Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Stryd - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    HIERDIE boek, geagte leser, is nie uitgegee om ons te vertel dat daar sonde, droefheid, en ellende in die wêreld is nie. Ons weet dit maar le goed.GS 3.1

    n onversoenlike stryd aan die gang is tussen duistemis en lig, sonde en geregtigheid, goed en kwaad, dood en lewe nie. In die diepste van ons wese weet ons dit, en ons weet dat ons deelnemers, die spelers, in die stryd is.GS 3.2

    Maar met tye ontstaan daar ‘n begeerte by elkeen van ons om meer van hierdie groot stryd te weet. Hoe het dit begin? Was dit maar altyd daar? Wat alles is verbonde daaraan? Wat is my verhouding daarteenoor? Wat is my verantwoordelikheid? Ek is in hierdie wêreld sonder my eie keuse; beteken dit vir my goed of kwaad?GS 3.3

    n sonlose, bevrore, ewige nag; of is daar ‘n beter toekoms, stralende van lig en lewe, verwarm deur die ewige liefde van God?GS 3.4

    Maar die vraag raak ons nog dieper: Hoe kan die stryd in my eie hart, die stryd tussen selfsug en liefde, beëindig word in oorwinning van die goeie en eens en vir altyd voleindig word? Wat leer die Bybel? Wat leer God ons oor hierdie vraag wat van sulke groot belang vir elke siel is?GS 3.5

    Aan alle kante kom ons vrae teë soos hierdie. Gedurig ontstaan hulle in die dieptes van one eie hart. Hulle eis ‘n be- paalde antwoord. Die God wat in ons die verlange na beter dinge geskep het, en ‘n begeerte vir die waarheid, sal seker tog nie die antwoord op al hierdie vrae terughou nie: ..Want die Here Here doen niks tensy dat Hy eers Sy geheimems aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” Dit is die doel van hierdie boek, leser, om die verontruste siel te help tot ‘n regte oplossing van hierdie vraagstukke. Dit is geskrywe deur iemand wat ondervind het dat God goed is, wat in gemeenskap met God en deur ondersoek van Sy woord gevind het dat die geheimenis van die Here met diegene is wat Hem vrees en dat Hy Sy verbond aan hulle sal openbaar.GS 3.6

    Sodat ons die beginsels van hierdie allerbelangrikste stryd waarin die lewe van ‘n heelal betrokke is, beter kan verstaan, het die skryfster aan ons die groot aanskoulike lesse van die afgelope twintig eeue geopenbaar.GS 4.1

    Die boek begin met die treurige slottonele van die geskiedenis van Jerusalem, die stad van God se uitverkore volk, nadat hulle die Man van Golgota, wat gekom het om hulle te verlos, verwerp het. Daarvandaan gaan dit voort op die grootpad van die volke; dit beskryf die vervolgings van God se kinders in die eerste eeu; die groot afval wat daar in die kerk ontstaan het, die wêreldwekkende Hervorming waarin die lewensbelangrike beginsels van die stryd duidelik geopenbaar is; die vreeslike les wat daar vir ons is in Frankryk se verwerping van regte beginsels; die herlewing en die verheffing van die Skrifte, en hulle goeie, reddende invloed; die godsdienstige opwekking van die laaste dae; die opening van die verligtende fontein van God se woord, met sy wonderbare openbarings van lig en kennis om die skadelike dwalings van die duisternis aan die kaak te stel.GS 4.2

    Die huidige groot stryd, waarin daar so baie lewensbelangrike beginsels op die spel is en waarin niemand neutraal kan wees nie, word eenvoudig, duidelik en kragdadig uiteengesit.GS 4.3

    En eindelik word ons vertel van die ewige en heerlike oorwinning van goed oor kwaad, reg oor onreg, lig oor duisternis, vreugde oor droefheid, hoop oor wanhoop, heerlikheid oor skande, lewe oor dood en ewige, lankmoedige liefde oor wraaksugtige haat.GS 4.4

    Hierdie boek het al baie siele na die Troue Herder gebring en dit is die bede van die uitgewers dat hierdie uitgawe in Afrikaans net so geseënd mag wees.GS 4.5

    DIE UITGEWERS.GS 4.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents