Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Soek Sondaars op

    Die dissipels moes nie wag vir die volk om na hulle toe te kom nie; hulle moes na die volk gaan en sondaars opsoek soos ‘n herder soek na verlore skape. Christus het die hele wêreld as arbeidsveld vir hulle aangewys. Hulle opdrag was: “Gaan die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” (Mark. 16: 15.) Hulle moes van die Saligmaker preek — van Sy lewe van onselfsugtige diens, Sy skanddood, en Sy weergalose, onveranderlike liefde. Sy naam moes hulle wagwoord wees — die band wat hulle sou verenig. In Sy naam moes hulle die vestings van die sonde inneem. Geloof in Sy naam moes hulle kenmerk as Christene.UG1 14.1

    Verder het Christus aan Sy dissipels gesê: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuie wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.” “Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.” Hand. 1:8; Luk. 24: 49.UG1 14.2

    Gehoorsaam aan die woord van hulle Meester, het die dissipels in Jerusalem bymekaar gekom om te wag op die vervulling van Gods belofte. Hier het hulle tien dae deurgebring — dae van grondige selfondersoek. Hulle het alle geskilpunte uit die weg geruim, en die bande van Christelike broederskap nouer getrek.UG1 14.3

    Na verloop van tien dae het die Here Sy belofte vervul deur ‘n wonderbaarlike uitstorting van Sy Gees. “En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.” “En daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.” Hand. 2: 2-4, 41.UG1 14.4

    “Maar hulle het uitgegaan en orals gespreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” Mark. 16: 20. Ondanks die felle teenstand wat die dissipels moes verduur is die evangelie van die koninkryk, in ‘n kort tydjie, na al die bewoonde dele van die aarde geneem.UG1 14.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents