Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Samewerking van Hemelse Wesens

    Hemelinge staan gereed om saam te werk met menslike werktuie om aan die wêreld te openbaar wat menslike wesens kan word, en wat hulle, deur middel van hulle invloed, kan uitrig tot die redding van siele wat op die punt staan om verlore te gaan. Hy wat waarlik bekeerd is, sal so vervul wees met die liefde van God dat hy sal verlang om aan ander die blydskap wat hyself ken, mee te deel. Die Here wil dat Sy kerk die sieraad van heiligheid aan die wêreld moet toon. Die kerk moet die krag van die Christelike godsdiens toon. Die hemel moet in die karakter van Christene weerkaats word.UG1 111.3

    Die danken loflied moet deur diegene wat in duisternis verkeer, gehoor word. Ons moet ons dank betuig vir die blye boodskap van die evangelie, vir die beloftes en versekerings daarvan, deur te trag om aan ander goed te doen. Die verrigting van hierdie werk sal strale van hemelse geregtigheid bring aan vermoeide, benoude en lydende siele. Dit is soos ‘n fontein wat geopen is vir matte, dorstige reisigers. By elke werk van genade, en elke werk van liefde, is daar engele van God teenwoordig.UG1 112.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents