Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Onveranderlike Belofte

    Christus het ten voile voorsiening gemaak vir die voortsetting van die taak aan Sy dissipels toevertrou, en Hy het die verantwoordelikheid vir die sukses daarvan op Homself geneem. Solank as hulle Sy woord gehoorsaam en met Hom saamwerk, kan hulle nie ‘n mislukking wees nie. Gaan tot die hele mensdom is Sy bevel. Gaan na al die uithoekies van die bewoonde aarde, dog weet dat Ek daar sal teenwoordig wees. Doen julle werk in geloof en vertroue, want die tyd sal nooit aanbreek dat Ek julle sal verlaat nie.UG1 16.1

    Ook aan ons is die belofte van Christus se blywende teenwoordigheid gegee. Die verloop van tyd het geen verandering gebring in Sy afskeidsbelofte nie. Hy is met ons vandag net so seker as wat Hy met Sy dissipels was, en Hy sal met ons wees “tot aan die voleinding van die wêreld.”UG1 16.2

    “Gaan verkondig die evangelie aan die ganse mensdom,” sê die Heiland aan ons, “sodat hulle ook kinders van God kan word. Ek is met julle in hierdie werk, en sal julle leer, lei, vertroos, versterk, en sukses gee in julle diens van selfverloëning en opoffering. Ek sal harte aanraak, van sonde oortuig, hulle bekeer van duisternis tot lig, en van ongehoorsaamheid tot geregtigheid. In My lig sal hulle lig sien. Sataniese werktuie sal julle teenstaan, maar vertrou op My. Ek sal julle nooit in die steek laat nie.”UG1 16.3

    Dink julle nie dat Christus diegene wat heeltemal vir Hom lewe, waardeer nie? Dink julle nie dat Hy diegene, wat soos die geliefde Johannes, hulle om Sy ontwil in swaar en moeilike plekke bevind, besoek nie? Hy soek Sy getroues op, en hou gemeenskap met hulle, bemoedig en versterk hulle. En engele van God — kragtige helde, word deur God gestuur om Sy menslike werktuie, wat die waarheid verkondig aan diegene wat dit nie ken nie, te bedien.UG1 16.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents