Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Laat u koninkryk kom.” Mattheüs 6:10.

    God is ons Vader wat ons liefhet en vir ons sorg asof ons Sy kinders is. Hy is ook die groot Koning van die heelal. Die belange van Sy koninkryk is ons belange, en ons moet arbei om dit op te bou.MOR 118.2

    Christus se dissipels het die onmiddellike koms van die koninkryk van Sy heerlikheid verwag, maar met hierdie gebed het Jesus hulle geleer dat Sy koninkryk nie toe al sou kom nie. Hulle moes daarvoor bid as 'n toekomstige gebeurtenis. Maar die gebed was vir hulle ook 'n gerusstelling. Hoewel hulle die koms van die koninkryk nie in hulle tyd sou sien nie, is die feit dat hulle daarvoor moes bid ook die bewys dat God dit op die regte tyd gewis sou laat kom.MOR 118.3

    Die koninkryk van Gods genade word nou gevestig namate harte wat vol sonde en verset was, hulle dag vir dag oorgee aan die heerskappy van Sy liefde. Maar die volle verwesenliking van die koninkryk van Sy heerlikheid sal eers by die wederkoms van Christus geskied. “Die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel” moet “aan die volk van dié heiliges van die Allerhoogste” gegee word (Daniël 7:27). Hulle sal die koninkryk beërwe wat “van die grondlegging van die wêreld af” vir hulle berei is (Mattheüs 25:34). En Christus sal Sy groot mag opneem en regeer.MOR 118.4

    Die hemelpoorte sal weer oopgaan, en vergesel van tien-duisend maal tienduisend en duisend duisende heiliges, sal ons Heiland as Koning van die konings en Here van die here verskyn. Jehova Emmanuel “sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.” “Die tabernakel van God” sal by die mense wees “en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees; en God sal self by hulle wees as hulle God” (Sagaria 14:9; Openbaring 21:3).MOR 120.1

    Maar voor daardie koms, het Jesus gesê, sal “hierdie evangelie van die koninkryk... verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies” (Mattheüs 24:14). Sy koninkryk sal nie kom voordat die goeie tyding van Sy genade aan die hele wêreld verkondig is nie. Waar ons ons dus in die hande van God oorgee en ander siele vir Hom win, verhaas ons die koms van Sy koninkryk. Net hulle wat hulle aan Sy diens wy en sê: “Hier is ek, stuur my” (Jesaja 6:8), om die oë van die blindes te open, “dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Handelinge 26:18) - net hulle bid in alle opregtheid: “Laat u koninkryk kom.”MOR 120.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents