Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SES-EN-TWINTIG—ONEERLIKHEID IN DIE KERK

    (Deel IV, bls. 489-495.)

    “WANT die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels.” Sommige wat voorgee om die waarheid te glo, kannie die versoekings in hierdie verband weerstaan nie. Onder wêreldlinge van ons dae word die grootste misdade gepleeg as gevolg van ‘n liefde vir geld. As hulle nie rykdom op ‘n eerlike manier kan bekom nie, maak die mens gebruik van vervalsing, bedrog en misdaad om dit te verkry. Die beker van ongeregtigheid is byna vol, en God sal die skuldiges eerlank vergeld. Weduwees word van hulle bietjie geld beroof deur gewetelose prokureurs en sogenaamde belangstellende vriende, en die arme mense moet ly as gevolg van geldgebrek omdat daar so baie oneerlikheid gepleeg word. Die vreeslike misdade van ons wêreld is genoeg om die bloed te laat stulp en die siel met afsku te vervul; maar die feit dat daar selfs onder diegene wat voorgee om die waarheid te glo ook mense is wat in ‘n minder of meerder mate aan hierdiedie misdade skuldig is, noop ons tot groot verootmoediging van ons siele.UG1 181.1

    Iemand wat God waarlik vrees, sal liewer dag en nag werk, armoede en gebrek ly, as om toe te laat dat sy begeerte vir geld hom daartoe bring om weduwees en die wese te verdruk, of die vreemdeling tekort te doen. Die misdade wat daar gepleeg word as gevolg van ‘n liefde vir geld en vertoon, maak hierdie wêreld ‘n hol van diewe en rowers wat selfs die engele laat ween. Maar Christene is tog seker nie burgers van hierdie wêreld nie; hulle is in ‘n vreemde land waar hulle as’t ware maar net oornag. Ons tuiste is daar in die wonings wat Jesus vir ons gaan berei het. Hierdie lewe is maar net ‘n damp, wat gou sal verdwyn.UG1 181.2

    Die sug na rykdom is by sommige ‘n soort van kranksinnigheid. Elke keer as die guide reel verkrag word, word Christus in die persoon van Sy heiliges in die skande gesteek. Wie sy medemens beroof, of hy ‘n heilige of ‘n sondaar is, staan in die hemelse boeke aangeteken as ‘n vervalser. Dit is Gods doel dat ons lewens soos die van ons groot Voorbeeld sal wees, wat goed gedoen het aan ander en die mensheid opgehef het. In hierdie werk is daar ‘n waardigheid, ‘n heerlikheid wat ons miskien nie in hierdie lewe sal sien nie, maar wat ons ten voile in die lewe hiernamaals sal besef. Die verslag van grootmoedige en vriendelike dade sal tot in ewigheid bly. In die mate wat die mens homself bevoordeel deur ander tekort te doen, sal sy siel verhard word vir die invloed van die Gees van God. Voordeel wat op hierdie wyse verkry word, is ‘n ontsettende verlies.UG1 181.3

    Daar is mense in hoë posisies wat nie die belange van ander beskerm het nie. Hulle was heeltemal in beslag geneem deur hulle eie belange, en hulle het nagelaat om die goeie naam van die kerk te beskerm. Hulle was selfsugtig en gierig, en het die heerlikheid van God nie bevorder nie. In ‘n sekere mate is die kerk as geheel verantwoordelik vir die misdade van sy lede, omdat die kerk nie sy stem teen die euwels verhef het nie. Om baie redes word die guns van God nie geniet nie. Sy Gees word bedroef deur die hoogmoed, spandabelheid, oneerlikheid en bedrog waaraan sommige van die lede hulle skuldig maak. Al hierdie dinge bring die misnoeë van God oor Sy volk.UG1 182.1

    Die ongeloof en sondes van Israel vanouds is aan my getoon, en ek het gesien dat dieselfde sondes en ongeregtighede ook onder die Israel van vandag is. Onder die ingewing van God is hulle sondes teboekgestel vir die voordeel van diegene wat in hierdie laaste dae lewe, sodat ons hulle slegte voorbeeld kan vermy. Agan het die goud en die Babiloniese kleed begeer wat van die vyand van God afgeneem was. Maar die Here het die stad van Jerigo vervloek en die volk beveel om niks van die vyand vir hulleself te neem nie. “Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie met die banvloek tref en tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en hom in die ongeluk stort nie. Maar al die silwer en goud en die koperen ystervoorwerpe is heilig aan die Here; dit moet by die skat van die Here kom.”UG1 182.2

    Maar Agan, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, en die toorn van die Here was ontstoke teen die kinders van Israel. Toe die leër teen die vyand opgetrek het, is hulle verslaan en teruggedryf, en sommige van hulle het omgekom. Dit het die volk baie ontmoedig. Josua, hulle leier, was heeltemal uit die veld geslaan. In groot vernedering het hy op sy aangesig geval en gebid: “Ag, Here Here, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly! Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het? As die Kanaaniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir U grote Naam doen?”UG1 183.1

    “Toe sê die Here vir Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig? Israel het gesondig en het ook My verbond oortree wat Ek hulle beveel het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en ook gelieg en ook onder hulle goed gesit.” Agan het van die goed gesteel wat die Here vir Sy skatkis geheilig het; hy het ook verwarring veroorsaak, omdat hy, toe hy gesien het dat hy die kamp van Israel in die moeilikheid gebring het, nie sy sonde bely het nie; want hy was bewus daarvan dat Josua die woorde van God aan die volk oorgebring het, naamlik dat hulle, as hulle van die goed sou neem wat die Here vir Homself geheilig het, moeilikheid in die kamp van Israel sou bring.UG1 183.2

    Terwyl hy nog besig was om hom te verbly oor die goed wat hy gebuit het, het daar groot ontsteltenis oor nom gekom, want hy het verneem dat daar ondersoek sou ingestel word. Dit het hom baie verontrus. Herhaaldelik het hy aan homself gesê: Wat het dit met hulle te doen? Ek is verantwoordelik vir my eie dade. Ewe gerus, nes of hy van niks weet nie, het hy die skuldige en veroordeel. As hy sy sonde bely het, sou hy miskien nog gered gewees het; maar die sonde het sy hart verhard en hy het steeds sy onskuld betuig. Hy het gemeen dat hy onder die groot skare nie ontdek sou word nie. Die lot is gewerp om die skuldige persoon aan te wys: en die lot het die stam van Juda aangewys. Nou begin Agan se hart te bons van vrees, want hy behoort aan daardie stam; maar nogtans meen hy dat hy sou vryspring. Weer word die lot gewerp, en die gesin waaraan hy behoort word aangewys. In sy bleek gesig kon Josua nou sien dat hy die skuldige is. Weer is die lot gewerp, en Agan word aangewys. Daar staan hy, deur die vinger van God aangewys as die skuldige en die een wat al die moeilikheid veroorsaak het.UG1 183.3

    As daar aan Agan sou gevra gewees het, toe hy op die punt gestaan het om aan die versoeking toe te gee, of hy graag die neerlaag en die dood op Israel wou bring, sou hy geantwoord het: “Nee, nee! is u dienskneg dan ‘n hond dat hy hierdie groot sonde sou doen?” Maar hy het die versoeking oorpeins hoe hy hom sou kon verryk, en toe die geleentheid kom, het hy verder gegaan as wat hy in sy hart voorgeneem het. Dit is op presies dieselfde manier dat lede van die kerk ongemerk voortgelei word om die Gees van God te bedroef, hulle bure tekort te doen en Gods misnoeë op die kerk te bring. Niemand leef vir homself nie. Skande, die neerlaag en die dood is in die kamp van Israel gebring as gevolg van die sonde van een man. Die hand wat hulle in hulle gevegte beskerm het, was nou nie meer oor hulle nie. Verskillende sondes wat deur sogenaamde Christene gekoester en gepleeg word, bring die misnoeë van God op Sy kerk. Die dag as die boeke van die hemel geopen word, sal die Regter nie in woorde die sonde van die mens bekendmaak nie, maar net een deurdringende blik van Hom sal die boosdoener herriner aan elke daad wat hy in sy lewe gepleeg het. Dan sal die skuldige nie soos in die dae van Josua deur die lot aangewys word me, maar hy sal met sy eie lippe sy skuld beken, sy selfsug, sy gierigheid, sy oneerlikheid, sy huigelary en valsheid. Sy sondes, bedek vir die mens, sal as’t ware van die dakke uitgebasuin word.UG1 184.1

    Die gevare wat die kerk die meeste moet vrees, kom nie van die kant van sy openlike vyande, die ongelowiges en godslasteraars nie, maar van die inkonsekente navolgers van Christus. Dit is hulle wat die seën van God van Israel weghou, wat die kerk verswak en ‘n klad daarop bring wat nie maklik uitgewis kan word nie. Terwyl Josua op sy aangesig op die grond gelê het en sy hart in angs en in trane voor God uitgestort het, het die bevel van God gekom: “Staan op! Waarom lê jy op jou aangesig?”UG1 185.1

    Die hedendaagse kerk is vol mense wat, terwyl hulle voorgee om God te dien, diewe, moordenaars, hoereerders en egbrekers is; maar diegene wat aan ons kerk behoort meen dat hulle op ‘n hoër peil staan. Hulle behoort Bybel-Christene te wees; en hulle behoort getrou te wees in die ondersoek van die Bybel. Sorgvuldig, en in gebed, behoort hulle die motiewe agter hulle dade te ondersoek. Diegene wat hulle vertroue in Christus wil stel, behoort die beerlikheid van die kruis steeds te bestudeer. As hulle lewende Christene wil wees, behoort hulle God nou te vrees en te gehoorsaam. As hulle wil, kan hulle hulle siele van die verderf red en eindelik die ewige lewe deelagtig word.UG1 185.2

    Die oneerlikheid wat daar vandag in die wêreld heers, is nie ‘n voorbeeld vir Christene nie. Hulle moenie afwyk van die pad van eerlikheid nie, selfs nie in die kleinste dingetjies nie. Om ‘n artikel te verkoop vir meer as wat dit werd is omdat die kopers onnosel is, is diefstal. Oneerlike winste, behendige kunsies in die besigheid, oordrywing, konkurrensie, om iets goedkoper te verkoop as ‘n broeder wat graag eerlik sake wil doen — al hierdie dinge is verderflik vir die reinheid van die kerk en nadelig vir die geestelike lewe.UG1 185.3

    Die sakewêreld val nie buite die regering van God nie. Christelikheid moet nie net op Sabbatdae getoon word en in die heiligdom geopenbaar word nie; dit moet orals en elke dag geopenbaar word. Die vereistes van die Christelike geloof moet in die werkswinkel, in die huis, en in ons besigheid met ons broeders en die wêreld nagekom word. In die lewens van baie word die Christelike pligte oorskadu deur wêreldsgesindheid. Die godsdiens van Christus sal so ‘n invloed op die hart uitoefen dat dit die hele lewe sal beheers. Mense wat ware Christelikheid besit sal in al hulle besigheidstransaksies net so ‘n heldere besef van reg toon as in hulle gebede voor die genadetroon. Die hele lewe behoort aan God en ons behoort tot verheerliking van Hom te lewe, liewer as om in die diens van Satan te staan en ons medemens tekort te doen.UG1 185.4

    Satan is die raadgewer van sommige. Hy maak hulle wys dat as hulle voorspoedig wil wees, hulle sy raad moet volg: “Moenie te gesteld wees wat jou eer en eerlikheid betref nie; sien gedurig om na jou eie belange en moenie dat jammerhartigheid, teerhartigheid en gulhartigheid die oorhand oor jou kry nie. Jy hoef jou nie te bekommer oor die weduwees en die wese nie. Moet hulle nie aanmoedig om van jou afhanklik te wees nie; laat hulle aan hulle lot oor om vir hulleself te sorg. Moenie verneem of hulle kos het nie en of jy hulle op enige manier kan help nie. Sorg vir jouself. Kry alles in jou besit wat jy kan. Beroof die weduwees en die wese, en doen die vreemdeling tekort, en dan sal jy genoeg hê om in al jou behoeftes te voorsien.” Sommige het hierdie raad aangeneem en Hom verag wat gesê het, “Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om die wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en homself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.”UG1 186.1

    Satan bied die koninkryke van die wêreld aan die mense op voorwaarde dat hulle aan hom die opperheerskappy sal gee. Baie doen dit ten koste van die hemel. Dit is beter om te sterf as om te sondig; dit is beter om gebrek te ly as om ander tekort te doen; dit is beter om honger te ly as om te lieg. Laat almal wat deur Satan versoek word, hom met hierdie woorde afslaan: “Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in Sy wee wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlikeet; gelukkig is jy en dit gaan met jou goed!” Hier is ‘n voorwaarde en ‘n belofte wat gewis is. Vorspoed en geluk sal die lot wees van diegene wat die Here dien.UG1 186.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents