Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Persoonlike Getuienisse

    Die boodskappe aan my gegee vir verskillende persone het ek dikwels vir hulle neergeskryf, en in baie gevalle op hulle eie dringende versoek. Namate my werk uitgebrei het, het dit ‘n belangrike en vermoeiende deel van my werksaamhede geword. Vóór Getuienis No. 15 verskyn het, was daar baie versoeke om skriftelike ge-tuienisse aan my gerig deur diegene wat ek tereggewys en van raad bedien het; maar ek het in ‘n uitgeputte toestand verkeer, weens afmattende arbeid, en ek het vir die taak teruggedeins, veral daar ek bewus was dat baie van die persone onwaardig was en daar min hoop bestaan het dat die gegewe waarskuwings enige merkwaardige verandering in hulle gedrag sou bring. Op hierdie tydstip is ek baie bemoedig deur die volgende droom:UG1 254.1

    “Iemand het my ‘n rol wit stof gebring en aan my gesê dat ek daaruit tabberds moes knip vir persone van verskillende mate, karakters en lewensomstandighede. Aan my is gesê dat ek die stof moes uitknip en ophang, gereed om klaargemaak te word wanneer daar aansoek gedoen word. Ek was onder die indruk dat vele vir wie ek tabberds moes uitknip, onwaardig was. Ek het gevra of dit al stuk materiaal was wat ek sou moes uitknip; die antwoord was, nee, maar dat daar ander stukke vir my was net sodra ek met hierdie een klaar sou wees. Die groot hoeveelheid werk het my ontmoedig; ek het gesê dat ek nou al vir meer as twintig jaar tabberds uitknip, dat my werk nie op prys gestel word nie, en dat ek nie kon sien dat my werk veel goeds uitgerig het nie. Ek het in die besonder oor een vrou gepraat met die persoon wat die materiaal aan my oorhandig het, en vir wie ek ‘n tabberd moes uitknip. Ek het gesê dat sy die tabberd nie op prys sou stel nie en om dit aan haar te gee sou ‘n verkwisting van tyd en van die materiaal wees. Sy was baie arm, swak van verstand, slordig in haar gewoontes en sou dit gou besoedel.UG1 254.2

    “Die persoon se antwoord was: ,knip die tabberds uit — dis jou werk. Die skade is nie joue nie, maar myne. God sien nie soos die mens sien nie. Hy gee die werk wat Hy wil gedaan hê, en jy weet nooit watter sal geluk nie, hierdie of daardie nie. . . .UG1 254.3

    “Ek het toe my vereelde hande, weens die lang hantering van die skêr, getoon en gesê dat ek nie anders kan as terugdeins vir die werk by die gedagte dat daar geen verposing sou wees nie. Die persoon het herhaal,UG1 255.1

    “ ,Knip die tabberds uit. Die tyd van jou aflossing het nog nie aangebreek nie.’UG1 255.2

    “Met ‘n gevoel van groot vermoeienis het ek opgestaan om die werk te hervat. Voor my het ‘n nuwe blink skêr gelê, wat ek begin hanteer het. Plotseling het die gevoel van vermoeienis en moedeloosheid my verlaat; dit het geskyn asof die skêr byna sonder enige inspanning van my kant geknip het en ek het die een tabberd na die ander met gemak uitgeknip.”UG1 255.3

    Dáar is baie drome wat deur die alledaagse dinge van die lewe veroorsaak word en waarmee die Gees van God niks te doen het nie. “Daar is ook valse drome, sowel as valse gesigte, wat deur die gees van Satan ingegee is. Maar drome wat van God kom, word in die Woord van God op gelyke voet gestel met gesigte, en is net so seker die vrug van die Gees van profesie as wat gesigte is. Sulke drome, met inagneming van die persone wat hulle ontvang, en die omstandighede waaronder hulle gegee is, bevat op sigself die bewys van hulle egtheid.”UG1 255.4

    Aangesien die waarskuwing en voorligting wat in ge-tuienisse aan sekere persone voorkom, ook van toepassing is op baie ander wat nie spesiaal op hierdie manier aangewys word nie, het ek dit as my plig geag om die persoonlike getuienisse in druk uit te gee tot voordeel van die kerk. In Getuienis No. 15, waarin ek van die noodsaaklikheid hiervan praat, het ek gesê: “Ek weet van geen beter manier om my gesigte aangaande algemene gevare en dwalinge, asook die pligte van almal wat God lief het en Sy gebooie onderhou, bekend te maak nie as deur middel van hierdie getuienisskrifte nie. Daar is seker nie ‘n beter en doelmatiger manier om die dinge bekend te maak wat die Here aan my getoon het nie.”UG1 255.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents