Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Koester ‘n Gees van Selfverloëning

    Elke kerklid behoort ‘n gees van selfopoffering te koester. In elke gesin behoort daar selfverloëning aangekweek te word. Vaders en moeders, leer u kinders om te besuinig. Moedig hulle aan om hulle pennies op te spaar vir die sending. Christus is onse voorbeeld. Terwille van ons het Hy arm geword, sodat ons deur Sy armoede ryk kon word. Hy het geleer dat almal in liefde en eensgesindheid bymekaar moes kom, om te werk soos Hy gewerk het, op te offer soos Hy opgeoffer het, en lief te hê soos die kinders van God.UG1 104.1

    My broeders en susters, u moet gewillig wees om self tot bekering te kom ten einde die selfverloëning van Christus te beoefen. Trek u eenvoudig dog netjies aan. Bestee so min geld moontlik aan uself. Hou in u huis ‘n bussie waarin u die geld kan doen wat u deur selfverloëning opspaar. Doen daeliks ‘n beter kennis op van die Woord van God en neem elke geleentheid tebaat om die kennis van u opgedoen aan ander mee te deel. Moenie moeg word om goed te doen nie, want God deel gedurig die seen van Sy Gawe aan die wêreld aan u mee. Werk saam met die Here Jesus, en Hy sal u die onskatbare lesse van Sy liefde leer. Die tyd is kort; op die gesette tyd, wanneer tyd nie meer sal wees nie, sal u u loon ontvang.UG1 104.2

    Aan diegene wat God opreg lief het en die middele het, is ek gelas om te sê: Nou is die tyd vir u om u middele te bestee aan die onderhoud van die werk van die Here. Nou is die tyd om die hande van die predikante op te hou in hulle selfopofferende pogings om verloregaande siele te red. As u in die hemelse howe die siele ontmoet wat u gehelp het om te red, sal dit nie vir u ‘n heerlike loon wees nie?UG1 104.3

    Laat niemand sy pennies terughou nie, en laat diegene wat baie het hulle verbly dat hulle in die hemel skatte kan vergader wat nooit sal opraak nie. Die geld wat ons aan die saak van die Here weier, sal vergaan; dit sal geen rente verdien in die bank van die hemel nie.UG1 105.1

    In die volgende woorde beskryf die apostel Paulus diegene wat God se deel terughou: “Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.” 1 Tim. 6: 9, 10.UG1 105.2

    Dit beteken veel om langs alle waters te saai. Dit beteken dat ons gedurig gifte en offerandes moet gee. God sal dit so beskik dat Sy getroue rentmeester van alles volop sal hê sodat hy vrugbaar kan wees tot alle goeie werk. “Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, Hy het aan die armes gegee, Sy geregtigheid bly tot in ewigheid. En mag Hy wat saad aan die saaier verskaf, ook brood verskaf om te eet, en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.” 2 Kor. 9: 9, 10. Die saad wat met ‘n voile, mildelike hand gesaai word, sal deur die Here versorg word. Hy wat saad aan die saaier gee, stel Sy werkers in staat om met die Gewer van die saad saam te werk.UG1 105.3

    Die Here versoek Sewende-dag Adventiste nou, orals, om hulleself aan Hom toe te wy en om hulle uiterste bes te doen, volgens hulle vermoëns, om Sy werk voort te help. Deur hulle vrygewigheid in gawes en offerandes, verlang Hy dat hulle hulle waardering van Sy seëninge en hulle dankbaarheid vir Sy genade sal toon.UG1 105.4

    My liewe broeders en susters, al die geld wat ons het, behoort aan die Here. Ek doen nou, in die naam van die Here, ‘n beroep op u om saam te span om die werksaamhede wat ons volgens die raad van die Here aangepak het, op ‘n suksesvolle wyse te voleindig. Laat ons nie die werk om gedenktekens vir die Here op baie plekke op te rig, moeilik en swaar maak deur die nodige middele terug te hou nie. Moenie diegene wat worstel om belangrike ondernemings, groot of klein, vir die Here uit te voer, ontmoedig omdat ons traag is om saam te staan ten einde die ondernemings ‘n sukses te maak nie. Laat al ons mense opstaan en sien wat hulle kan doen. Laat hulle toon dat daar onder Sewende-dag Adventiste, eendrag en mag is.UG1 105.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents