Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Gevolg van Toegewyde Werk

    Laat geheiligde talente aangewend word in die werk van die verkondiging van die waarheid vir hierdie dae. As die magte van die vyand nou oorwin, sal dit wees omdat die kerke nagelaat het om die werk te doen wat God aan hulle opgedra het. Vir jare is die werk ons voorgehou, maar vele was aan die slaap. As Sewendedag Adventiste nou sou wakker skrik en die werk wat aan hulle opgedra is, sou doen, sou die waarheid op heldere en duidelike wyse in die krag van die Gees in ons verwaarloosde stede verkondig word.UG1 113.2

    Wanneer daar toegewyde werk gedoen word, sal die werkdadigheid van die genade van Christus gesien word. Die wagters op Sions mure moet helderwakker wees, en hulle moet ander opwek. Gods kinders moet so ernstig en getrou wees in hulle werk vir Hom dat alle selfsug uit hulle lewens verban sal word. Sy werkers sal dan eensgesind wees en die arm van die Here, die krag waarvan in die lewe van Christus gesien is, sal geopenbaar word. Die vertroue sal herstel word en daar sal onder ons geledere in die kerk eensgesindheid heers.UG1 113.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents