Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Waak dan”

    Ons behoort nou op onsself te let. Daar is reeds waarskuwings gegee. Kan ons nie die vervulling sien van die voorspellings van Christus soos opgeteken in die eenen-twintigste hoofstuk van Lukas nie? Hoeveel is daar wat die woorde van Christus ondersoek? Hoeveel is daar wat hulle eie siele bedrieg en hulleself beroof van die seëninge wat tot hulle sou kom as hulle sou glo en gehoorsaam? Die genadetyd is nog daar, en dit is ons voorreg om vas te klem aan die hoop wat voor ons gestel word in die Evangelie. Laat ons berou oor ons sondes hê en ons bekeer en ons sondes versaak, sodat hulle uitgedelg kan word. “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie. Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig mag geag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en te staan voor die Seun van die mens.” Lukas 21: 33-36.UG1 137.2

    Sal ons die waarskuwings wat Christus gegee het, ver-ontagsaam? Sal ons ons nie nou beywer om ons te bekeer terwyl die genadetyd nog daar is nie?UG1 138.1

    “Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. Maar weet dit: As die huisheer wis in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom in ‘n uur wat julle dit nie verwag nie. Wie is dan die getroue en verstandige slaaf vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te te gee? Gelukkig is daardie slaaf vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie slegte slaaf in sy hart sê: My heer talm om te kom — en hy sy medeslawe begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié slaaf kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom middeldeur sny en hom ‘n deelgenoot maak van die geveinsdes. Daar sal geween wees en gekners van die tande.” Matt. 24: 42-51.UG1 138.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents