Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Stryd - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Inleiding

    VOOR die koms van die sonde het Adam regstreekse omgang met Sy Maker gehad; maar nadat die mens homself deur sy oortreding van God afgeskei het, het hy nie meer hierdie groot voorreg gehad nie. Deur die verlossingsplan, egter, is daar ‘n weg geopen waardeur die bewoners van die aarde weer verbinding met die hemel kon hê. Deur Sy Heilige Gees het God in verbinding getree met die mens, en goddelike lig is aan die wêreld gegee deur middel van openbarings aan Sy uitverkore diensknegte. “Deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” 2 Petrus 1: 21.GS 5.1

    Die Bybel wys daarop dat dit deur God ingegee is; maar nogtans is dit deur mense geskrywe; en in die afwissellende styl van die verskillende boeke word die karaktereienskappe van die verskillende skrywers geopenbaar. Hierdie waarhede is almal “deur God ingegee” (2 Tim. 3: 16); maar nogtans is hulle in die woorde van mense uitgedruk.GS 5.2

    Die tien gebooie is deur God self gespreek, en met Sy eie hand geskryf. Hulle is deur God en nie deur die mens opgestel nie. Maar in die Bybel, met sy deur-God-gegewe waarhede in menslike taal uitgedruk, het ons ‘n verbinding van die goddelike met die menslike. Hierdie verbinding het ons ook in die natuur van Christus, wat die Seun van God én die Seun van die mens is. Net soos van Christus, is die volgende ook van die Bybel waar: “Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon.” Joh. 1: 14.GS 5.3

    God het in Sy woord aan mense die kennis toevertrou wat nodig is vir die saligheid. Die Heilige Skrifte moet aangeneem word as ‘n gesaghebbende, onfeilbare openbaring van Sy wil. Hulle is die maatstaf van karakter, die openbaarder van leerstellings en die toets van die geestelike lewe. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.’ 2 Tim. 3: 16, 17.GS 6.1

    Maar die feit dat God Sy wil aan die mens deur Sy woord geopenbaar het, het nie die gedurige teenwoordigheid en leiding van die Heilige Gees oorbodig gemaak nie. Inteendeel, die Gees is deur ons Heiland belowe om die woord aan Sy diensknegte te openbaar en om die leerstellings daarvan te verduidelik en toe te pas. En aangesien dat dit die Gees van God is wat die Bybel ingegee het, is dit onmoontlik vir die Gees om ooit in stryd met die Woord te wees.GS 6.2

    Die Gees is nie gegee, en kan nooit gegee word, om die Bybel oorbodig te maak nie; want die Skrifte leer duidelik dat die woord van God die maatstaf is waarvolgens alle leer en lewe getoets moet word. (1 Joh. 4: 1; Jes. 8: 20.)GS 6.3

    Die Here Jesus het aan Sy dissipels die volgende belofte gegee: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei; . . . en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” Joh. 16: 13. Die Skrifte leer duidelik dat hierdie beloftes nie tot die apostoliese tydperk beperk was nie, maar van toepassing is op die kerk van Christus in alle eeue. Die Heiland het Sy navolgers verseker. “Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 20. En Paulus sê dat die gawes en openbarings van die Gees aan die kerk gegee is “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man en die mate van die voile grootte van Christus.” Efe. 4: 12, 13.GS 6.4

    Na die wonderbaarlike openbaring van die Heilige Gees op Pinksterdag, het Petrus die volk vermaan om hulle te bekeer en te laat doop in die naam van Christus, vir die vergifnis van sonde; en hy het gesê: “En julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang, want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep.” Hand. 2: 38, 39.GS 6.5

    Deur die verligting van die Heilige Gees, is die tonele van hierdie langdurige stryd tussen goed en kwaad aan die skryfster van hierdie bladsye geopenbaar. Van tyd tot tyd is ek toegelaat om die werking in die verskillende eeue te sien, van die groot stryd tussen Christus, die Vors van die lewe en die bewerker van ons saligheid, en Satan, die vors van duisternis en die bewerker van die sonde — die eerste oortreder van God se heilige wet. Satan se vyandigheid teenoor Christus word teen Sy navolgers geopenbaar. Dieselfde haat teen die beginsels van God se wet, dieselfde beleid van bedrog waardeur dwaalleer voorgestel word as waarheid, en waardeur menslike wette in die plek van God se wet gestel word en waardeur mense gelei word om die skepsel liewer as die Skepper te aanbid, kan nagespoor word in die geskiedenis van die verlede.GS 7.1

    n voorafskaduwing sien van die stryd voor ons. Deur hulle in die lig van God se Woord en van Sy Heilige Gees te beskou, sal ons die strikke van die bose sien, asook die gevare wat diegene moet vermy wat onberispelik voor die Here wil staan by Sy koms.GS 7.2

    Die groot gebeurtenisse wat die vooruitgang van Hervorming in die verlede gekenmerk het, is welbekend en algemeen erken deur die Protestantse wêreld. Dit is feite wat niemand kan ontken nie. Hierdie geskiedenis het ek korlliks voorgestel, ooreenkomstig die bestek van hierdie boek en die bondigheid wat desnoods nodig was. Die feite is so kortliks moontlik opgestel, maar op so ‘n wyse dat hulle toepassing darem duidelik is. In sommige gevalle waar die geskiedskrywer feite so gegroepeer het om ‘n bondige dog volledige beskrywing van die onderwerp te gee, of waar hy besonderhede gerieflik opgesom het, is sy woorde aangehaal; maar in ander gevalle is die bron nie spesiaal erken nie, aangesien die woorde nie aangehaal is met die doel om daardie skrywer as gesaghebbende te siteer nie, maar omdat sy voorstelling van die onderwerp bruikbaar en treffende was. In die beskrywing van die ervarings en sienswyses van diegene wat die werk van Hervorming in ons tyd voortsit, is daar op dergelike wyse uit hulle boeke aangehaal. die werk van hervorming in ons tyd voortsit, is daar op dergelike wyse uit hulle boeke aangehaal.GS 7.3

    Dit is nie soseer die doel van hierdie boek om nuwe waarhede voor te stel aangaande die stryd van die verlede nie, as om feite en beginsels te beklemtoon wat in verband staan met komende gebeurtenisse. Maar, beskou as deel van die stryd tussen die magte van lig en duisternis, neem al hierdie oorkondes van die verlede ‘n nuwe betekenis aan; en deur hulle word daar lig gewerp op die toekoms, wat die pad verlig van diegene wat, soos die Hervormers van die verlede, geroep sal word om selfs teen die grootste gevaar te getuig vir die “woord van God en die getuienis van Jesus Christus.”GS 8.1

    Die doel van hierdie boek is om: die tonele te beskryf van die groot stryd tussen waarheid en dwaalleer; om die liste van Satan te openbaar en die wyse waarop hy met sukses bestry kan word; om ‘n bevredigende oplossing te gee van die groot vraagstuk van die sonde; om genoeg lig op die oorsprong en die uiteindelike vernietiging van sonde te werp, sodat die regverdigheid en goedheid van God in al Sy handelwyse met Sy skepsels duidelik geopenbaar word: en om die heiligheid en onveranderlikheid van God se wet aan te toon &. Die vurige bede van die outeur is dat siele deur die invloed daarvan verlos mag word van die mag van duisternis, “om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig,” tot lof van Hom wat ons liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het.GS 8.2

    E. G. W.GS 8.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents