Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verspreiding van Ons Leesstof

    Baie van Gods volk moet met ons blaaie gaan na plekke waar die Derde-engelboodskap nog nie verkondig is nie. Ons moet ons boeke in verskillende tale uitgee. Nederige, getroue manne moet met hierdie boeke gaan kolporteer en die waarheid neem na diegene wat andersins nooit sou verlig word nie. Diegene wat hierdie soort werk opneem, moet bereid wees om mediese sendingwerk te doen. Die siekes en lydendes moet gehelp word. Baie vir wie hierdie genadewerk gedoen word, sal die woorde van lewe hoor en aanneem.UG1 114.3

    Die werk van sulke kolporteur-evangeliste wat met die Heilige Gees vervul is, kan heerlike vrugte afwerp. Die verkondiging van die waarheid van huis tot huis, in liefde en eenvoud, is heeltemal ooreenkomstig die opdrag van Christus aan Sy dissipels toe Hy hulle op hulle eerste sendingreis gestuur het. Deur middel van lofliedere en nederige en opregte gebede kan vele bereik word. Die Goddelike Werker sal teenwoordig wees om harte te oortuig. Sy belofte is: “Ek is met julle al die dae.” Met die versekering van die teenwoordigheid van so ‘n Helper, kan ons met geloof, hoop en moed werk.UG1 114.4

    Van stad tot stad en van land tot land moet die boeke geneem word wat die belofte van die spoedige koms van die Heiland bevat. Hierdie boeke moet in alle tale vertaal word, want die Evangelie moet aan die ganse wêreld verkondig word. Aan elke werker belowe Christus die goddelike hulp wat sy werk ‘n sukses sal maak.UG1 115.1

    Diegene wat reeds lank met die waarheid bekend is, behoort vurig te bid om ywer om vir hulle bure te arbei. My broeders en susters, besoek diegene wat naby u woon, en trag deur medelyde en vriendelikheid om hulle harte aan te raak. Lê u daarop toe om op ‘n manier te werk wat vooroordeel sal wegruim in plaas van dit te verwek. En onthou dat diegene wat die waarheid vir hierdie dae ken, maar hulle kragte aan hulle eie kerke bestee en weier om vir hulle onbekeerde bure te werk, verantwoording sal moet doen vir die werk wat hulle nagelaat het.UG1 115.2

    Leen van u kleiner boekies aan u bure, en as hulle dan belangstel, kan u van u groter boeke aan hulle gee. Wys “Christ’s Object Lessons” aan hulle. Vertel hulle die geskiedenis van die boek en verneem of hulle nie graag ‘n eksemplaar wil hê nie. As hulle reeds in besit van die boek is, vra dan of hulle nie ‘n ander boek van dieselfde aard wil hê nie. Soek, indien moontlik, geleentheid om die waarheid aan hulle te verkondig. Saai die saad van die waarheid langs alle waters, want u weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie nie.UG1 115.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents