Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Soek eers die koninkryk van God.” Mattheüs 6:33.

    Die mense wat na Christus geluister het, het nog gretig gewag dat Hy Sy aardse koninkryk moes aankondig. Hoewel Jesus die skatte van die hemel aan hulle geopenbaar het, was daar net een vraag in hul gedagtes: Hoe sal 'n bondgenootskap met Hom ons wêreldse vooruitsigte bevorder? Jesus verduidelik dat hul behep-theid met aardse dinge hulle gelykstel met die heidene om hulle, wat geleef het asof daar geen God is wat Sy skepsele teer be-waak nie.MOR 110.1

    “Want al hierdie dinge,” het Jesus gesê, “soek die nasies van die wêreld.” “Julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Lukas 12:30; Mattheüs 6:32, 33. Ek het gekom om die koninkryk van liefde en geregtigheid en vrede aan julle te openbaar. Maak julle harte oop en ontvang hierdie koninkryk en maak sy diens julle hoogste belang. Hoewel dit 'n geestelike koninkryk is, hoef u nie bang te wees dat die benodigdhede van hierdie lewe nie voorsien sal word nie. As u u aan die diens van God oorgee, sal Hy wat alle mag in die hemel en op aarde het, in u behoeftes voorsien.MOR 110.2

    Jesus stel ons nie vry van die plig om te arbei nie, maar Hy leer ons dat ons Hom in alles eerste en laaste en beste moet maak. Ons moet geen saak onderneem, geen doel nastreef, geen plesier soek wat die volbrenging van Sy geregtigheid in ons karakter kan verhinder nie. Alles wat ons doen, moet van harte gedoen word, soos vir die Here.MOR 110.3

    Jesus het, toe Hy op aarde was, waardigheid aan elke aspek van die lewe verleen deur die heerlikheid van God gedurig voor oë te hou en alles aan die wil van Sy Vader te onderwerp. As ons Sy voorbeeld volg, het ons Sy belofte dat alles wat vir hierdie lewe nodig is, vir ons “bygevoeg” sal word. Armoede of rykdom, siekte of gesondheid, eenvoudigheid of wysheid - vir alles word voorsiening gemaak in die belofte van Sy genade.MOR 110.4

    God slaan Sy ewige arms om die siel wat by Hom kom hulp soek, hoe swak daardie siel ook al is. Die kosbare dinge van die berge sal vergaan, maar die siel wat vir God leef, sal by Hom bly. “Die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” 1 Johannes 2:17. Die goue poorte van die Godstad sal oopgaan vir hom wat op aarde geleer het om sy leiding, wysheid, troos en hoop in tye van verlies en ver-drukking by God te soek. “Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, Jou Ontfermer.” Jesaja 54:10.MOR 111.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents