Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SEWE—DAELIKSE ONDERSOEK VAN DIE BYBEL

    (Deel V, bls. 573-580.)

    DIEGENE wat geroep is om die Woord te bedien, behoort gedurig te leer. Hulle moet gedurig trag om hulleself te verbeter sodat hulle voorbeelde vir die kudde van God kan wees en goed kan doen aan almal met wie hulle in aanraking kom. Diegene wat nie die belangrikheid besef van vooruitgang en ontwikkeling nie, sal nie in die genade en kennis van Christus toeneem nie.UG1 61.1

    Die hele hemel stel belang in die werk wat op hierdie aarde aangaan en wat manne en vroue moet voorberei vir die toekomstige ewige lewe. Dit is die doel van God dat menslike werktuie die groot eer sal hê om medewerkers van Jesus Christus te wees in die redding van siele. Die woord van God openbaar duidelik dat dit die voorreg van die werktuig in hierdie groot werk is om te besef dat daar een aan sy sy is wat gereed is om hom by te staan in elke opregte poging om die hoogste peil te bereik in die werk van die Meester. Dit sal die geval wees met almal wat hulle behoefte aan hulp besef. Hulle behoort die werk van God as heilig te beskou, en moet elke dag offers van dank en erkentenis bring, in ruil vir die krag van Sy genade wat hulle in staat stel om vordering te maak in die goddelike lewe.UG1 61.2

    Die werker moet nooit ‘n hoë dunk van homself hê nie, veral waar hy nadink oor die baie kanse wat hy laat verbygaan het omdat daar by hom ‘n gebrek aan ywer was, en omdat hy die werk nie reg waardeer het nie. Hy moet nie ontmoedig word nie, maar moet homself gedurig beywer om die tyd uit te koop.UG1 61.3

    Die manne wat deur God gekies is om Sy diensknegte te wees, moet hulleself voorberei vir die werk deur hulle harte deeglik te ondersoek en deur in noue aanraking te kom met die Verlosser van die wêreld. As hulle nie suksesvol is in die win van siele tot Christus nie, dan is dit omdat hulle eie siele nie reg is met God nie. Daar is heeltemal te veel moedswillige onkunde aan die kant van ‘n groot aantal wat die Woord verkondig. Deur ‘n gebrek aan ‘n grondige besef van die Skrifte is hulle onbekwaam vir die werk. Hulle besef nie die belangrikheid van die waarheid vir hierdie dae nie, en daarom is die waarheid vir hulle nie ‘n lewende werklikheid nie. As hulle hulleself voor God sou verootmoedig; as hulle volgens die Skrifte sou wandel in alle nederigheid van gemoed, sou hulle ‘n beter begrip kry van die Voorbeeld wat hulle moet volg; dog hulle is nalatig om hulle oë op die Leidsman en Voleinder van hulle geloof te vestig.UG1 61.4

    Dit is nie nodig dat iemand aan die versoekings van Satan moet toegee en sodoende sy gewete verkrag en die Heilige Gees bedroef nie. Daar is alle voorsiening gemaak in die Woord van God waardeur almal goddelike hulp kan kry in die stryd om te oorwin. As hulle hulle oë op Jesus gevestig hou, sal hulle tot Sy beeld verander word. Almal wat Christus deur die geloof in hulle het, het ‘n krag wat hulle in hulle werk sal suksesvol maak. Hulle sal gedurig meer bevoeg word vir hulle werk, en die seen van God, wat gesien sal word in die vooruitgang van die werk, sal getuig dat hulle waarlik medewerkers met Christus is.UG1 62.1

    Maar al maak iemand ook hoeveel vordering in die geestelike lewe, sal hy nooit die plaas bereik waar hy nie die Skrifte naarstiglik behoort te ondersoek nie; want dit is daar waar ons die bewyse van ons geloof vind. Alle leerstellings, al neem ons hulle ook aan as die waarheid, moet getoets word aan die wet en aan die getuienis; as hulle hierdie toets nie kan deurstaan nie is daar geen lig in hulle nie.UG1 62.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents