Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sendinggesinne

    As almal wat die lig van die waarheid het dit sou uitlewe, sou daar baie meer vir Christus gedoen kon word. Daar is hele gesinne wat sendelinge kan wees, wat persoonlike diens kan verrig vir die Meester met hulle hande en verstand deur nuwe metodes aan te bring vir die sukses van Sy werk. Daar is ernstige, verstandige manne en vroue met warm harte wat baie vir Christus kan doen as hulle hulle aan God sou oorgee en Sy aangesig met hulle hele hart sou soek.UG1 120.1

    My broeders en susters, neem ‘n aktiewe deel aan die werk om siele te win. Sulke werk sal u op verstandelike en geestelike gebied verkwik. Lig van Christus sal in u hart skyn. Die Heiland sal in u harte woon en in Sy lig sal u lig sien.UG1 120.2

    Wy uself heeltemal toe aan die werk van God. Hy is u sterkte en Hy sal aan u regterhand staan om u te help om Sy planne van genade uit te voer. Trag om almal rondom u te bereik deur persoonlike werk. Maak kennis met hulle. Prekery sal nie die werk doen wat moet gedoen word nie. Engele van God sal u vergesel na die wonings wat u besoek. U kan hierdie werk nie deur ander laat doen nie. Geld sal dit ook nie doen nie, en nog minder sal preke dit regkry. Deur die mense te besoek, met hulle te praat, saam met hulle te bid en met hulle medelyde te hê — dit sal hulle hart win. Dit is die verhewendste soort sendingwerk wat u kan doen. Om dit te kan doen, het u onwrikbare, volhardende geloof, groot geduld en ‘n groot liefde vir siele nodig.UG1 120.3

    Trag om in aanraking te kom met die mense in wie se omgewing u woon. Verkondig die waarheid aan hulle met ‘n medelydende gees. Onthou dat die Here Jesus die Meesterwerker is. Hy benat die saad wat gesaai is. Dit is Hy wat die woorde in u mond sit wat harte sal aanraak. Glo en verwag dat God die toegewyde, onselfsugtige werker sal steun. Gehoorsaamheid, kinderlike geloof en vertroue in God — dit is die dinge wat vrede en vreugde bring. Werk sonder eiebelang, en met liefde en geduld, vir almal met wie u in aanraking kom. Moet nooit wys dat u ongeduldig is nie. Bewaak u lippe vir onvriendelike woorde. Laat die liefde van Christus in u harte woon en die wet van vriendelikheid u lippe beheers.UG1 120.4

    Dit is vir my ‘n raaisel waarom daar nie honderde in die werk besig is waar daar nou maar een is nie. Die hemel staan verbaas oor die onverskilligheid, koudheid en lusteloosheid van diegene wat voorgee om seuns en dogters van God te wees. Daar is ‘n lewende krag in die waarheid. Gaan voort in geloof en verkondig die waarheid asof u dit glo. Laat diegene vir wie u werk sien dat dit vir u inderwaarheid ‘n lewende werklikheid is.UG1 121.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents