Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Stryd - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 28—Die OndersoekeDde Oordeel

    “Ek het bly kyk,” sê die profeet Daniel, “totdat trone rcggesit is, en ‘n Oue van Dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy hoof soos skoon wol; Sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Horn uitgegaan; duisendmaal duisende het Horn gedien, en tienduisendmaal tienduisende het voor Horn gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.” Dan. 7: 9, 10.GS 545.1

    Op hierdie manier is daar aan die profeet ‘n gesig gegee van die groot en plegtige dag wanneer die karakters en lewens van mense deur die Regter van die hele aarde ondersoek sal word, en wanneer elke mens loon sal ontvang “volgens sy werke.” Die Oue van Dae is God die Vader. Die psalmis sê, “Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja van ewigheid tot ewigheid is U God.” Ps. 90: 2. Dit is Hy, die oorsprong van alle lewe, die bron van alle wet, wat sal voorsit in die gereg. Heilige engele, as dienaars en getuies — “duisendmaal duisende . . . en tienduisendmaal tienduisende,” woon hierdie gereg by.GS 545.2

    “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van Dae, en hulle het Hom nadergebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.” Dan. 7: 13, 14. Die koms van Christus wat hier beskryf word, is nie Sy tweede koms na die aarde toe nie. Hy kom na die Oue van Dae in die hemel om heerskappy en heerlikheid en ‘n koninkryk te ontvang, wat aan Hom gegee sal word aan die einde van Sy werk as middelaar. Dit is hierdie koms, en nie Sy tweede koms na die aarde toe nie, wat volgens die profesie sou plaasvind aan die einde van die 2,300 dae in 1844. Vergesel van hemelse engele, gaan ons Hoëpriester die allerheiligste plek binne, en daar verskyn Hy in die teenwoordigheid van God, om Sy laaste werk te doen ten behoewe van die mens — naamlik die ondersoekende oordeel, en om versoening te doen vir die sondes van almal wat geregtig is daarop.GS 546.1

    In die sinnebeeldige diens het alleen diegene deel gehad wat hulle sondes bely het, en wie se sondes, deur die bloed van die sondoffer in die heiligdom ingeneem is. So ook, sal daar op daardie groot dag van uiteindelike versoening en die ondersoekende oordeel, net die sake van Gods volk in aanmerking kom. Die oordeel van die goddelose is heeltemal ‘n afsonderlike werk en dit vind later plaas. “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?” 1 Petrus 4: 17.GS 546.2

    Volgens die boeke in die hemel, waarin die name en dade van mense opgeskryf staan, sal die oordeel gevel word. Die profeet Daniel sê, “Die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.” Johannes, waar hy in Openbaring dieselfde toneel beskryf, voeg daarby, “‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat geskrywe is in die boeke, volgens hulle werke.” Openb. 20: 12.GS 546.3

    Die boek van die lewe bevat die name van almal wat God ooit gedien het. Aan Sy dissipels het Jesus gesê, “Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.” Lukas 10: 20. Paulus praat van sy getroue medewerkers, “wie se name in die boek van die lewe is.” Filip. 4: 3. Waar Daniel praat van die “tyd van benoudheid soos daar nie gewees het,” sê hy dat Gods volk verlos sal word “elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.” Dan. 12: 1. En Johannes sê dat alleen diegene wat “geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam,” die Godstad sal binnegaan. Openb. 21: 27.GS 547.1

    “Daar is ‘n gedenkboek” voor Gods aangesig geskryf, waarin die goeie dade opgeteken is van “die wat die Here vrees en Sy naam eer.” Mai. 3: 16. Hulle woorde van geloof, hulle liefdesdade is in die hemel opgeteken. Nehemia verwys daarna waar hy sê, “Dink hierom aan my, . . . en delg tog my liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die bediening daarvan bewys het nie.” Neh. 13: 14. In die gedenkboek van God is elke regverdige daad verewig. Daarin is opgeteken elke versoeking wat weerstaan is, elke sonde wat oorwin is, en elke woord van ontferming wat uitgespreek is. Elke opoffering, elke lyding en droefheid wat om Christus wil verduur is, is opgeteken. Die psalmis sê, “U het my omswerwinge getel; hou my trane in gedagtenis; is hulle nie in U boek nie?” Ps. 56: 9.GS 547.2

    Ook word daar aantekening gehou van die sondes van mense. “God sal elke werk bring in die oordeel wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.” Pred. 12: 14. “Elke ydel woord wat die mense praat, daar moet hulle rekenskap van gee in die oordeelsdag,” want die Heiland het gesê, “uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.” Matt. 12: 36, 37. Die geheime bedoelings en motiewe word noukeurig opgeteken; want God sal “die verborge dinge van die duisternis in die lig bring en die bedoelinge van die hart openbaar maak.” 1 Kor. 4: 5. “Kyk, dit staan voor My aangesig opgeskrywe . . . julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die Here.” Jes. 65: 6, 7.GS 547.3

    God sien die werk van elke mens, en sy getrouheid of ontrouheid word opgeskrywe. Met die grootste noukeurigheid word elke verkeerde woord, elke selfsugtige daad, elke verwaarloosde plig, elke geheime sonde, en elke geveinsheid teenoor elke naam in die hemelse boeke opgeskryf. Verwaarloosde waarskuwings of bestraffings uit die hemel, verkwiste tyd, geleenthede wat nie te baat geneem is nie, die invloed vir goed of kwaad met die verreikende gevolge daarvan — alles word aangeteken deur die engel wat daarmee belas is.GS 548.1

    Die wet van God is die maatstaf waarvolgens die karakters en lewens van mense in die oordeel getoets sal word. Die wyse man het gesê: “Vrees God en hou Sy gebooie, want dit is die hele mens! Want God sal elke werk bring in die oordeel.” Pred. 12: 13, 14. Die apostel Jakobus het sy broeders as volg vermaan: “Julle moet so spreek en so doen soos die wat deur die wet van vryheid sal geoordeel word.” Jak. 2: 12.GS 548.2

    Diegene wat in die oordeel waardig geag is, sal deel hê in die opstanding van die regverdiges. Jesus het gesê, “Die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry ... is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.” Lukas 20: 35, 36. En weer sê die Here, “Die wat goed gedoen het,” sal uitgaan “tot die opstanding van die lewe.” Joh. 5: 29. Die regverdige dode sal eers na die oordeel opgewek word, nadat hulle die opstanding tot die lewe waardig geag is. Hulle sal dus nie persoonlike teenwoordig wees by die gereg waar hulle lewens nagegaan en hulle sake beslis word nie.GS 548.3

    Jesus sal verskyn as hulle voorspraak om vir hulle voor God te pleit. “As iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.” 1 Joh. 2:1. “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Heb. 9: 24. “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” Heb. 7: 25.GS 548.4

    Waar die boeke in die oordeel geopen word, ondersoek God die lewens van almal wat ooit in Jesus geglo het. Beginnende met die lewens van diegene wat eerste op die aarde gelewe het, stel ons Voorspraak die sake voor van elke daaropvolgende geslag en Hy sluit af met die sake van diegene wat nog lewe. Elke naam word genoem, en elke saak word deeglik ondersoek. Name word goedgekeur, en name word verwerp. As enigeen sonde in die boeke van die hemel het wat nie bely is en nie vergewe is nie, sal sy naam uit die boek van die lewe uitgedelg word, en sy goeie dade sal uitgewis word uit Gods gedenkboek. Aan Moses het die Here gesê, “Wie teen My gesondig het, die sal Ek uitdelg uit My boek.” Exod. 32: 33. En die profeet Esegiël sê, “As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen . . . aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie.” Eseg. 18: 24.GS 548.5

    Almal wat waarlik bekeerd is van hulle sondes, en wat deur geloof die bloed van Christus aangeneem het as hulle versoening, teenoor hulle name in die hemelse boeke staan “vergewe” geskryf; en omdat hulle deelgenote geword het van die geregtigheid van Christus, en hulle karakters in ooreenstemming is met die wet van God, sal hulle sondes uitgedelg word, en hulle sal die ewige lewe waardig geag word. By monde van die profeet Jesaja sê die Here, “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil en aan jou sondes dink Ek nie.” Jes. 43: 25. Jesus het gesê, “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.” “Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die hemele is.” Openb. 3:5; Matt. 10: 32, 33.GS 549.1

    Die grootste belang wat mense kan stel in die uitsprake van aardse geregshowe, is maar ‘n floue voorstelling van die belangstelling in die hemelse howe wanneer die name in die boek van die lewe deur die Regter van die ganse aarde in oënskou geneem word. Die Voorspraak pleit dat almal wat deur geloof in Sy bloed die oorwinning behaal het se sondes vergewe moet word, dat hulle in hulle Eden-tuiste herstel en gekroon moet word as mede-erfgename saam met Hom van die “vroeëre heerskappy.” Mig. 4: 8. Satan, in sy pogings om die mensdom te versoek en te verlei, het gemeen om die goddelike plan met die skepping van die mens te laat misluk; maar Christus versoek nou dat hierdie plan uitgevoer moet word asof die mens nooit geval het nie. Hy vra vir Sy volk nie alleen vergifnis en regverdigmaking, volkome en volledig nie, maar ‘n aandeel in Sy heerlikheid en ‘n plek op Sy troon.GS 549.2

    Terwyl Jesus besig is om te pleit vir die onderdane van Sy genade, beskuldig Satan hulle voor God as oortreders. Die groot bedrieër het getrag om hulle tot ongeloof te bring, hulle vertroue in God weg te neem, hulle af te skei van Sy liefde. en hulle te lei om Sy wet te oortree. Nou wys hy na die verslag van hulle lewens, na hulle karaktergebreke, hulle ongelykvormigheid aan Christus, wat hulle Verlosser oneer aangedoen het, en na al die sondes wat hy hulle verlei het om te pleeg, en weens al hierdie dinge maak hy op hulle aanspraak as sy onderdane.GS 550.1

    Jesus verskoon hulle sondes nie, maar Hy wys op hulle boetvaardigheid en geloof; en waar Hy vra dat hulle vergewe moet word, wys Hy Sy verwonde hande aan die Vader en die heilige engele, en Hy sê, “Ek ken hulle by naam. Hulle is op My handpalms gegraveer. ,Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!”‘ Ps. 51: 19. En aan die beskuldiger van Sy volk sê Hy, “Mag die Here jou bestraf, o Satan! Ja mag die Here, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n stuk brandhout wat uit die vuur geruk is nie?” Sag. 3:2. Christus sal Sy getroue kinders met Sy eie geregtigheid beklee, sodat Hy hulle aan Sy Vader kan voorstel, “verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks.” Efe. 5: 27. Hulle name staan in die boek van die lewe, en van hulle staan daar geskryf, “Hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit werd is.” Openb. 3: 4.GS 550.2

    Op hierdie manier sal die volkome vervulling van die nuwe verbond verwesenlik word: “Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” “In die dae en in die tyd, spreek die Here, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie.” Jer. 31: 34; 50: 20. ..In die dag sal die Spruit van die Here wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskryvve is in Jerusalem.” Jes. 4:2, 3.GS 550.3

    Die ondersoekende oordeel en die uitdelging van sondes moet geskied voor die tweede koms van die Here. Aangesien die dode geoordeel moet word uit die dinge wat in die boeke staan, is dit onmoontlik vir die sondes van mense om uitgedelg te word voor die oordeel of gereg waarin hulle lewens ondersoek word. Maar die apostel Petrus verklaar duidelik dat die sondes van gelowiges uitgedelg sal word wanneer “tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur . . . naamlik Jesus Christus.” Hand. 3: 19, 20. Wanneer die oordeel afgesluit is, sal Christus kom, en Sy loon sal met Hom wees om elke mens te vergeld volgens sy werke.GS 551.1

    In die sinnebeeldige diens het die hoëpriester, nadat hy versoening gedoen het vir Israel, voor die vergadering verskyn en hulle geseën. So ook sal Christus, aan die einde van Sy werk as middelaar, verskyn sonder sonde tot saligheid (Heb. 9: 28), om sy wagtende volk te seen met die ewige lewe. Net soos die priester, in sy verwydering van die sondes uit die heiligdom, dit bely het op die kop van die sondebok, so ook sal Christus al hierdie sondes op Satan plaas, die bron en stigter van die sonde. Die sondebok het met die sondes van Israel “na ‘n woeste land” (Lev. 16: 22) gegaan; so ook sal Satan, met al die sondes wat Hy Gods volk verlei het om te doen, vir ‘n duisend jaar op die aarde gevange gehou word, wat dan verwoes sal wees, sonder bewoners, en eindelik sal hy in die vuur wat die goddelose sal verdelg die voile straf van die sonde ondergaan. En so sal die verlossingsplan uitgevoer word in die uiteindelike uitdelging van die sonde en die verlossing van almal wat gewillig was om die boosheid te versaak.GS 551.2

    Op die tyd wat vir die oordeel vasgestel is — naamlik die einde van die 2,300 dae, in 1844 — het die werk van ondersoek en die uitdelging van sondes begin. Almal wat ooit Christus bely het se lewens moet ondersoek word. Beide die lewende en die dode moet geoordeel word “na wat geskrywe is in die boeke, volgens hulle werke.”GS 551.3

    Sondes wat nie bely, versaak, vergewe en uit die boeke uitgedelg is nie, sal teen die sondaar getuig in die dag van God. Hy mag sy bose dade gepleeg het in die helder daglig of in die duisternis van die nag; maar vir die oë van Hom met wie ons te doen het is hulle oop en bloot. Engele van God was getuie van elke sonde en het dit opgeskryf in die noukeurige boeke. Sondes mag bedek word, ontken word, en verberg word vir vader, moeder, vrou, kinders, en bure; niemand behalwe die skuldige mag van die verkeerde daad weet nie; maar voor die engele van die hemel is hulle openbaar. Die duisternis van die donkerste nag, die geheimste planne, is nie genoeg om een gedagte weg te steek vir die ewige God nie. God het ‘n noukeurige aantekening van elke valse verslag en elke onregverdige daad. Hy word nie bedrieg deur die skyn van vroomheid nie. In Sy opsomming van die karakter begaan Hy geen fout nie. Die mens mag bedrieg word deur diegene wie se harte boos is, maar Gods oog deurdring alle vermommings en lees die verborge lewe.GS 552.1

    Hoe ernstig is die gedagte! Elke dag wat verbygaan het sy gebeurtenisse wat in die hemel opgeteken is. Woorde wat eenmaal gespreek is, en dade wat eenmaal gedoen is, kan nooit weer herroep word nie. Die engele het beide die goed en die kwaad opgeskryf. Die magtigste veroweraar op die aarde kan nie die gebeurtenisse van een enkele dag herroep nie. Ons dade, ons woorde, en selfs ons heimlikste planne, alles gaan in die skaal vir ons ewige wel of wee. Hulle mag deur ons vergeet word, maar hulle sal nogtans getuig om ons te regverdig of te veroordeel. Net soos ons gelaatstrekke kan weergegee word op die plaat van die fotograaf, so staan die karakter ook getrou weergegee in die boeke daarbo. En nogtans, hoe min bekommernis is daar oor daardie verslag wat openbaar is vir die hemelse wesens. As die gordyn kon weggetrek word wat die sigbare van die onsigbare skei, en as die mensekinders die engel kon sien wat elke woord en daad opskryf, dinge waarvan hulle rekenskap sal moet gee in die oordeel, hoeveel woorde wat daeliks gespreek word, sou nooit geuiter word nie; en hoeveel dade sou ongedaan bly.GS 552.2

    In die oordeel sal daar kennis geneem word hoe ons elke talent gebruik het. Hoe het ons die kapitaal bestee wat die Hemel aan ons geleen het? Sou die Here, by Sy wederkoms, Sy eiendom terug ontvang met rente? Het ons die vermoëns wat aan ons gegee is, naamlik die gebruik van ons hande en verstand en brein bestee tot heerlikheid van God en seen van die wêreld? Hoe het ons ons tyd, ons pen, ons stem, ons geld, en ons invloed gebruik? Wat het ons vir Christus gedoen in die versorging van die armes, die siekes, die wese, of die weduwee? God het ons die bewaarders gemaak van Sy heilige woord; wat het ons gedoen met die lig en die waarheid wat aan ons gegee is om die mense wys te maak tot die saligheid? ‘n Bloot uiterlike belydenis van geloof in Christus het geen waarde nie; alleen die liefde wat geopenbaar word in werke is eg. Dit is liefde alleen wat in die oë van God waarde gee aan ‘n daad. Alles wat gedoen word uit liefde, hoe gering dit ook in die oë van mense mag skyn, word deur God aangeneem en beloon.GS 553.1

    Die verborge selfsug van mense word geopenbaar in die hemelse boeke. Verwaarloosde pligte teenoor hulle medemens, veronagsaming van die Here se aansprake — dit alles is opgeteken. Daar sal gesien kan word hoe dikwels die tyd, gedagtes, en kragte wat aan Christus behoort, aan Satan gegee is. Treurig is die aantekeninge wat die engele na die hemel neem. Intelligente wesens, sogenaamde beleiers van Christus, word in beslag geneem deur die versameling van aardse besittings of die genot van aardse plesier. Geld, tyd, en kragte, word opgeoffer aan vertoon en selfbevrediging; en daar word min tyd bestee aan gebed, ondersoek van die Skrifte, ‘n verootmoediging van die siel en belydenis van sonde.GS 553.2

    Satan dink ontelbare planne uit om die gedagtes van mense besig te hou, sodat hulle nie kan dink oor die dinge waarmee hulle die beste bekend behoort te wees nie. Die aartsbedrieër haat die groot waarhede wat die soendood en ‘n Almagtige Middelaar openbaar. Hy weet dat alle sukses vir hom daarvan afhang om die gedagtes van mense af te trek van Jesus en Sy waarheid.GS 553.3

    Diegene wat graag wil deel in die Heiland se middelaarskap moet niks toelaat om hulle te verhinder in hulle werk om heilig heid in die vrees van God te volmaak nie. In stede van die kostelike ure te bestee aan plesier, vertoon, of die najaging van gewin, behoort dit gewy te word aan ‘n ernstige, biddende ondersoek van die Woord van Waarheid. Die heiligdom, en die ondersoekende oordeel, is onderwerpe wat duidelik verstaan moet word deur die volk van God. Almal behoort vir hulleself ‘n kennis te hê van die plek en die werk van hulle groot Hoëpriester. As dit nie die geval is nie, sou dit vir hulle onmoontlik wees om die geloof te hê wat so nodig is in hierdie tyd, of om die plek te vul wat God vir hulle bestem het. Elke persoon het ‘n siel om te red of te verloor. Elke persoon het ‘n saak hangende voor die regbank van God. Elkeen sal die groot Regter van aangesig tot aangesig moet ontmoet. Hoe belangrik is dit dus. dat elke persoon sal dink oor die plegtige toneel wanneer die gereg sal sit en die boeke geopen is, en wanneer elkeen, saam met Daniel, weer sal opstaan aan die einde van die dae.GS 553.4

    Almal wat lig ontvang het op hierdie onderwerpe moet getuig vir die groot waarhede wat God aan hulle toevertrou het. Die heiligdom in die hemel is die middelpunt van Christus se werk ten behoewe van die mens. Dit raak elke siel op die aarde. Dit openbaar die verlossingsplan, dit bring ons tot die einde van die tyd, en dit openbaar die oorwinning in die stryd tussen geregtigheid en sonde. Dit is van die allergrootste belang dat almal hierdie onderwerpe deeglik sal ondersoek en in staat sal wees om ‘n rede te gee vir die hoop wat in hulle is.GS 554.1

    Die intreding van Christus ten behoewe van die mens in die heiligdom daarbo, is net so belangrik vir die verlossingsplan as Sy kruisdood was. Deur Sy dood het Hy daardie werk begin wat Hy na Sy opstanding en hemelvaart steeds in die hemel voortsit. Ons moet deur geloof binnekant die voorhangsel ingaan “waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het.” Heb. 6: 20. Daar word die lig van die kruis van Golgota weerkaats. Daar sal ons ‘n duideliker insig kry in die verborgenheid van die verlossing. Die verlossing van die mens is teen ‘n ontsettende prys verkry; die opoffering wat gemaak is, voldoen aan die grootste eise van die gebroke wet van God. Jesus het die weg geopen tot Sy Vader se troon, en deur Sy intreding word die begeertes van almal wat in geloof tot Hom kom, aan God voorgestel.GS 554.2

    “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” Spreuke 28: 13. As diegene wat hulle foute bedek en verskoon, kon sien hoe verheug Satan oor hulle is, en hoe hy Christus en die heilige engele smaad deur hulle dade, sou hulle met die grootste haas hulle sondes bely en versaak. Deur die gebreke in die karakter trag Satan om die hele verstand te beheers, en hy weet dat hy daarin sal slaag as hierdie gebreke gekoester word. Daarom trag hy steeds om die navolgers van Christus te bedrieg met sy verderflike drogredes dat dit onmoontlik is vir hulle om die sonde te oorwin. Maar ten behoewe van hulle pleit Jesus Sy verwonde hande en gebroke liggaam; en aan almal wat Hom wil navolg verklaar Hy, “My genade is vir jou genoeg.” 2 Kor. 12:9. “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele. Want My juk is sag en My las is lig.” Matt. 11: 29, 30. Laat niemand, dan, hulle gebreke as onverbeterlik beskou nie. God sal geloof en genade skenk om hulle te oorwin.GS 555.1

    Ons leef vandag in die groot versoendag. In die sinnebeeldige diens, terwyl die hoëpriester besig was om versoening te doen vir Israel, moes almal hulle siele verootmoedig in bekering voor die Here, sodat hulle nie onder die volk uitgeroei sou word nie. Net so ook, behoort almal wat hulle name wil laat bly in die boek van die lewe nou, in die paar dae van die genadetyd wat nog oorbly, hulle siele voor God te verootmoedig in berou vir hulle sonde, en in ware bekering. Daar moet deeglike hartondersoek plaasvind. Die ligsinnige gees wat deur so baie belvdende Christene openbaar word, moet versaak word. Daar lê ‘n ernstige stryd voor almal om die bose neigings te oorwin wat hulle wil oormeester. Die voorbereidingswerk is ‘n persoonlike werk. Ons word nie in groepe gered nie. Die reinheid en toewyding van een sal nie die gebreke in die karakter van ander aanvul nie. Hoewel alle volke in die gereg voor God sal moet verskyn, sal Hy die lewe van elke persoon ondersoek, net so decglik asof daar nie nog ‘n ander siel op aarde was nie. Elkeen moet getoets word, en sonder vlek of rimpel of iets dergeliks gevind word.GS 556.1

    Plegtig is die tonele in verband met die slotwerk van die versoening. Die allergewigtigste belange is daarin betrokke. Die oordeel is nou aan die gang in die heiligdom daarbo. Vir jare al is hierdie werk aan die gang. Spoedig — niemand weet hoe gou nie — sal die lewendes ondersoek word. In die vreeslike teenwoordigheid van God sal ons lewens in oënskou geneem word. In hierdie tyd, meer as in enige ander, behoort ons ag te gee op die Heiland se vermaning, “Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.” Markus 13: 33. “As jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.” Openb. 3: 3.GS 556.2

    Wanneer die ondersoekende oordeel afgesluit word, sal die lot van alle mense vir die dood of die lewe beslis wees. Die genadetyd sluit ‘n kort tydjie voor die verskyning van die Here op die wolke van die hemel. In Openbaring, waar Christus vooruit sien na hierdie tyd, verklaar Hy: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hy nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en My loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” Openb. 22: 11, 12.GS 556.3

    Die regverdiges en onregverdiges sal nog in hulle sterflike staat op die aarde woon; mense sal plant en bou en eet en drink, onbewus daarvan dat die finale, onherroeplike uitspraak in die hemelse heiligdom daarbo gegee is. Voor die Sondvloed, nadat Noag in die ark ingegaan het, het God hom ingesluit, en die goddelose uitgesluit; maar vir sewe dae het die mense, nie wetende dat hulle lot beslis was nie, voortgegaan met hulle onverskillige, genotsugtige lewe, en hulle het die waarskuwings van die dreigende oordeel bespot. “So,” sê die Heiland, “sal ook wees die koms van die Seun van die mens.” Matt. 24: 39. Stil, ongesien soos die dief te middernag, sal die beslissende uur aanbreek wat elke mens se lot sal beslis, en wat die offer van genade aan skuldige mense terugtrek.GS 557.1

    “Waak dan, . . . dat Hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap kry nie.” Markus 13: 35, 36. Uiters gevaarlik is die toestand van diegene wat, nadat hulle moeg geword het om te waak, weer toegee aan die aanloklikhede van die wêreld. Terwyl die sakeman in beslag geneem word met sy winsbejag, terwyl die genotsoeker homself bevredig, terwyl die modepop besig is met haar tooisel — ja dan mag dit die uur wees wanneer die Regter van die ganse aarde die vonnis uitspreek, “U is op die weegskaal geweeg en te lig gevind.” Dan. 5: 27.GS 557.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents