Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Koning Van Die Eeue - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Is Hy nie die Seun van die Timmerman nie?”

    OM die heerlike dae van Christus se bediening in Galilea te bederf, was daar een skaduwee. Die mense van Nasaret het Hom verwerp. “Is Hy nie die timmerman se seun nie?” het hulle gevra.KE 231.1

    In Sy kinder- en jongelingsjare het Jesus saam met Sy broers in die sinagoge van Nasaret aanbid; maar vandat Hy Sy openbare bediening begin het, was Hy van hulle afwesig, hoewel hulle nie onkundig was betreffende Sy wedervarings nie. Toe Hy nou weer onder hulle verskyn, was hulle belangstelling en verwagtings baie groot. Hier was die figure en gesigte wat Hy van kindsbeen af geken het. Hier was Sy moeder, Sy broers en susters, en almal se oë was op Hom gevestig toe Hy die sinagoge op die Sabbat binnegegaan en Sy plek ingeneem het saam met die ander aanbidders.KE 231.2

    In die gewone diens vir die dag het die ouderling uit die profete gelees en daarna die mense aangemoedig om nog te hoop op die Een wat sou kom om 'n heerlike koninkryk op te rig en alle verdrukking te verban. Hy het getrag om Sy hoorders te bemoedig deur die bewyse op te noem dat die koms van die Messias naby was. Hy het die heerlikheid van Sy koms beskryf, en die gedagte beklemtoon dat Hy sou kom aan die hoof van leërmagte om Israel te bevry.KE 231.3

    Ingeval daar 'n rabbi in die sinagoge teenwoordig was, is daar verwag dat hy 'n preek sou lewer, en enigeen van die Israeliete kon die voorlesing uit die profete waarneem. Op hierdie Sabbat is Jesus gevra om deel te neem aan die diens. Hy het opgestaan “om te lees. En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig.” Lukas 4: 16, 17. Die skrifgedeelte wat Hy gelees het, was algemeen aangeneem as verwysende na die Messias:KE 231.4

    Die Gees van die Here is op My.
    Omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring.
    Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
    Om aan die gevangene vrylating te verkondig
    En aan blindes die herstel van gesig;
    Om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur;
    Om die aangename jaar van die Here aan te ko'ndig.”
    KE 232.1

    “En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy, sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. ... En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit Sy mond kom.” Lukas 4: 20-22.KE 232.2

    Jesus het voor die mense gestaan as 'n lewende verklaarder van die profesieë wat op Hom betrekking gehad het. Toe Hy die woorde verduidelik het wat Hy gelees het, het Hy gespreek van die Messias as die verlosser van die verdruktes, 'n vrylater van die gevangenes, 'n geneser van die siekes, wat gesig aan die blindes gee, en die lig van die waarheid aan die wêreld openbaar. Sy indrukwekkende manier en die betekenis van Sy woorde het Sy hoorders getref met 'n krag wat hulle nog nooit voorheen gevoel het nie. Die gety van goddelike invloed het alle versperrings uit die weg geneem; net soos Moses, het hulle die Onsigbare gesien. Namate die Heilige Gees in hulle harte gewerk het, het hulle geantwoord met vurige amens en lof aan God.KE 232.3

    Maar toe Jesus aankondig, “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul”, het hulle skielik aan hulleself gedink en oor die aansprake van Hom wat hulle toegespreek het. Hulle, Israeliete, die kinders van Abraham, is voorgestel as in slawerny. Hulle is aangespreek as gevangenes wat uit die mag van boosheid verlos moes word; soos diegene in duisternis wat die lig van die waarheid nodig gehad het. Hulle hoogmoed is gekrenk, en hulle vrees is opgewek. Die woorde van Jesus het aangetoon dat Sy werk vir hulle heeltemal anders sou wees as wat hulle verlang het. Hulle dade kon dalk te deeglik dersoek word. Nieteenstaande hulle nougesette nakoming van uiterlike seremonies, het hulle teruggedeins voor die blik van daardie deurdrin- gende oë.KE 232.4

    Wie is hierdie Jesus? het hulle gevra. Hy wat vir Homself aanspraak maak op die heerlikheid van die Messias, is die seun van 'n timmerman, en Hy het daardie ambag beoefen saam met Sy vader Josef. Hulle het gesien hoedat Hy die berge uitgeklim het; hulle het Sy broers en susters geken, en hulle het Sy lewe en Sy werk geken. Hulle het gesien hoedat Hy van kind tot jongeling, en van jongeling tot jongman ontwikkel het. Alhoewel Sy lewe vlekkeloos was, wou hulle nie glo dat Hy die Beloofde Een was nie.KE 233.1

    Hoe groot was die teenstelling tussen Sy leer van die nuwe konink- ryk, en die wat hulle van hulle ouderling gehoor het! Jesus het niks gesê van hulle verlossing van die Romeine nie. Hulle het van Sy wonderwerke gehoor, en hulle het gehoop dat Sy krag gebruik sou word tot hulle voordeel, maar hulle het geen openbaring in daardie rigting gesien nie.KE 233.2

    Namate hulle die deur vir twyfel oopgestel het, is hulle harte al hoe meer verhard juis omdat hulle vir 'n oomblik versag was. Die Satan het alles gedoen om te belet dat blinde oë daardie dag geopen, en siele uit die bande van slawerny verlos word. Hy het al Sy kragte gebruik om hulle in hulle ongeloof te bevestig. Hulle het nie ag geslaan op die teken aan hulle gegee, naamlik die oortuiging dat dit hulle Verlosser was wat hulle toegespreek het nie.KE 233.3

    Maar Jesus het nou aan hulle bewys van Sy godheid gegee deur die gedagtes van hulle harte te openbaar. “En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kapernaum gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook. En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in Sy eie vaderland nie. Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elia toe die hemel toegesluit was vir drie jaar en ses maande, toe daar 'n groot hongersnood gekom het in die hele land; en na nie een van hulle is Elia gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na 'n weduwee. En daar was baie melaatse in Israel in die tyd van Elisa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig behalwe Naäman, die Siriër nie.” Lukas 4: 23-27 KE 233.4

    Deur hierdie verhaal van gebeurtenisse uit die lewe van die profete, het Jesus die vrae van Sy toehoorders beantwoord. Die diensknegte wat God uitgekies het vir 'n spesiale werk, is nie toegelaat om te arbei vir 'n verharde en ongelowige volk nie. Maar diegene wat gevoelige harte en geloof gehad het, is bevoorreg om bewyse te sien van Sy krag deur die profete. In die dae van Elia het Israel afgedwaal van God. Hulle wou hulle sondes nie versaak nie, en hulle het die waarskuwings van die Gees deur die Here se boodskappers verwerp. So het hulle hulleself afgesny van die kanaal waarlangs Gods seën tot hulle kon kom. Die Here het die wonings van Israel verbygegaan, en het skui- ling vir Sy dienskneg gevind in 'n heidense land, by 'n vrou wat nie aan die uitverkore volk behoort het nie. Maar hierdie vrou is begunstig omdat sy in die lig gewandel het wat sy ontvang het, en haar hart was oop vir die groter lig wat God aan haar deur Sy profeet gestuur het.KE 234.1

    Dit was om dieselfde rede dat die melaatses van Israel in die tyd van Elisa nie genees is nie. Maar Naäman, 'n heidense edelman, was getrou aan sy oortuigings van reg, en hy het sy groot behoefte aan hulp besef. Hy was in 'n toestand om die gawes van Gods genade te ontvang. Nie alleen is hy genees van sy melaatsheid nie, maar hy is geseën met 'n kennis van die ware God.KE 234.2

    Ons stand voor God hang af, nie van die hoeveelheid lig wat ons ontvang het nie, maar van die gebruik wat ons maak van die wat ons wel het. Daarom is selfs die heidene wat die reg kies soos hulle dit verstaan, in 'n gunstiger posisie as diegene aan wie baie lig gegee is en wat voorgee dat hulle God dien, maar wat die lig veronagsaam, en hulle belydenis deur hulle daelikse wandel verloën.KE 234.3

    Die woorde van Jesus aan Sy hoorders in die sinagoge het die wortel geraak van hulle eiegeregtigheid, en het die bitter waarheid aan hulle verstand gebring dat hulle afgedwaal het van God en hulle reg om Sy volk te wees, verbeur het. Elke woord het soos 'n vlym deur- gedring namate hulle ware toestand aan hulle geopenbaar is. Hulle het nou die geloof verag waarmee Jesus hulle in die eerste instansie besiel het. Hulle wou nie erken nie dat Hy wat so nederig en arm was, verskil het van 'n gewone mens.KE 234.4

    Hulle ongeloof het kwaadwilligheid ten gevolg gehad. Hulle was onder die beheer van die Satan, en hulle woede is teen die Heiland opgewek. Hulle het hulle rug gekeer op Hom wie se sending dit was om te genees en te herstel; en nou het hulle die eienskappe van die verwoester geopenbaar.KE 234.5

    Toe Jesus verwys het na die seëninge aan die heidene gegee, het Hy die kwaai nasionale trots van Sy hoorders opgewek, en Sy woorde is verdring deur 'n gebabbel van stemme. Die mense het daarmee gespog dat hulle die wet gehou het, maar nou was hulle nasionale trots gekwes,en hulle was gereed om moord te pleeg. Die vergadering is in wanorde uiteen, en die mense het Jesus met geweld uit die sinagoge verwyder en uit die stad. Dit het geskyn of almal gretig was dat Hymoes sterf. Hulle het Hom tot op die rand van die berg gebring om Hom van die krans af te gooi. Hulle het geskreeu en gedreig. Sommige het met klippe na Hom gegooi, en toe het Hy skielik onder hulle uit verdwyn. Die hemelse boodskappers wat by Hom was in die sinagoge, was met Hom daar tussen die verwoede skare. Hulle het Hom beskut teen Sy vyande, en Hom gelei na 'n plek van veiligheid.KE 235.1

    So ook het die engele Lot beskerm en hom veilig uit Sodom uit-gelei. So het hulle Elisa beskerm in daardie klein bergdorpie. Toe die berge in die omtrek -gewemel het van die waens en perde van die koning van Sirië en sy groot leër van gewapende manne, het Elisa gesien dat die berghellings bedek was met die leërs van God — perde en waens van vuur was rondom die dienskneg van God.KE 235.2

    So was daar, in alle eeue, engele by die getroue navolgers van Christus. Die bose magte is saamgetrek teen almal wat oorwinnaars wil wees; maar Christus wil hê dat ons ons oë moet vestig op die onsienlike dinge, op die leërs van die hemel rondom almal wat God liefhet, om hulle te verlos. Ons sal nooit weet van watter gevare, sigbaar en onsigbaar, ons deur die tussenkoms van engele verlos is nie, totdat ons eendag in die lig van die ewigheid die voorsienigheid van God sien. Dan eers sal ons sien dat die hele gesin van die hemel belangstel in die gesin hier op aarde, en dat boodskappers van die troon van God ons van dag tot dag bewaar.KE 236.1

    Toe Jesus in die sinagoge uit die profesie gelees het, het Hy opgehou voordat Hy by die laaste beskrywing van die werk van die Messias gekom het. Nadat Hy die woorde gelees het, “om die aangename jaar van die Here aan te kondig,” het Hy die sin weggelaat, “en 'n dag van die wraak van onse God.” Jes. 61: 2. Dit was net so waar as die eerste gedeelte van die profesie, en deur Sy stilswye het Jesus nie die waarheid verloën nie. Maar dit was hierdie laaste gedeelte wat Sy hoorders graag beklemtoon het, en wat hulle baie graag vervul wou sien. Hulle het die oordeel teen die heidene voorspel, en nie besef dat hulle eie skuld nog groter as die van ander was nie. Hulle self het net so veel behoefte gehad aan die genade wat hulle nie aan die heidene wou gun nie. Daardie dag in die sinagoge, toe Jesus onder hulle gestaan het, was dit hulle kans om gehoor te gee aan die roepstem van die Hemel. Hy wat 'n “welbehae in goedertierenheid” het (Miga 7: 18), wou hulle graag red van die ondergang wat hulle sondes oor hulle sou bring.KE 236.2

    Maar Hy sou hulle nog een uitnodiging gee om hulle te bekeer voordat Hy hulle opgee. Aan die einde van Sy werk in Galilea, het Hy nogeens die tuiste van Sy kinderjare besoek. Vandat hulle Hom daar verwerp het, het die roem van Sy prediking en Sy wonderwerke die hele land vervul. Niemand sou seker nou nog wou ontken dat Hy meer as menslike mag besit het nie. Die mense van Nasaret het geweet dat Hy die land deurgegaan en goed gedoen het aan almal wat onder die mag van die duiwel was. Rondom hulle was hele dorpies waar daar in geen huis die gesug van siekes meer gehoor is nie; want Hy het daardeur gegaan en al die siekes genees. Die genade wat geopenbaar is in elke daad van Sy lewe, het getuig van Sy goddelike salwing.KE 236.3

    Toe hulle weer na Sy woorde geluister het, is die Nasareners beweeg deur die goddelike Gees. Maar selfs toe nog wou hulle nie erken dat hierdie Man, wat onder hulle groot geword het, anders of groter was as hulleself nie. Nog steeds het die bittere herinnering gebly dat Hy, hoewel Hy daarop aanspraak gemaak het dat Hy die Beloofde Een was, hulle geen plek toegeken het saam met Israel nie, want Hy het aangetoon dat hulle Gods guns minder waardig was as 'n heidense man of vrou. Hoewel hulle dus gevra het, “Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?” wou hulle Hom nie aanneem as die Christus van God nie. Weens hulle ongeloof kon die Heiland nie baie wonderwerke onder hulle doen nie. Net n paar harte was oop vir Sy seën, en teësinnig het Hy weggegaan om nooit weer terug te kom nie.KE 237.1

    Ongeloof, nadat hulle dit eers begin koester het, het die mense van Nasaret beheers. So het dit ook die Sanhedrin en die volk beheers. Met die priesters, net soos met die volk, was die eerste verwerping van die demonstrasie van die krag van die Heilige Gees die begin van die einde. Om te bewys dat hulle eerste teenstand reg was, het hulle altyd daarna aangehou met haarklowery oor die woorde van Christus. Hulle verwerping van die Gees het sy klimaks bereik in die kruis van Golgota, in die verwoesting van hulle stad, en in die verstrooiing-van die volk na die vier windstreke.KE 237.2

    O, hoe het Christus verlang om die kosbare skatte van die waarheid aan Israel te openbaar! Maar hulle geestelike blindheid was so groot dat dit onmoontlik was om die waarhede aangaande Sy koninkryk aan hulle te openbaar. Hulle het vasgeklem aan hulle leer en hulle nuttelose seremonies terwyl die waarheid van die Hemel daar was vir hulle om aan te neem. Hulle het hulle geld uitgegee vir kaf en doppe terwyl die brood van die lewe binne hulle bereik was. Waarom het hulle nie na die Woord van God gegaan en ywerig gesoek om vas te stel of hulle nie miskien dwaalleer gevolg het nie? Die Ou Testament het baie duidelik elke besonderheid van Christus se bediening beskryf. en Hy het keer op keer uit die profete aangehaal en gesê, “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.” As hulle die Skrifte eerlik sou ondersoek het, en hulle teorieë getoets het aan Gods Woord, sou Jesus nie nodig gehad het om te ween oor hulle onboetvaardigheid nie. Hy sou nie nodig gehad het om te verklaar, “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat” nie. Lukas 13: 35. Hulle kon op hoogte gewees het van die getuienis van Sy Messiasskap, en die ramp wat hulle trotse stad in puin gelê het, kon vermy gewees het. Maar die harte van die Jode het bekrompe geword ten gevolge van hulle onredelike dweepsug- tigheid. Die lesse van Christus het die tekortkomings van hulle karakters geopenbaar, en hulle tot bekering geroep. As hulle maar Sy leer aangeneem het, sou hulle lewens verander het, en hulle sou die hoop wat hulle gekoester het, moes opgee. Om deur die hemel geëer te word, sou hulle die eer van mense moes verbeur. As hulle die woorde van die nuwe Rabbi gehoorsaam het, sou hulle teen die opinies van die groot denkers van die tyd moes gaan.KE 237.3

    Waarheid was ongewild in die tyd van Christus. Dit is in ons tyd ook ongewild. Dit was ongewild van die dag af dat die Satan die mens daarteen beïnvloed het deur aan hom fabels te vertel wat tot selfverheffing gelei het. Kom ons nie ook vandag teorieë en leerstel- lings teë wat geen grond in die Woord van God het nie? Die mense klem net so taai daaraan vas as die Jode aan hulle tradisies.KE 238.1

    Die Joodse leiers was vervul met geestelike hoogmoed. Hulle begeerte vir selfverheerliking is geopenbaar in die diens van die heiligdom. Hulle het die beste sitplekke in die sinagoge liefgehad. Hulle wou graag gegroet wees op die mark, en hulle titels het vir hulle soet geklink op die lippe van die mense. Namate ware vroomheid afgeneem het, het hulle steeds meer en meer ywerig geword vir hulle tradisies en seremonies.KE 238.2

    Omdat hulle verstand benewel is deur vooroordeel, kon hulle nie die krag van Christus se oortuigende woorde in ooreenstemming bring met Sy nederige lewe nie. Hulle het nie besef dat ware grootheid sonder uiterlike vertoon kon klaarkom nie. Hierdie man se armoede kon nie gerym word met Sy aanspraak dat Hy die Messias was nie. As Hy is wat Hy sê dat Hy is, het hulle gesê, waarom is Hy so beskeie ? As Hy tevrede was om sonder wapengeweld op te tree, wat sou dan van die volk word ? Hoe kon die krag en heerlikheid wat so lank verwag is, die volke as onderdane na die stad van die Jode bring? Het die priesters dan nie geleer dat Israel oor die hele aarde sou regeer nie, en kan dit moontlik wees dat die groot geestelike leiers verkeerd is?KE 238.3

    Maar dit was nie net die gebrek aan uiterlike heerlikheid in Sy lewe wat die Jode beweeg het om Jesus te verwerp nie. Hy was die verpersoonliking van reinheid, en hulle was onrein. Hy het onder die mense gewoon as 'n voorbeeld van absolute opregtheid. Sy onberispelike lewe het lig laat flits in hulle harte. Sy opregtheid het hulle onopregtheid geopenbaar. Dit het die holheid van hulle geveinsde vroomheid, en die afskuwelike karakter van die sonde geopenbaar Sulke lig was vir hulle onwelkom.KE 239.1

    As Christus die aandag op die Fariseërs sou gevestig het en hulle geleerdheid en hulle vroomheid geprys het, sou hulle Hom met blyd- skap aangeneem het. Maar toe Hy van die koninkryk van die hemel gespreek het as 'n bedeling van genade aan die hele mensdom, het Hy 'n fase van die godsdiens voorgestel wat hulle nie kon gedoog nie. Hulle eie voorbeeld en leer was nooit van so 'n aard dat dit die diens van God aanneemlik voorgestel het nie. Toe hulle sien dat Jesus Sy aandag skenk aan diegene wat hulle gehaat en verfoei het, het dit die kwaaiste drifte van hulle hoogmoedige harte opgewek. Nieteenstaande die feit dat hulle gespog het dat die “Leeu uit die stam van Juda” (Openb. 5:5), Israel sou verhef bokant al die nasies, sou hulle die verydeling van daardie hoop beter kon verdra as Christus se bestraffing van hulle sondes, en die veroordeling wat hulle gevoel het in die teenwoordigheid van Sy reinheid.KE 239.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents