Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Laakbare Metodes

    Diegene wat ware nederigheid besit en wie se verstand verruim is deur die waarhede van die evangelie, sal ‘n invloed uitoefen wat gevoel sal word. Hulle sal ‘n indruk maak op die gemoed en hart, en hulle sal deur ‘n menigte gerespekteer word, selfs deur diegene wat geen simpatie met hulle geloof het nie. Met die waarhede van die Bybel en met ons waardevolle leesstof, sal hulle sukses hê, want die Here sal die weg voor hulle oopmaak.UG1 93.1

    Maar om ons leesstof op die mense af te dwing deur middel van gifte of bonusse sal nie ‘n duursame invloed vir die goeie hê nie. As ons werkers sou uitgaan met vertroue in die waarhede van die Bybel, met liefde vir Christus en vir siele in hul harte, sal hulle meer uitrig in die werwing van permanente intekenaars as om op bonusse of lae pryse te steun. Om hierdie dinge te veel op die voorgrond te bring, gee die indruk dat die blaaie op sigself nie eintlik waarde besit nie. Die resultate sal bevredigender wees as die blad self sou aanbeveel word, en die geld wat aan bonusse bestee word kan gebruik word om vry eksemplare te verskaf. As bonusse aangebied word, is dit moontlik dat sommige die blad sal neem wat dit anders nie sou geneem het nie, en ander sal weier om dit te neem omdat hulle dink dat dit ‘n spekulasie is. As die kolporteur die verdienstes van die blad self sou voorstel, met sy hart steunende op God vir sukses, en nie soseer op die bonusse nie, sou daar meer uitgerig word.UG1 93.2

    In ons dae word die nietige dingetjies aanbeveel en vergroot. Daar is aanvraag vir enigiets wat ‘n sensasie sal verwek en goed sal verkoop. Die land is oorstroom van waardelose publikasies wat geskryf is net om geld te maak, terwyl boeke wat waarlik goed is nie verkoop en nie gelees word nie. Diegene wat sulke leesstof verkoop net om meer geld te maak, mis ‘n kosbare geleentheid om goed te doen. Daar moet gestry word om die aandag van manne en vroue te trek en om hulle belangstelling op te wek in die regtige goeie boeke wat die Bybel as fondament het; en dit sal nog ‘n groter taak wees om pliggetroue, godvresende werkers te vind wat sal uitgaan om met hierdie boeke te kolporteer met die doel om lig te versprei.UG1 93.3

    Die werker wat die saak van God op sy hart het, sal nie op die hoogste salaris aandring nie. Hy sal nie ‘n pleidooi lewer, soos party jongmense gedoen het nie, dat as hy nie van die beste kan aantrek, en by die beste hotels tuisgaan nie, hy nie ondersteuning sal kry nie. Wat die kolporteur nodig het, is nie ‘n onbesproke kleredrag of die bekwaamheid en behendigheid van ‘n nar of windmaker nie, maar daardie eerlikheid en opregtheid wat in sy gelaat sal weerkaats word. Vriendelikheid en sagmoedigheid laat hulle spore op die gelaat na, en die geoefende oog sien geen bedrog en bespeur geen verwaandheid nie.UG1 94.1

    ’n Hele aantal het kolporteurs geword by wie die bonusse die enigste middel tot sukses is. Hulle besit geen ware bevoegdheid as werkers nie. Hulle het geen ondervinding in praktiese godsdiens nie; hulle het dieselfde foute, dieselfde smaak en botvier dieselfde luste wat hulle gekenmerk het voordat hulle Christene geword het. Van hulle kan gesê word dat God nie in hulle gedagtes is nie; Hy het geen verblyfplek in hulle harte nie. Daar is iets kleins, aards, ‘n laagheid in hulle karakter en gedrag wat teen hulle getuig dat hulle hulle eie harte en hulle eie pad volg. Hulle wil nie selfverloëning beoefen nie, maar is vasbeslote om die lewe te geniet. Die hemelse skat het geen aantrekkingskrag vir hulle nie; hulle hele smaak is aards, nie hemels nie. Vriende en bloedverwante kan sulke persone nie verhef nie, want hulle het nie ‘n begeerte om die slegte te verag en die goeie te kies nie.UG1 94.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents