Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Werk wat Almal kan Doen

    God het die taak aan die evangeliedienaar opgelê om diegene wat van die smal paadjie afgedwaal het, terug te lei na Christus. Hy moet versigtig en ernstig wees in sy pogings. Aan die einde van elke jaar behoort hy te kan terugkyk en die siele sien wat gered is as gevolg van sy arbeid. Sommige moet hy “Met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed . . . haat wat deur sonde bevlek is.” En hy moet “vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is.” Judas 23; Titus 1: 9. Die opdrag wat Paulus aan Timotheus gegee het, geld ook vir die predikante van vandag: “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus . . . verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.” 2 Tim. 4: 1, 2.UG1 16.5

    Die verantwoordelikheid om te soek om sondaars te red, rus nie uitsluitlik op diegene wat die Woord verkondig nie. God het hierdie taak aan almal gegee. Ons harte behoort so vol te wees van die liefde van Christus dat ons deur ons dankseggings ander harte sal warm maak. Dit is ‘n diens wat almal kan verrig, en die Here neem dit aan as aan Homself gedaan. Hy maak dit doeltreffend, en gee aan die getroue werker die genade wat die mens met God versoen.UG1 17.1

    Mag die Here Sy volk help om te besef dat daar ernstige werk is om te doen. Mag die Here hulle help om te onthou dat hulle tuis, in die kerk, en in die wêreld die werke van Christus moet doen. Hulle word nie alleen gelaat in die werk nie; die engele is hulle helpers. En Christus is ook hulle Helper. Laat hulle dan getrou en onvermoeid arbei, want op die regte tyd sal hulle maai as hulle nie verslap nie.UG1 17.2

    * * * * *

    Die Christen-pelgrim gee nie toe aan sy begeerte om te rus nie. Hy gaan steeds voorwaarts en sê, “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag.” Hy neem die volgende leuse: “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag dit na. . . . Ek reken nie dat ek self dit gegryp het nie. Maar een ding — ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te kry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” Filip. 3: 12-14.UG1 17.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents