Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Belofte Behoort aan Ons

    Die belofte van die Gees is aan ons vandag net so gewis as aan die dissipels vanouds; God sal vandag manne en vroue toerus met krag uit die hoogte, net soos Hy diegene toegerus het wat die woord op Pinksterdag gehoor het. Nou, in hierdie uur is Sy Gees en Sy genade tot beskikking van almal wat dit nodig het en Hom op Sy woord neem.UG1 19.2

    Merk op, eers nadat die dissipels eensgesind was, toe hulle nie meer met mekaar gewedywer het om die hoogste plaas nie, is die Gees uitgestort. Hulle was eendragtig; alle verskille was uit die weg geruim, en na die uitstorting van die Gees het hulle almal eeners getuig. Let op die woorde: “En die menigte wat gelowig geword het, was een van hart en siel.” Die Gees van Hom wat gesterwe het sodat sondaars mag lewe, het die hele gemeente van gelowiges besiel.UG1 19.3

    Die dissipels het nie om ‘n seen vir hulleself gevra nie. Die las vir siele het op hulle gerus. Die evangelie moes na die eindes van die aarde gaan, en hulle het die 2 toerusting met krag wat Christus gelowe het, toegeëien. foe is die Heilige Gees uitgestort, en duisende het in een dag tot bekering gekom.UG1 19.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents