Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoe Belangrik ‘n Ondersoek van die Verlossingsplan is

    Die heerlike verlossingsplan, soos geopenbaar in die boodskap vir hierdie laaste dae, behoort deur ons aandagtiglik ondersoek te word. Die tonele in verband met die hemelse heiligdom behoort so ‘n indruk op die gemoedere en harte van almal te maak, dat hulle weer ‘n indruk op ander kan maak. Almal behoort ‘n beter besef te kry van die versoeningswerk wat nou in die hemelse heiligdom aan die gang is. As ons hierdie groot waarheid sien en verstaan, sal diegene wat dit ken, saam met Christus werk om ‘n volk voor te berei om in die groot dag van God te staan, en hulle pogings sal suksesvol wees.UG1 62.3

    Deur studie, nabetragting en gebed, sal Gods volk bo die aardse gedagtes en gevoelens verhef word, en sal in harmonie met Christus gebring word in Sy groot werk om die hemelse heiligdom van die sondes van die volk te reinig. Deur geloof sal hulle met Hom in die heiligdom ingaan, en die aanbidders hier op aarde sal hulle lewens daar noukeurig nagaan, en hulle karakters toets aan die groot maatstaf van geregtigheid. Hulle sal hulle eie gebreke sien; hulle sal ook besef dat hulle die hulp van die Gees van God nodig het as hulle bevoeg wil wees tot die groot en plegtige werk wat in hierdie dae op die skouers van Gods gesante geplaas word.UG1 63.1

    Christus het gesê: “As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle self nie. Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal Hom opwek in die laaste dag. Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik drank. Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My, en Ek in Hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal Hy wat My eet, ook deur My lewe.” Joh. 6: 53-57. Hoeveel is daar van diegene wat die Woord bedien, wat die vlees van Christus eet en Sy bloed drink? Hoeveel is daar wat hierdie verborgenheid kan verstaan? Die Heiland verklaar self die saak: “Dit is die Gees wat lewendig maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek vir julle sê is gees en lewe” Joh. 6: 63.UG1 63.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents