Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Moenie julle kwel... nie.” Mattheüs 6:25.

    Hy wat u lewe aan u gegee het, weet dat u voedsel nodig het om dit te onderhou. Hy wat die liggaam geskape het, weet dat u klere nodig het. Sal Hy, wat die groter gawe gegee het, dan nie ook die nodige gee om dit volkome te maak nie?MOR 104.1

    Jesus het Sy gehoor se aandag op die voëls gevestig wat so onbesorg hul lofliedere gesing het, want “hulle saai nie en hulle maai nie;” en tog voorsien die grote Vader in hul behoeftes. En Hy vra: “Is julle nie baie meer werd as hulle nie?”MOR 104.2

    “Geen mossie val wat Hom nie raak,
    geen siel buig laag, of Jesus weet,
    want Hy is dit wat oor ons waak
    in grootste nood of diepste leed.
    Sy sorg sal nimmer ooit verflou
    oorhom watop sy Heer vertrou.”
    MOR 104.3

    Die heuwels en velde was oortrek van blomme in die dou-vars móre. Jesus het na hulle gewys en gesê: “Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei.” Vaardige mense kan die sierlike vorms en delikate kleure van die plante en blomme afteken, maar watter aanraking kan aan selfs een blom of grashalmpie die lewe gee? Elke ou blommetjie langs die pad ontvang die lewe van dieselfde bron wat die sterrehemel in die uitspansel uitstrek. Deur alle geskape dinge klop die polsslag van die lewe uit die groot hart van God. Hy beklee die veldblomme met meer prag en praal as wat enige aardse koning nog versier het. En “as God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en móre in die oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?”MOR 104.4

    Hy, wat die blomme gemaak en aan die mossie sy lied gegee het, sê: “Let op die lelies,” “Kyk na die voëls.” Die lieflikheid van die natuur kan 'n mens meer van die wysheid van God leer as wat die opvoed-kundiges weet. Op die kroonblare van die lelie het die Here 'n boodskap geskrywe in 'n taal wat die hart net kan lees as hy die lesse van wantroue en self-sug en verterende kommer kan afleer. Om watter ander rede sou Hy u die singende voëls en die geurige bloeisels gee as dat Sy Vaderhart oorloop van liefde en Hy u lewensweg wil ophelder en veraangenaam? U sou sonder die blomme en die voëls nog alles gehad het wat vir u bestaan nodig is, maar die Here was nie tevrede om net die nodige vir u blote voortbestaan te voorsien nie. Hy het die aarde en die lug en die hemel met skoonheid gevul om u te vertel hoe lief Hy u het. Die skoonheid van alle geskape dinge is maar 'n skynsel van die lig van Sy heerlikheid. As Hy sulke oneindige vernuf bestee het aan die skeppinge van die natuur, vir u geluk en vreugde, kan u dan nog twyfel dat Hy u met alles wat u nodig het sal seën?MOR 105.1

    “Let op die lelies.” Elke blom wat vir die son oopgaan, gehoorsaam dieselfde groot wette wat die sterre rig, en hoe eenvoudig en mooi en welriekend tog! Deur middel van die blomme wil die Here ons aandag vestig op die lieflikheid van 'n Christelike karakter. Hy wat die blomme so mooi gemaak het, verlang nog veel inniger dat die siel beklee moet word met die lieflike karakter van Christus.MOR 106.1

    Kyk, sê Jesus, hoe die lelies groei; hoe die plante uit die koue, donkere aarde, of uit die modder van 'n rivierbedding spruit, en hoe pragtig en geurig hulle ontluik. Wie sou ooit kon droom dat sulke skoonheid in die growwe bruin bol van die lelie skuil? Maar as die lewe van God wat daarin sluimer op Sy roep-stem in reën en sonskyn ontwaak, verwonder die mens hom aan die sierlikheid en prag. Net so sal die lewe van God hom in elke mensesiel ontvou as hy hom maar net wil oorgee aan die werking van Sy genade, wat net so mildelik soos die reën en sonskyn wag om almal te seën. Dit is die woord van God wat die blomme skep, en dieselfde woord sal in u die deugde van Sy Gees voortbring.MOR 106.2

    Die wet van God is die wet van liefde. Hy het u met skoon-heid omring om u te leer dat u nie op die aarde geplaas is om net vir uself te delf, te grawe en te bou, te arbei en te spin nie, maar om die lewe helder en bly en mooi te maak met die liefde van Christus - soos die blomme, wat ander lewens verbly met hul liefdediens.MOR 106.3

    Vaders en moeders, laat u kinders by die blomme leer. Neem hulle saam met u na die tuin en die veld en onder die skaduryke bome, en leer hulle om die boodskap van die liefde van God in die natuur te lees. Laat die gedagtes aan Hom met voël en blom en boom geassosieer word. Leer die kinders om in elke aangename en mooi ding 'n uitdrukking te sien van die liefde van God vir hulle. Maak u godsdiens vir hulle aantreklik en aangenaam. Laat u lippe altyd vriendelike dinge sê.MOR 107.1

    Leer die kinders dat hul geaardhede deur die groot liefde van God so verander kan word, dat dit soos Syne kan word. Leer hulle dat Hy wil hê dat hul lewens mooi soos die blomme moet wees. Leer hulle, terwyl hulle die lieflike bloesems pluk, dat Hy wat die blomme gemaak het, nog liefliker as hulle is. So sal die rankies van hul harte aan Hom vaskleef. Hy wat “geheel en al die lieflikheid self” is, sal vir hulle 'n daaglikse metgesel en bekende vriend word, en hul lewens sal verander word na die beeld van Sy reinheid.MOR 108.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents