Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK ELF—DIE BELANGRIKHEID VAN DIE KOLPORTEERWERK

    (Deel V, bls. 396-407.)

    BAIE doeltreffender werk as wat reeds gedoen is, kan op hierdie gebied gedoen word. Die kolporteur moenie tevrede wees as hy nie gedurig vordering maak nie. Hy moet deeglik voorbereiding maak. Hy moenie tevrede wees met ‘n afgesaagde deuntjie nie; maar hy moet die Here kans gee om met hom te werk en ‘n indruk op sy verstand te maak. Die liefde van Jesus in sy hart sal hom in staat stel om planne te maak waardeur hy indiwidue en huisgesinne sal kan bereik.UG1 87.1

    Kolporteurs het behoefte aan selfontwikkeling en deftige maniere — nie die aangematigde en gekunstelde maniere van die wêreld nie, maar die aangename maniere wat die natuur like gevolg is van ‘n vriendelike gemoed en ‘n begeerte om die voorbeeld van Christus na te volg. Hulle behoort bedagsaamheid en sorgsaamheid aan te kweek, asook naarstigheid en onderskeidingsvermoë, en hulle moet trag om God te verheerlik deur die hoogste trap van ontwikkeling te bereik. Jesus het ‘n oneindige opoffering gemaak om hulle in die regte verhouding tot God en hulle medemens te bring, en goddelike hulp, verbind met menslike pogings, sal hulle in staat stel om ‘n hoë peil te bereik. Die kolporteur behoort soos Josef, rein te wees, sagmoedig soos Moses, en matig soos Daniël; dan sal daar ‘n krag van hom uitgaan waar hy ook al gaan.UG1 87.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents