Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Kwel julle dus nie oor móre nie....Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” Mattheüs 6:34.

    As u u aan God oorgegee het, om Sy werk te doen, het u geen rede om u oor móre te bekommer nie. Hy wie se dienskneg u is, weet van die begin af die einde. Wat móre vir u voorlê en wat nou vir u verborge is, lê oop en bloot voor die oë van die Almagtige.MOR 111.2

    As ons die dinge waarmee ons te doen het in ons eie hande neem en op ons eie wysheid staatmaak om sukses, neem ons 'n las op ons wat God nie op ons gelê het nie, en probeer ons om dit sonder Sy hulp te dra. Ons neem op onsself die verantwoorde-likheid wat aan God behoort, en stel ons in werklikheid in Sy plek. Dan kan ons tereg onrustig wees en vrees vir onheil en skade, want dit sal ons gewis oorkom. Maar as ons werklik glo dat God ons liefhet en die goeie vir ons beoog, sal ons ons nie langer oor die toekoms bekommer nie. Ons sal op God vertrou soos 'n kind op 'n liefdevolle ouer. Dan sal ons angste en sorge verdwyn, want ons wil is verswelg in die wil van God.MOR 111.3

    Christus het nie belowe om ons vandag te help om móre se laste te dra nie. Hy het gesê: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korinthiërs 12:9); maar, soos die manna in die woestyn, word Sy genade daagliks geskenk vir die behoefte van die dag. Soos die menigtes van Israel op hul pelgrimstog, kan ons oggend vir oggend genoeg hemelse brood vir die dag se behoeftes vind.MOR 112.1

    Net een dag behoort aan ons, en hierdie dag moet ons vir God lewe. Vir hierdie enkele dag moet ons al ons voornemens en planne in die hand van Christus lê en al ons bekommernisse op Hom werp, want Hy sorg vir ons. “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.” “In terugkeer en rus lê julle heil, in stil-wees en vertroue bestaan julle krag.” Jeremia 29:11; Jesaja 30; 15.MOR 112.2

    As u die Here wil soek en u daagliks bekeer; as u uit u eie geestelike keuse vry en bly wil wees in die Here; as u met 'n blymoedige, innige bereidwilligheid die juk van Christus op u neem - die juk van gehoorsaamheid en diensvaardigheid - sal al u murmurerings gestil, al u moeilikhede verwyder, al die ontstellende probleme wat u bedreig, opgelos word.MOR 112.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents