Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Tot Verheerliking van God

    Ons lê nie vaste reels neer in verband met diëet nie; maar dit sê ons: dat in lande waar daar volop vrugte, graan en neute is, is vleis nie die regte voedsel vir Gods volk nie. Aan my is opgedra om te sê dat vleis ‘n neiging het om die menslike natuur te verdierlik, en om manne en vroue te beroof van die liefde en medelye wat hulle teenoor elkander behoort te koester; en ook dat dit die laer hartstogte die oorhand gee oor die hoër kragte van die wese. As vleis-eet ooit gesond was, dan is dit vandag nie meer veilig nie. Kankers, gewasse en longaandoenings word grotendeels veroorsaak deur die gebruik van vleis.UG1 75.2

    Ons moet vleis-eet nie ‘n toets vir lidmaatskap maak nie, maar ons behoort die invloed wat sogenaamde gelowiges uitoefen op ander nie uit die oog te verloor nie. Sal ons nie, as Gods boodskappers, die volk toeroep: “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” 1 Kor. 10: 31. Sal ons nie ‘n besliste houding inneem teen die botsiering van ‘n verdorwe aptyt nie? Sal diegene wat evangeliedienaars is en die plegtigste boodskap verkondig wat nog nooit aan sterwelinge toevertrou is die voorlopers wees terug na die vleispotte van Egipte? Sal dié wat deur die tiendes uit Gods skathuis onderhou word, toelaat dat die lewegewende stroom wat deur hulle are bruis, deur selfbevrediging vergiftig word? Sal hulle die lig en die waarskuwing, deur God gegee, minag?UG1 75.3

    Liggaamlike gesondheid moet as onontbeerlik beskou word vir die toename in genade en die verkryging van ‘n goeie humeur. As die maag nie goed versorg is nie, sal die vorming van ‘n opregte, sedelike karakter verhinder word. Die brein en die senuwees verkeer in simpatie met die maag. As ons verkeerd eet en drink, sal ons verkeerd dink en handel.UG1 76.1

    Almal word nou getoets en op die proef gestel. Ons is in Christus gedoop, en as ons ons deel doen deur onsself af te skei van alles wat ons kan verlaag en ons maak wat ons nie behoort te wees nie, sal daar aan ons krag geskenk word om in Christus, ons lewende Hoof, op te was, en ons sal die saligheid van God aanskou.UG1 76.2

    Slegs as ons volkome ingelig is aangaande die beginsels van gesondheidshervorming kan ons die onheile van ‘n verkeerde diëet besef. Diegene wat, na hulle hulle foute ingesien het, die moed het om hulle gewoontes te verander, sal uitvind dat die hervormingsproses, stryd en volharding vereis; maar wanneer die regte smaak eenmaal aangekweek is, sal hulle ontdek dat die voedsel wat hulle voorheen as skadeloos beskou het, stadig dog seker die fondament gelê het vir slegte spysvertering en ander kwale.UG1 76.3

    Vaders en moeders, waak in die gebed. Wees op u hoede vir onmatigheid in enige vorm. Leer u kinders die beginsels van ware gesondheidshervorming. Leer hulle watter dinge om te vermy ten einde hulle gesondheid te beveilig. Alreeds word die grimmigheid van God uitgestort op die kinders van ongehoorsaamheid. Watter misdade sondes en ongeregtighede word nie aan alle kante aan die lig gebring nie! As ‘n volk moet ons die grootste sorg dra om ons kinders te beskerm teen ontaarde maats.UG1 76.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents