Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    Die sending van hierdie boekie blyk uit sy titel. Dit wys op Jesus as die enigste persoon wat in die behoeftes van die hart kan voorsien, en dit plaas die voete van diegene wat twyfel en huiwer, in “die pad van vrede.” Dit lei diegene wat soek na geregtigheid, stap vir stap op die weg van die Christelike lewe tot die volheid van seen wat kom as gevolg van 'n algehele oorgawe van self en 'n onwankelbare vertroue op die reddende genade en bewarende krag van die Vriend van sondaars. Die onderrig in hierdie bladsye het vrede en hoop gebring in menige verontruste hart, en dit het baie navolgers van die Meester in staat gestel om met groter vertroue en vreugde te volg in die voetspore van hulle goddelike Leier. Die vertroue word gekoester dat dit dieselfde boodskap sal bring aan nog baie ander wat behoefte het aan dieselfde hulp.LVB 5.1

    “Laat dan die boodskap my,
    Tot in die hemel lei.”
    LVB 5.2

    Toe Jakob, bedruk en beangs, uit vrees dat sy sonde hom van God geskei het, daardie nag by Betel geslaap het, het hy “gedroom dat daar 'n leer op die aarde opgerig is waarvan die boonste punt aan die hemel reik.” Op hierdie manier is daar aan hom geopenbaar dat daar verbinding is tussen die hemel en die aarde. Die Een wat aan die bo-ent van die leer gestaan het, het bemoedigende woorde tot hom gespreek. Mag die gesig wat Jakob gesien het, ook aan baie verskyn wat hierdie verhaal van die weg van die lewe lees.LVB 5.3

    DIE UITGEWERS

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents