Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Stry hard om in te gaan deur die nou poort.” Lukas 13:24.

    Die laat reisiger wat hom gehaas het om die stadspoort voor sononder te bereik, kon nie langs die pad vertoef ter wille van ver-maak nie. Hy het net een doel voor oë gehad - om deur die poort te kom. Net so doelgerig, het Jesus gesê, moet die Christelike lewe wees. Ek het die heerlike karakter, wat die ware heerlikheid van My koninkryk is, aan jou geopenbaar. Dit belowe jou geen aardse koninkryk nie, maar dit is jou hoogste strewe en inspan-ning werd. Ek roep jou nie om vir die wêreld se grootste ryk te kom veg nie, maar dit wil nog nie sê dat daar geen stryd te stry of geen oorwinning te behaal is nie. Ek raai jou aan om te stry en te worstel om in My geestelike koninkryk in te gaan.MOR 154.1

    Die Christelike lewe is 'n stryd en 'n skof. Maar die oorwinning word nie deur die krag van die mens behaal nie. Die hart is die slagveld. Die stryd - die grootste wat die mens nog gevoer het -is om die eie-ek aan die wil van God te onderwerp, om die hart oor te gee aan die koningskap van die liefde. Die ou geaardheid wat uit bloed en uit die wil van die vlees gebore is, kan nie die koninkryk van die hemele beërwe nie. Die oorgeërfde neiginge, die ou gewoontes, moet versaak word.MOR 154.2

    Wie vasberade is om in die geestelike koninkryk in te gaan, sal ontdek dat al die mag en die hartstogte van die onwederge-bore natuur, gerugsteun deur die magte van die koninkryk van die duisternis, teen hom in die stryd gewerp word. Selfsug en trots sal hulle verset teen enigiets wat hulle sondigheid ontmasker. Ons kan nie die bose begeertes en gewoontes wat veg om die oor-hand oor ons te kry, op eie houtjie oorwin nie. Ons kan nie die magtige vyand wat ons in sy greep het, te bowe kom nie. Die Here alleen kan ons die oorwinning gee. Hy wil hê dat ons die oorwinning oor onsself, ons wil en ons weë moet behaal. Maar Hy kan nie sonder ons toestemming en medewerking in ons vaardig wees nie. Die Heilige Gees tree op deur die vermoëns wat aan die mens gegee is. Ons eie kragte moet met die Here saamwerk.MOR 155.1

    Die oorwinning word nie sonder ernstige gebede behaal nie, nie sonder die onderwerping van die eie-ek met elke tree nie. Ons wil kan nie gedwing word om met God saam te werk nie; dit moet vrywillig onderwerp word. Al sou die Gees van God 'n honderd maal sterker op u afgedwing kon word, sou dit nie 'n Christen van u maak wat vir die hemel geskik is nie. Dit sou die Satan se ves-ting nog nie vernietig nie. Die wil moet hom aan die kant van Gods wil skaar. U is nie in staat om u strewe, u begeertes en neiginge in eie krag aan die wil van God te onderwerp nie; maar as u gewillig is om gewillig gemaak te word, sal God die werk vir u doen en “planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Korinthiërs 10:5). Dan sal u u “eie heil” “met vrees en bewing” uitwerk, “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Filippense 2:12, 13).MOR 155.2

    Maar daar is baie wat aangetrek word deur die skoonheid van Christus en die heerlikheid van die hemel, maar wat afgeskrik word deur die voorwaardes wat nodig is om dit te verkry. Daar is baie op die breë weg wat nie heeltemal tevrede is met die weg wat hulle bewandel nie. Hulle wil graag losbreek uit die verslaw-ing van die sonde, en hulle probeer om in hul eie krag te veg teen hierdie sondige lewe. Hulle kyk na die smal weg en die enge poort, maar selfsugtige plesier, liefde vir die wêreld, hoogmoed en ongeheiligde ambisie rig 'n skeidsmuur tussen hulle en die Heiland op. Om hulle eie wil, hul eie liefde of belange prys te gee, vereis 'n opoffering wat hulle laat aarsel en terugdeins. Baie “sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie” (Lukas 13:24). Hulle verlang na die goeie, en probeer tog om dit te verkry, maar hulle gryp dit nie aan met die hele hart nie; hulle het hulle nie voorgeneem om dit tot elke prys te verkry nie.MOR 156.1

    Al hoop wat ons op oorwinning het, is om ons wil met die wil van God te verenig en om elke uur, elke dag met Hom saam te werk. Ons kan die eie-ek nie behou en nog in die koninkryk van God ingaan nie. As ons ooit heilig sou word, sal dit wees omdat ons die eie-ek afgesweer en die gesindheid van Christus ontvang het. Hoogmoed en selfgenoegsaamheid moet gekruisig word. Is ons bereid om die prys te betaal wat van ons verwag word? Is ons gewillig om ons wil volkome in ooreenstemming met die wil van God te laat bring? Totdat ons gewillig is, kan die vernuwende genade van God nie in ons geopenbaar word nie.MOR 156.2

    Die stryd wat ons moet stry is die goeie stryd van die geloof. Die apostel Paulus het gesê: “Ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.” Kolossense 1:29.MOR 156.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents