Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Onderwerpe vir Sabbatsgesprekke

    As die weer mooi is, kan ouers hulle kinders uitneem in die lande en onder die bome. Daar te midde van die natuurskoon kan u hulle vertel van die doel van die Sabbatsinstelling. Beskryf die groot skeppingswerk van God vir hulle. Vertel hulle dat die aarde, toe dit van Gods hand gekom het, heilig en pragtig was. Elke blom, elke bossie, elke boom, het beantwoord aan die doel van die Skepper. Alles wat die oog aanskou het, was heerlik, en het die hart vervul met gedagtes van die liefde van God. Daar was geen enkele wanklank nie. Wys hulle daarop dat dit die sonde is wat Gods volmaakte skepping bederf het; dat dorings en distels, droefheid en pyn en die dood, alles die gevolg is van ongehoorsaamheid aan God. Wys hulle daarop hoedat die aarde, alhoewel deur die vloek van die sonde geskend, nog die goedheid van God openbaar. Die groen velde, hoë bome, die heerlike sonskyn, die wolke, die dou, die plegtige stilte van die nag, die heerlikheid van die sterrehemel, en die maan in sy skoonheid, alles getuig van die Skepper. Daar val geen druppel reent nie en geen ligstraal skyn op ons ondankbare aarde nie, of hulle getuig van die verdraagsaamheid en die liefde van God.UG1 40.4

    Vertel hulle van die weg van saligheid; hoedat God die wêreld so liefgehad het “dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3:16. Vertel die lieflike verhaal van Bethlehem. Stel Jesus aan u kinders voor, as ‘n kind wat gehoorsaam was aan Sy ouers, as ‘n vlytige jong man wat gehelp het om die familie te onderhou. Op hierdie manier kan u aan hulle verstand bring dat die Heiland die beproewings, benoudhede, versoekings, hoop en vreugde van die jongmense ken, en dat Hy hulle sal help en met hulle medelye sal hê. Lees saam met hulle van tyd tot tyd die interessante verhale van die Bybel. Stel vrae omtrent wat hulle in die Sabbatskool geleer het, en leer saam met hulle die les vir aanstaande week.UG1 41.1

    As die son ondergaan moet die heilige ure afgesluit word met ‘n lied en gebed; waarin die Here uitgenooi word om met u te wees in die werksaamhede van die volgende week.UG1 41.2

    Sodoende kan ouers die Sabbat die beste dag van die week maak — soos dit ook behoort te wees. Hulle kan hulle kinders lei om dit as ‘n verlusting te beskou, die dag van die dae, die heilige van die Here eerwaardig.UG1 41.3

    Ek beveel u, my broeders en susters, “Dink aan die Sabbatdag, dat jy dit heilig.” As u verlang dat u kinders die Sabbat sal vier volgens die gebod, moet u hulle deur voorbeeld en gebod leer. Waarhede wat diep in die hart ingeskryf word, kan nooit heeltemal uitgewis word nie. Dit mag bedolwe raak, maar kan nooit uitgedelg word nie. Die indrukke wat in die eerste lewensjare gemaak word, sal op latere leeftyd vrugte afwerp. Daar mag omstandighede ontstaan wat kinders van hulle ouers en die ouerhuis skei, maar so lank as hulle leef sal die onderrig wat in hulle kinderen jongelingsjare gegee is, vir hulle ‘n seen wees.UG1 42.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents