Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SEWEN-EN-TWINTIG—ALGEHELE TOEWYDING

    (Deel I, bls. 240-243.)

    GEAGTE BROEDER EN SUSTER K: In my laaste gesig is daar sekere dinge aan my getoon in verband met julle gesin. Die Here koester gedagtes van genade teenoor julle, en sal julle nie verlaat tensy julle Horn verlaat nie. L en M verkeer in ‘n toestand van louheid. Hulle moet wakkerskrik en pogings maak om gered te word, of hulle sal die ewige lewe verloor. Hulle moet ‘n persoonlike verantwoordelikheidsgevoel asook ‘n eie ondervinding hê. Daar moet ‘n werk in hulle harte gedoen word deur die Heilige Gees van God, wat hulle sal lei om die gemeenskap van Gods volk bo alle ander dinge te soek en lief te hê, en wat hulle sal afskei van diegene wat geen liefde het vir geestelike dinge nie. Jesus verg ‘n volkome opoffering, ‘n aJgehele toewyding. L en M julle het nog nie besef dat God julle hele hart wil hê nie. Julle het ‘n heilige belydenis gedoen, maar nogtans het julle afgedaal tot die peil van die geveinsdes. Julle hou van die geselskap van jongmense wat geen liefde het vir die heilige waarhede wat julle bely nie. Julle het geword soos diegene met wie julle omgaan, en julle is tevrede met net soveel godsdiens as wat julle gewild sal maak by almal sonder om bestraffing te verdien.UG1 187.1

    Christus vra om alles. As Hy minder sou gevra het, dan is die prys wat Hy vir ons verlossing betaal het, te groot. Ons heilige geloof verg afsondering van die wereld. Ons moenie aan die wêreld gelykvormig word, of word soos die liefdelose geveinsdes nie. “Word verander deur die vernuwing van julle gemoed.” Hierdie weg sal opoffering kos. En as julle dink dat die paadjie te nou is en dat daar te veel self opoffering geverg word; as julle sê: Hoe swaar is dit nie om alles op te gee, vra julleself dan die volgende vraag: Wat het Christus vir my opgeoffer? Hierdie vraag stel alle opofferings wat ons kan maak, in die skaduwee. Aanskou Hom in Getsemane waar Hy bloed sweet. Een engel word van die hemel gestuur om die Seun van God te kom versterk. Volg Hom op weg na die geregshof, terwyl Hy bespot en beledig word deur die ongesweepte gepuis. Aanskou Hom, gekleed in daardie purper koninklike kleed. Hoor die wrede bespotting. Sien hoedat hulle die doringkroon op Sy edele hoof plaas en Hom dan slae toedien met ‘n riet, sodat die dorings Sy kopvel deurdring en die bloed oor Sy heilige voorhoof vloei. Hoor hoedat die moordlustige gepeupel roep om die bloed van die Seun van God. Hy word in hulle hande oorgelewer en hulle lei die Lyer weg, bleek, swak en flou, om Hom te gaan kruisig. Aan die kruis word Hy vasgenael deur Sy hande en voete. Aanskou Hom waar Hy daar gedurende daardie vreeslike ure aan die kruis hang, sodat selfs die engele hulle aangesigte bedek vir die afskuwelike toneel, en die son sy aangesig verberg. Dink aan al hierdie dinge, en vra dan: Is die pad te smal? Nee, nee.UG1 187.2

    In ‘n verdeelde, halfhartige lewe, sal julle net twyfeling en duisternis vind. Julle kannie die vertroosting van die godsdiens en terselfdertyd die vrede van die wêreld geniet nie. Moenie in Satan se gemakstoel van niksdoen gaan sit nie, maar staan op en mik na die hoë peil wat julle kan bereik. Dit is ‘n groot voorreg om alles vir Christus op te gee. Moenie na die lewens van ander kyk en moet hulle nie navolg om die hoër peil te bereik nie. Julle het maar een ware en onfeilbare Voorbeeld. Dit is veilig om Jesus alleen na te volg. Neem julle voor om almal te verlaat wat tevrede is om op ‘n lae geestelike peil te bly, en streef na ‘n hoë Christelike karakter. Vorm ‘n karakter wat geskik sal wees vir die hemel. Moenie op julle poste slaap nie. Wees getrou en opreg teenoor julle eie siele.UG1 188.1

    Julle neem deel aan sonde wat julle geestelike lewe sal vernietig. Dit sal julle belangstelling in die heilige Skrif en die skoonheid daarvan verduister. Dit is liefde vir storieboeke, verhale en ander leesstof wat nie ‘n goeie invloed het op die hart wat aan die diens van God toegewy is nie. Dit veroorsaak ‘n valse, ongesonde opwinding wat die verbeelding op hol laat gaan en die verstand ongeskik maak vir geestelike dinge. Dit neem die behoefte vir gebed en ‘n liefde vir die geestelike dinge weg. Leesstof wat die heilige Skrif verklaar en ‘n begeerte by julle aankweek om dit te ondersoek, is nie gevaarlik nie, maar voordelig. In die gesig het ek gesien dat julle oë van die Bybel afgekeer is, en gerig was op opwindende boeke wat ‘n doodsteek is vir die geestelike lewe. Hoe yweriger julle die Skrifte ondersoek, hoe mooier sal dit vir julle word en hoe minder sal julle begeer om ligte lektuur te lees, ‘n Daelikse ondersoek van die Skrifte sal ‘n heiligmakende invloed op julle hart hê. Bind hierdie heilige Boek aan julle harte. Dit sal vir julle ‘n vriend en ‘n gids wees in moeilike dae.UG1 188.2

    Julle het al doelwitte in die lewe gehad waarna julle gestrewe het, en hoe het julle nie volhard en gewerk om daardie doelwitte te bereik nie! Julle het gedink en planne gemaak totdat julle julle doel bereik het. Maar daar is nou ‘n doelwit voor julle wat die moeite werd is om na te strewe solank as julle lewe: dit is naamlik die saligheid van julle siele — die ewige lewe. Maar dit sal opoffering en selfverloëning en ywerige studie kos. Julle moet gereinig en verfynd wees. Julle ontbreek die reddende invloed van die Gees van God. Julle gaan met julle vriende om en vergeet dat julle die naam van Christus genoem het. Julle kleredrag en handelwyse is net soos hulle s’n.UG1 189.1

    Suster K, ek het gesien dat jy ‘n werk het om te doen. Jy moet die hoogmoed afsterwe en jou hele aandag aan die waarheid skenk. Jou ewige welsyn hang af van die weg wat jy inslaan. As jy die ewige lewe wil deelagtig word, moet jy daarvoor lewe en self verloën. Sonder jou af van die wêreld. Jou lewe moet gekenmerk wees deur nugterheid, waaksaamheid en gebed. Engele slaan die ontwikkeling van karakter gade en weeg die sedelike waardes. Al ons woorde en dade word deur God ondersoek. Dit is ‘n vreeslike en ernstige tyd waarin ons lewe. Die hoop op die ewige lewe moet nie lig opgeneem word nie; dis ‘n saak wat tussen jou en God moet uitgemaak word. Sommige wil op die oordeel en ondervinding van ander steun, liewer as om moeite te doen om hulle eie harte grondig te ondersoek, en vir maande en jare sal hulle voortgaan sonder die getuienis van die Gees van God of bewys dat hulle aangeneem is. Hulle bedrieg hulleself. Hulle het ‘n sogenaamde hoop, maar hulle ontbreek die onontbeerlike kwalifikasies van ‘n Christen. Eerste van alles moet daar grondige hartondersoek wees, en dan sal hulle karakter daardie edele en verfynde trekke toon wat die kenmerk is van die ware navolgers van Christus. Dit verg inspanning en sedelike krag om ons geloof uit te lewe.UG1 189.2

    Gods volk is anders. Hulle gees kannie gemeenskap hê met die gees van die wêreld nie. Mens wil nie graag die naam van Christen dra en dit onwaardig wees nie. Mens wil nie graag voor Jesus kom met net die naam van Christen en niks meer nie. Niemand wil graag op so ‘n belangrike punt bedrieg wees nie. Ondersoek die grond van jou hoop deeglik. Handel eerlik met jou eie siel. ‘n Veronderstelde hoop sal jou nooit red nie. Het jy die koste bereken? Ek vrees jy het nie. Besluit nou om Christus te volg, ongeag die koste. Maar jy kan dit nie doen en nog gemeenskap hou met diegene wat onverskillig is wat goddelike dinge betref nie. Net so min as olie en water gemeng kan word, kan jou gees met hulle s’n meng.UG1 190.1

    Dit is ‘n groot saak om ‘n kind van God en ‘n medeerfgenaam met Christus te wees. As jy ‘n kind van God is, sal jy ook deel in die lyding van Christus. God sien die hart aan. Ek het gesien dat jy Sy aangesig ernstig moet soek en op ‘n hoër geestelike peil moet kom, of jy sal sekerlik die ewige lewe verloor. Jy mag die vraag stel: Het Suster White hierdie dinge gesien? Ja! en ek het getrag om dit onder jou aandag te bring en om die indruk wat dit op my gemaak het aan jou oor te dra. Mag die Here jou help om daaraan gehoor te gee.UG1 190.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents