Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Oproep tot Onvermoeide Inspanning

    Die Here roep Sy volk om uit hulle slaap te ontwaak. Die einde van alle dinge is naby. As diegene wat die waarheid ken met God sou saamwerk, sou die vrugte van geregtigheid gesien word. Deur die openbaring van die liefde van God in sendingwerk, sal baie tot ‘n besef gebring word van die sondigheid van hulle lewens. Hulle sal besef dat hulle selfsug hulle in die verlede ongeskik gemaak het om met God saam te werk. Die openbaring van die liefde van God in onbaatsugtige werk vir ander sal die middel wees waardeur baie siele sal beweeg word om Gods Woord aan te neem net soos dit daar staan.UG1 119.3

    God is begerig om Sy volk te verkwik deur die gawe van die Heilige Gees om hulle opnuut in Sy liefde te doop. Daar is geen rede waarom daar ‘n gebrek aan die Gees in die kerk sal wees nie. Na die hemelvaart van Christus, is die Heilige Gees op die wagtende, biddende, gelowige dissipels in Sy volheid en krag wat alle harte bereik het, uitgestort. In die toekoms sal die aarde met die heerlikheid van God verlig word. Van diegene wat deur die waarheid geheilig is, sal daar ‘n heilige invloed uitgaan. Daar sal ‘n atmosfeer van genade om die ganse aarde wees. Die Heilige Gees sal in menslike harte werk en die dinge van God aan hulle openbaar.UG1 119.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents