Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Werwing van Intekenaars op Tydskrifte

    Dit was ‘n fout om intekenaars vir ons tydskrifte net vir ‘n paar weke te werf, wanneer daar, met ‘n bietjie inspanning, intekenaars vir baie langer tydperke gewerf kon gewees het. Een jaarlikse subskripsie is meer werd as baie vir ‘n kort tydperk. As daar maar net vir ‘n paar maande op ‘n blad ingeteken word, hou die belangstelling gewoonlik op na verloop van die intekenperiode. Daar is maar min wat hulle intekening hernuwe, en dus word daar veel tyd bestee met baie swak resultate, waar ons anders met ‘n weinig meer takt en volharding jaarlike intekenaars kon gewerf het.UG1 90.3

    Julle mik te laag, broeders; julle planne is te eng. Julle bestee nie aan julle werk die takt en volharding wat dit vereis nie. Daar is meer moeilikhede aan hierdie werk verbonde as aan ander takke van besigheid; dog die lesse wat geleer en die takt en dissipline wat opgedoen sal word, sal julle geskik maak vir ander soorte werk waar julle vir siele kan arbei. Diegene wat stadig is om te leer en wat die mense op ‘n onverskillige en kortaf manier nader, sal, as hulle die evangeliebediening opneem, dieselfde gebreke toon en dieselfde gemis aan takt aan die dag lê waar hulle met siele in aanraking kom.UG1 91.1

    Hoewel intekengeld vir kort tydperke aangeneem word, is daar sommige wat geen pogings maak om dit vir langer tydperke te kry nie. Kolporteurs moenie hulle terrein op ‘n onverskillige en traakmyagtige manier bewerk nie. Hulle behoort te voel dat hulle werkers van God is, en die liefde vir siele behoort hulle te beweeg om alle pogings aan te wend om die waarheid aan manne en vroue te verkondig. Voorsienigheid en genade, middele en doeleindes staan in direkte verhouding tot mekaar. As Sy arbeiders hulle uiterste bes doen, dan doen God vir hulle wat hulle nie self kan doen nie; maar niemand hoef te dink dat hy sonder hulp en op eie houtjie sal slaag nie. Daar moet gewerk word met ‘n vaste vertroue in God.UG1 91.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents