Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Waarde van Eerlikheid

    As die kolporteur ‘n verkeerde weg inslaan, as hy leuens vertel of met bedrog omgaan, verloor hy sy selfrespek. Hy mag nie bewus daarvan wees dat God hom sien en al sy besigheid ken nie, dat heilige engele sy beweegredes opweeg en na sy woorde luister nie, en dat sy loon volgens sy werke sal wees nie; dog al sou dit moontlik wees om sy wandade vir God en mens te verberg, het die feit dat hy self daarmee bekend is ‘n verlagende invloed op sy hart en karakter. Een daad beslis nie die karakter nie, maar dit breek die mure af, sodat daar makliker toegegee word aan die volgende versoeking, totdat skelmstreke en oneerlikheid ‘n gewoonte geword het en daar nie meer vertroue in hom gestel kan word nie.UG1 87.3

    Daar is te veel in huisgesinne en in die kerk wat teenstrydighede as kleinigheidjies beskou. Daar is jongmanne wat nie is soos hulle uiterlik voorkom nie. Hulle lyk eerlik en opreg, maar hulle is soos witgepleisterde graftes, mooi van buite, maar binnekant geheelenal verrot. Die hart is besoedel en bevlek met sonde; dit is wat teen hulle in die hemelse boeke aangeteken is. Daar het iets in hulle hart aangegaan wat hulle hard en gevoelloos gemaak het. Maar as hulle karakters, in die weegskaal van die heiligdom geweeg, in die vreeslike dag van God te lig bevind word, sal hulle tot ‘n verskriklike ontnugtering kom. Waarheid, kostelike, onbevlekte waarheid, behoort deel van die karakter te wees.UG1 88.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents