Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Aangevuur Deur Liefde

    Wat was die gevolge van die uitstorting van die Gees op Pinksterdag? Die blye tyding van ‘n verrese Heiland is tot aan die uiterste van die bewoonde wêreld geneem. Die harte van die dissipels was oorlaai met ‘n welwillendheid, so vol, so diep, en so verreikend, dat dit hulle voortgedryf het oor die hele aarde, en hulle het as volg getuig: “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus.” Gal. 6: 14. Waar hulle die waarheid soos in Jesus verkondig het, het harte onder die krag van die boodskap tot bekering gekom.UG1 18.4

    Uit alle oorde het bekeerlinge tot die kerk toegestroom. Afvalliges het weer tot bekering gekom. Sondaars het saam met Christene na die kosbare pêrel gesoek. Diegene wat die bitterste teenstanders van die evangelie was, het nou die kampvegters daarvan geword. Die profesie dat die swakkes onder hulle “Soos David” sal wees, en die huis van David “Soos die engele van die Here,” het in vervulling getree. Elke Christen het in sy broeder ‘n gelykenis van goddelike liefde en weldadigheid gesien. Almal het dieselfde belange gehad. Die een doel het alles verdring. Die enigste ambisie van die gelowiges was om ‘n karakter soos dié van Christus te openbaar, en te werk vir die uitbreiding van Sy koninkryk.UG1 19.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents