Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Manne Wat Gekies is om Verantwoordelikheid te Dra

    Uit hierdie skrifgedeeltes leer ons dat God spesiale manne vir spesiale poste het. God wil hê dat Sy volk vesigtig moet handel en verstandige keuses moet doen wanneer dit nodig is om vakatures te vul, veroorsaak deur manne wat ontrou geword het. As dit in die dae van Christus nodig was om versigtig te wees in die keuse van manne vir verantwoordelike posisies, betaam dit ons vandag ook om baie versigtig te wees. In elke geval moet ons eers die saak voor die Here bring en Hom vra om vir ons te kies.UG1 134.1

    Die God van die hemel het manne met rype ondervinding gekies om die verantwoordelikhede van Sy werk te dra. Hierdie manne moet spesiale invloed hê. As ons aan almal die mag wil gee wat ons aan hierdie spesiale manne gee, is dit hoog tyd om halt! te roep. Diegene wat gekies is om verantwoordelikhede te dra, moenie te veel op self vertrou, haastig of selfsugtig wees nie. Nooit moet hulle deur hulle voorbeeld of invloed voorgaan in die kwaad nie. Die Here gee aan geen man of vrou die vryheid om idees aan die hand te doen wat Sy werk sal verlaag en wat sal afbreek doen aan die heiligheid daarvan nie. Gods werk moet steeds heiliger woord vir Sy volk. Op alle maniere moet ons die hoë peil van die waarheid handhaaf en verheerlik. Diegene wat as wagters oor die werk van God aangestel is in ons inrigtings moet altyd die wil en die weë van God op die voorgrond stel. Die gesondheid van die werk oor die algemeen hang af van die getrouheid van die manne wat aangestel is om die wil van God in die kerke uit te voer.UG1 134.2

    Manne met ‘n rype ondervinding moet in bevel wees —’n ondervinding nie in die dinge wat self betref nie, maar in die dinge van God; manne wat ‘n groot kennis het van die karakter van Christus. Hoe meer hulle van Christus weet, hoe getrouer sal hulle Hom in die wêreld kan verteenwoordig. Hulle behoort na Sy stem te luister en ag te slaan op Sy woorde.UG1 134.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents