Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Uiterstes in die Diëet

    Terwyl sommige mense hulle met nougesetheid onthou van nadelige voedsel, is hulle nalatig in die gebruik van voedingstowwe wat onontbeerlik is vir die instandhouding van die liggaam. Diegene wat geneig is om ge-sondheidshervorming te oordryf, loop gevaar om smaaklose geregte te berei wat nie bevredig nie. Voedsel moet op so ‘n manier berei word dat dit smaaklik sowel as voedsaam is. Dit moet nie van die bestanddele beroof word wat die gestel nodig het nie. Ek gebruik ‘n bietjie sout, en het dit altyd gedoen, omdat sout nie skadelik nie, maar onontbeerlik is vir die bloed. Groente moet smaaklik gemaak word deur ‘n bietjie melk of room by te voeg, of iets dergeliks.UG1 77.3

    Ofskoon daar gewaarsku is teen die gevaar van siekte as gevolg van die gebruik van botter, asook die onheile van ‘n te milde gebruik van eiers deur klein kinders, moet ons dit nogtans nie beskou as ‘n verkragting van beginsel om eiers van goedversorgde en behoorlik-gevoerde hoenders te gebruik nie. Eiers bevat bestanddele wat sekere vergifte teenwerk.UG1 78.1

    Deur hulleself te onthou van melk, eiers en botter het sommige in gebreke gebly om die gestel van behoorlike voedsel te voorsien, en as gevolg het hulle swak, en onbekwaam vir hulle werk geword. Op hierdie wyse word gesondheidshervorming in onguns gebring. Die werk wat ons probeer opbou het op ‘n gesonde basis, word verwar met vreemde dinge wat God nie van ons verlang nie, en die ywer van die kerk word verlam. Maar deur Sy tussenkoms sal God hierdie uiterste beskouings teëgaan. Die doel van die Evangelie is om die sondige geslag eensgesind te maak — om ryk en arm saam te bring aan die voete van Jesus.UG1 78.2

    Die tyd sal kom wanneer ons dinge soos melk, room en eiers, wat ons nou gebruik, miskien sal moet opgee; maar dis nie nodig om onsself moeilikheid op die nek te haal deur ontydige en uiterste beperkings nie. Wag tot omstandighede dit vereis, en die Here die weg aanwys.UG1 78.3

    Diegene wat suksesvol wil wees in die verkondiging van beginsels van gesondheidshervorming, moet Gods Woord neem as gids en raadsman. Alleen wanneer hulle dit doen, sal hulle vaste grond hê om op te staan. Laat ons nooit teen gesondheidshervorming getuig deur na te laat om gesonde, smaaklike voedsel te gebruik in die plek van die skadelike voedsel wat ons opgegee het nie. Moet op geen manier ‘n smaak aankweek vir prikkelende dinge nie. Eet slegs eenvoudige, gesonde voedsel, en dank God gedurig vir gesondheidshervorming. Wees in alle dinge getrou en opreg, en u sal heerlike oorwinnings behaal.UG1 78.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents