Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei.” Mattheüs 7:14.

    In Christus se tyd het die mense in Palestina in ommuurde stede gewoon wat hoofsaaklik op heuwels of berge geleë was. Die poorte is sononder gesluit, en die ingange moes langs steil, klipperige paaie bereik word. Dikwels moes die reisiger wat teen die einde van die dag op pad huis toe was, die moeisame pad haastig uitklim om die poort voor die nag te bereik. Laatkommers moes buite slaap.MOR 150.1

    Die smal opdraandepad huis toe het Jesus van 'n indruk-wekkende beeld voorsien om die Christelike weg voor te stel. Hy het gesê: Die pad wat Ek voor jou stel, is smal; dis moeilik om deur die poort te gaan, want die gulde reël sluit alle hoogmoed en selfsug uit. Daar is wel 'n breër pad, maar die einde daarvan is ondergang. As mens die weg van die geestelike lewe wil bewan-del, moet jy gedurig klim, want dit gaan opdraande. Jy moet met die minderheid saamgaan, want die meerderheid verkies die afdraandepad.MOR 150.2

    Die hele mensdom met al sy wêreldsheid, al sy selfsug, hoog-moed, oneerlikheid en sedelike verval, kan die weg na die dood bewandel. Daar is ruimte vir elkeen se menings en leerstellings, en om sy eie sin te kry - om te doen wat sy eie-liefde ook al voorskryf. Om die weg van die verderf te kan bewandel, is dit nie nodig om na die pad te soek nie, want die poort is wyd en die pad is breed en die voete neig van nature na daardie pad wat na die dood lei.MOR 150.3

    Maar die weg na die lewe is nou en die ingang is smal. As u aan 'n boesemsonde vaskleef, sal u ontdek dat die weg te smal vir u is om in te gaan. U eie sin, u eie wil, u bose praktyke en gewoontes moet prysgegee word as u op die weg van die Here wil wandel. Hy wat Christus wil volg, kan die wêreld se menings nie huldig en aan die wêreld se standaard nie voldoen nie. Die paadjie na die hemel is te smal vir selfgerigte ambisie, te steil en skurf vir gemaksugtiges. Arbeid, geduld, selfopoffering, verwyt, armoede, teëspraak van sondaars teen Hom - dit was Christus se lot, en dit moet ook ons lot wees as ons ooit in die Paradys van God wil ingaan.MOR 150.4

    Tog moet u nie dink dat die opdraandepad moeilik en die af-draandepad maklik is nie. Orals langs die pad van die dood is pyn en boete, verdriet en teleurstellings, waarskuwings om nie verder te gaan nie. Die liefde van God het dit vir onverskilliges en hard-koppiges moeilik gemaak om hulself te vernietig. Die Satan se pad word wel aantreklik voorgestel, maar dis 'n misleiding; op die weg van sonde wag bittere berou en knaende sorge. Ons dink dis aangenaam om hoogmoed en wêreldse ambisie na te streef, maar die einde is pyn en verdriet. Selfsugtige planne hou moontlik wel vleiende beloftes in met vooruitsigte op genot, maar ons geluk word vergiftig en ons lewe verbitter deur selfsugtige verwagtinge. Die afdraandepad se poort is moontlik met blomme versier, maar die pad is met dorings besaai. Die lig van hoop wat by die ingang skyn, verflou in die duisternis van wanhoop, en die siel wat daardie pad volg, daal neer in die skaduwees van 'n eindelose nag.MOR 151.1

    “Die weg van die ontroues is hard,” maar wysheid se “weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede” (Spreuke 13:15; 3:17). Elke daad waarmee ons Christus gehoorsaam, elke selfverloëning ter wille van Hom, elke beproewing wat ons verduur, elke oorwinning oor 'n versoeking, is 'n stap in die rigting van heerlikheid en uiteindelike oorwinning. As ons Christus ons gids maak, sal Hy ons veilig lei. Die grootste sondaar hoef nie te verdwaal nie. Nie een bewende soeker hoef die voorreg mis te loop om in suiwere, heilige lig te wandel nie. Al is die weg so smal, so heilig dat sonde daar nie geduld word nie, is toegang vir almal nogtans verseker, en geen twyfelende, bewende siel hoef te sê: “God steur Hom nie aan my nie.”MOR 153.1

    Al is die pad ru en steil; al is daar slaggate links en regs; al is ons reis moeisaam, al moet ons maar aansukkel wanneer ons al moeg is en na rus verlang; al moet ons veg as ons swak voel; al moet ons aanhou hoop as ons mismoedig word; met Christus as ons gids sal ons die begeerde oord uiteindelik bereik. Christus het die ruwe weg self voor ons uit bewandel, en Hy het die pad vir ons voete gelykgemaak.MOR 153.2

    En langs die hele ent pad na die ewige lewe is fonteine van geluk om die moeë reisiger te verkwik. Hulle wat die weg van wysheid bewandel, is selfs in verdrukking blymoedig en verheug, want Hy wat hul siele liefhet, wandel onsigbaar langs hulle. Met elke tree skyn die lig van die Onsienlike helderder op hul weg; en hul lofliedere styg al hoër totdat hulle saam met die engele voor Sy troon sing. “Die pad van die regverdiges is soos die lig van die móreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe.” Spreuke 4:18.MOR 153.3