Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Pas op vir die valse profete.” Mattheüs 7:15.

    Valse leraars sal opstaan om u weg te lok van die enge pad en die nou poort. Pas op vir hulle; hulle dra wel skaapsklere, maar van binne is hulle roofsugtige wolwe. Jesus vertel ons hoe ons die valse leraars van die wares kan onderskei. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!”MOR 157.1

    Ons word aangeraai om hulle nie aan hul mooi woorde en verhewe beroepe te oordeel nie. Hulle moet aan die Woord van God getoets word. “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dager-aad het nie.” “Hou op, my seun, om na tug te luister terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.” Jesaja 8:20; Spreuke 19:27. Wat is die boodskap van hierdie leraars? Leer dit u om God te eer en te vrees? Beweeg dit u om u liefde vir Hom te betoon deur gehoorsaamheid aan Sy gebooie? As hulle nie besef hoe belangrik die sedewet is nie; as hulle een van die geringste van die gebooie oortree en mense so leer, het die hemel vir hulle geen agting nie. Ons kan weet dat hulle belydenis ongegrond is. Hulle doen die werk wat sy onstaan het by die vors van duisternis, die vyand van God.MOR 157.2

    Nie almal wat Sy Naam bely en Sy wapen dra, behoort aan Christus nie. Jesus het gesê dat baie wat in Sy Naam geleer het, eindelik te lig bevind sal wees. “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam dui-wels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”MOR 158.1

    Daar is mense wat glo dat hulle reg is, wanneer hulle verkeerd is. Hoewel hulle Christus as Here aanhang en voorgee om in Sy Naam goeie werke te doen, is hulle bewerkers van die ongeregtigheid. “Hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.” Hy wat Gods woord verkondig, “is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie” (Esegiël 33:31, 32).MOR 158.2

    Om bloot te bely dat 'n mens 'n dissipel is, is waardeloos. Die reddende geloof in Christus is nie wat baie mense dink nie. Hulle sê: “Glo, glo, en u hoef die wet nie te gehoorsaam nie.” Maar geloof wat nie tot gehoorsaamheid lei nie, is aanmatigend. Die apostel Johannes sê: “Hy wat sê: Ek ken Hom - en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.” 1 Johannes 2:4. Laat niemand hom verbeel dat merkwaardige voorsienigheid en wonderbaarlike verskynsels 'n bewys is van die egtheid van hulle werk of van die idees wat hulle verkondig nie. As mense die Woord van God geringskat en hul eie indrukke en gevoelens en gewoontes bo die Goddelike standaard verhef, kan ons weet dat hulle geen dageraad het nie.MOR 158.3

    Gehoorsaamheid is die bewys van dissipelskap. Deur die ge-booie te onderhou, bewys ons die opregtheid van ons liefdesbetuiginge. As die leerstellings wat ons aanneem die sonde in die hart vernietig, die siel van besoedeling reinig en die vrugte van heiligheid dra, kan ons weet dat dit die waarheid van God is. As liefdadigheid, vriendelikheid, teerheid van hart, deernis in ons lewens te sien is; as ons die vreugde van reg doen in ons harte het; as ons Christus verhef, en nie die eie-ek nie; dan kan ons weet dat ons geloof van die regte soort is. “Hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.” 1 Johannes 2:3.MOR 158.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents