dat Gods wet willekeurige vereistes stel, is dit aandie mens as ‘n omheining, as ‘n skild gegee. Wie ook al die beginsels daarvan aanneem, word van die kwaad behoed. Getrouheid aan God hou verband met getrouheid aan die mens. So beskerm die wet die regte, die indiwidualiteit, van elke mens. Dit weerhou die meerdere van verdrukking en die ondergeskikte van ongehoorsaamheid. Dit verseker die welsyn van die mens, in sowel hierdie wêreld as die wêreld wat kom.Vir die gehoorsame is dit die pand van die ewige lewe( want dit gee uitdrukking aan die beginsels wat ewigdurend is. Op 76.5

Christus het gekom om die waarde van die Goddelike beginsels te demonstreer, deur hul krag vir die hernuwing van die mensdom te openbaar. Hy het gekom om te leer hoe hierdie beginsels ontwikkel en toegepas moet word. Op 77.1

Vir die mense van daardie tyd is die waarde van alle dinge deur uiterlike vertoon bepaal, namate die godsdiens in krag afgeneem het, het dit in uiterlike praalsug toegeneem. Die opvoeders van die tyd het getrag om met vertoon en windmakerigheid respek af te dwing. Teenoor al hierdie dinge het die lewe van Christus ‘n opvallende kontras gestel. Sy lewe het die waardeloosheid gedemonstreer van die dinge wat die mense as die onontbeerlikste in die lewe beskou het. Hy is in die ruuste omstandighede gebore; Hy het ‘n nederige plattelander se huis, ‘n plattelander se diëet gedeel; Hy het ‘n ambagsman se nering beoefen; Hy het teruggetrek gelewe en Hom met die wêreld se onbekende werkesels vereenselwig - te midde van hierdie toestande en omgewing het Jesus die Goddelike opvoedingsplan gevolg. Die skole van sy tyd, met hul verheffing van klein dingetjies en geringskatting van die groot dinge, het Hy nie besoek nie. Sy opvoeding is verkry direk uit die bronne wat die Hemel beskik het; uit nuttige arbeid, uit die studie van die Skrif en die natuur en uit lewensondervindings - Goddelike lesboeke, vol onderwysing vir almal wat die’ gewillige hand, die oplettende oog en die begrypende hart daarvoor wil aanwend. Op 77.2

“En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.” Lukas 2:40. Op 78.1

Op hierdie wyse voorberei, het Hy Sy sending tegemoetgegaan en gedurende elke oomblik van Sy kontak met mense het Hy ‘n invloed op hulle uitgeoefen om te seën, ‘n krag om te herskep, soos die wêreld nog nooit gesien het nie. Op 78.2

Hy wat probeer om die mense te herskep, moet self die mensheid verstaan. Net deur meegevoel, geloof en liefde kan mense bereik en opgehef word. Hier word Christus as die weergalose onderwyser geopenbaar; van almal wat ooit op die aarde gewoon het, het Hy alleen ‘n volmaakte begrip van die menslike siel. Op 78.3

“Ons het nie ‘n hoëpriester” - weergalose onderwyser, want die priesters was onderwysers - ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons.” Hebreërs 4:15. Op 78.4

“Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” Hebreërs 2:18. Op 78.5

Christus alleen het ondervinding gehad van al die smarte en versoekings wat die mens te beurt val. Nooit is iemand anders uit ‘n vrou gebore so kwaai deur versoekings omring, het iemand anders so ‘n swaar las van die wêreld se sonde en pyn gedra nie. Nooit was daar iemand anders wie se medelye so breed of so teer was nie. As deelgenoot in al die ondervindings van die mensdom, kon Hy nie net vir elke swaar belaste en versoekte en worstelende persoon voel nie, maar ook saam met hom. Op 78.6

Wat Hy aan andere geleer het, het Hy nagelewe.”Ek het julle ‘n voorbeeld gegee,” het Hy aan Sy dissipels gesê, “om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.””Net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar.” Johannes 13:15; 15:10. So het die woorde van Christus in Sy lewe hul volmaakte illustrasie en steunstuk gehad. En nog meer as dit; wat Hy aan andere geleer het, was Hy self. Sy woorde was die uitdrukking, nie net van Sy eie lewensondervinding nie, maar van Sy eie karakter. Hy het nie net die waarheid aan andere geleer nie, maar Hy was die waarheid. Dit was wat aan Sy onderwysing krag verleen het. Op 78.7

Christus was ‘n getroue teregwyser. Nog nooit het daar iemand anders gelewe wat boosheid so gehaat het nie; nooit iemand anders wie se veroordeling daarvan so onverskrokke was nie. Vir alles wat onwaar en gemeen is, was Sy teenwoordigheid self ‘n bestrawwing. In die lig van Sy reinheid het mense gesien hoe onrein hulle is, hoe laag en vals die doelstellings van hul lewe. Nogtans het Hy hulle getrek. Hy wat die mens geskape het, het die waarde van die mens verstaan. Boosheid het Hy veroordeel as die vyand van diegene wat Hy getrag het om te seën en te red. In elke mens, hoe laag gesonke ook al, het Hy ‘n seun van God gesien, iemand wat tot die voorreg van sy Goddelike verhouding herstel kon word. Op 79.1

“God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.”Johannes 3:17.Soos Hy die mense in lyding en ontaarding aanskou het, het Christus grond vir hoop gesien waar daar net wanhoop en ondergang sigbaar was. Waar daar ook al ‘n besef van ‘n behoefte bestaan het, het Hy die geleentheid gesien om op te hef. Siele wat versoek, oorwonne was en wat gevoel het dat hulle verlore is, gereed om te gronde te gaan, het Hy nie met veroordeling nie, maar met ‘n seen tegemoetgekom. Op 79.2

Die saligsprekinge was Sy begroeting aan die ganse menslike geslag.Toe Hy na die groot skare kyk wat byeengekom het om die bergpredikasie aan te hoor, was dit asof Hy ‘n oomblik vergeet het dat Hy nie in die hemel is nie en Hy het die bekende groet van die wêreld van lig gebruik. Van Sy lippe het seëninge gevloei soos die uitstroming van ‘n lank verseëlde fontein. Op 79.3

Hy het Hom van die ambisieuse, selfingenome gunstelinge van hierdie wêreld afgewend en verklaar dat diegene salig is wat, hoe groot hulle behoefte ookal, Sy lig en liefde sou aanneem. Na die wat arm van gees was, die treurendes, die vervolgdes, het Hy Sy arms uitgestrek en gesê: “Kom na My toe,... Eksal julle rus gee.”Matthéus 11:28. Op 79.4

In elke mens het Hy oneindige moontlikhede bespeur. Hy het mense gesien soos hulle kan wees, deur Sy genade herskep - tot “die lieflikheid van die Here onse God.” Psalm 90:17. Terwyl Hy hulle hoopvol aanskou het, het Hy met hoop besiel. Terwyl Hy hulle met vertroue tegemoet gegaan het, het Hy vertroue ingeboesem. Terwyl Hy in Homself die mens se ware ideaal geopenbaar het, het Hy, vir die verwesenliking daarvan, sowel verlange as geloof gewek. In Sy teenwoordigheid het veragte en gevalle siele besef dat hulle nog mense is en hulle het verlang om te bewys dat hulle Sy agting waardig is. In menige hart wat vir alle heilige dinge dood gelyk het, is daar nuwe impulse wakker gemaak. Vir menige vertwyfelde is die moontlikheid van ‘n nuwe lewe oopgestel. Op 80.1

Christus het mense met die bande van liefde en toewyding aan Sy hart verbind; en met dieselfde bande het Hy hulle aan hul medemens verbind. By Hom was liefde die lewe en die lewe het - diens beteken. “Julle het - dit verniet ontvang,” het Hy gesê, “verniet moet julle dit gee.”Matthéus 10:8. Op 80.2

Dit was nie net aan die kruis waar Christus Homself vir die mensdom opgeoffer het nie. Terwyl Hy “die land deurgegaan” en “goed gedoen” het (Handelinge 10:38), was elke dag se ondervinding ‘n uitstorting van Sy lewe. Net op een manier kon so ‘n lewe in stand gehou word. Jesus het in afhanklikheid van God en in gemeenskap met Hom gelewe. Af en toe neem mense hulle toevlug tot die skuilplek van die Allerhoogste, in die skaduwee van die Almagtige; hulle vertoef ‘n tyd lank daar en die resultaat word in edel dade geopenbaar; dan beswyk hul geloof, die gemeenskap word onderbreek en die lewenswerk geskend. Maar die lewe van Jesus was ‘n lewe van bestendige vertroue, gerugsteun deur voortdurende sielsgemeenskap; en Sy diens vir hemel en aarde was sonder mislukking of weifeling. Op 80.3

As mens het Hy by die troon van God gesmeek, totdat Sy menslikheid met ‘n hemelse stroom belaai is wat die menslikheid met die Goddelike verbind het. Terwyl Hy van God lewe ontvang het, het Hy lewe aan die mense geskenk. Op 81.1

“Nooit het ‘n mens so gespreek soos hierdie mens nie.”Johannes 7:46. Dit sou van Christus waar gewees het as Hy net op die gebied van die fisieke en die intellektuele, of uitsluitlik oor teoretiese en spekulatiewe sake, onderrig gegee het. Hy sou verborgenhede kon ontsluit het wat eeue van arbeid en studie vereis het om te peil. Hy sou voorstelle van ‘n wetenskaplike aard kon gemaak het wat, tot aan die einde van die tyd, denke sou aangespoor en tot uitvindsels sou geprikkel het. Maar Hy het dit nie gedoen nie. Hy het niks gesê om nuuskierigheid te bevredig of om selfsugtigeambisie te stimuleer nie. Hy het Hom nie met abstrakte teorieë besig gehou nie, maar met dinge wat vir karakterontwikkeling noodsaaklik is; wat die mens se kapasiteit sal verruim om God te ken en sy krag sal vergroot om goed te doen. Hy het oor daardie waarhede gespreek wat die lewenswandel raak en die mens met die ewigheid verbind. Op 81.2

In plaas van mense daartoe te lei om die teorieë van mense oor God, Sy woord of Sy werke te bestudeer, het Hy hulle geleer om Hom te aanskou, soos Hy in Sy werke, in Sy woord en deur Sy voorsienigheid geopenbaar word, Hy het hulle verstande met die verstand van die Oneindige in aanraking gebring. Op 81.3

Die mense “was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.” Lukas 4:32. Nooit tevore het iemand gespreek wat so ‘n vermoë besit het om gedagtes wakker te maak, om aspirasies te laat vlam vat, om elke vermoë van liggaam, verstand en siel te wek nie. Op 81.4

Christus se leer, soos Sy meegevoel, het die ganse wêreld omsluit. Nooit kan daar ‘n lewensomstandigheid wees ‘n krisis in die menslike ondervinding, wat nie deur Sy leer vooruitgeloop is en waarvoor die beginsels daarvan nie ‘n les inhou nie. Op 81.5

Hy was die Prins van leermeesters en Sy woorde sal tot aan die einde van die tyd as ‘n gids vir Sy medewerkers bevind word. Op 81.6

Vir Hom was die teenswoordige en die toekomstige, die nabye en wat ver is, een en dieselfde. Hy het die behoeftes van die ganse mensdom in gedagte gehou. Voor Sy geestesoog hetelke toneel van menslike streween prestasie, van versoeking en stryd, van verbystering en gevaar oop gelê. Alle harte, alle huisgesinne, alle genot en vreugde en ambisie was aan Hom bekend. Op 81.7

Hy het nie net ten bate van die ganse mensdom gespreek nie, maar tot die ganse mensdom.Tot die klein kindjie, in die blydskap van die lewe se daeraad; tot die jongeling se gretige, rustelose hart, tot manne in die krag van hul jare, wat die las van verantwoordelikheid en sorge dra; tot die oues van dae in hul swakheid en vermoeienis tot almal is Sy boodskap gespreek, tot elke mensekind, in elke land en in elke eeu. Op 82.1

Sy leer het die dinge van die tyd en die dinge van die ewigheid behels - sienlike dinge in verhouding tot die onsienlike, die verbygaande gebeurtenisse van die alledaagse lewe en die plegtige vraagstukke van die lewe wat kom. Op 82.2

Die dinge van hierdie lewe het Hy in hul ware verhouding gestel, as ondergeskik aan die van ewige belang; maar Hy het hulle belangrikheid nie verontagsaam nie. Hy het geleer dat hemel en aarde aan mekaar geskakel is en dat ‘n kennis van Goddelike waarheid die mens voorberei om die pligte van die daaglikse lewe doeltreffender na te kom. Op 82.3

Vir Hom was daar niks sonder doel nie. Die pret van die kind, die moeitevolle arbeid van die man, die lewe se genietinge en sorge en pyn, alles was middele tot die een doel - die openbaring van God vir die opheffing van die mensdom. Op 82.4

Van Sy lippe het die woord van God met nuwe krag en nuwe betekenis tot mense se harte gespreek, Sy leer het die dinge van die skepping in ‘n nuwe lig afgeteken. Op die aangesig van die natuur het weer eens die strale gerus van daardie helderheid wat deur die sonde verban is. In al die feite en ondervindings van die lewe is ‘n Goddelike les en die moontlikheid van Goddelike kameraadskap geopenbaar. Weer eens het God op aarde gewoon; menslike harte het van Sy teenwoordigheid bewus geword; die wêreld is deur Sy liefde ingesluit. Die hemel het na die mens toe neergedaal. In Christus het hulle harte Hom erken wat vir hulle die wetenskap van die ewigheid ontsluit het - Op 82.5

“Emmanuel,... God met ons.” Op 83.1

In die Leermeester wat van God gekom het, vind alle ware opvoedkundige werk sy middelpunt. Van hierdie werk vandag net so gewis as van die werk wat Hy agtienhonderd jaar gelede tot stand gebring het, *Hierdie stelling is die eerste keer in 1903 gepubliseer. spreek die Heiland met die woorde: Op 83.2

“Ek is die eerste en die laaste en die lewende.” Op 83.3

“Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde.” Openbaring 1:17,18; 21:6. Op 83.4

Watter opperste dwaasheid is dit nie om, in die teenwoordigheid van so ‘n Leermeester, van so ‘n geleentheid vir Goddelike opvoeding, ‘n opvoeding apart van Hom te soek nie - om apart van die Wysheid wys te probeer wees; om waaragtig te wees, terwyl die Waarheid verwerp word; om apart van die Lig verligting te soek, ‘n bestaan sonder die Lewe; om jou van die Fontein van lewende water af te wend en gebarste reënbakke uit te kap wat geen water hou nie. Op 83.5

Kyk, Hy rig nog Sy uitnodiging: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.””Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” Johannes 7:37, 38; 4:14. Op 83.6