Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vergader Rondom die Kruis

    Die liefde wat op Golgota geopenbaar is, moet herlewe en uitbrei onder ons gemeentes. Sal ons nie alles in ons vermoë doen om krag te gee aan die beginsels wat Christus na hierdie wêreld gebring het nie? Sal ons nie probeer om die weldadige ondernemings waaraan daar vandag behoefte is, aan te pak en deur te voer sonder om langer uit te stel nie? Waar u voor die kruis staan en daar sien hoedat die Vors van die hemel Sy lewe vir u gegee het, kan u eerlik sê, “Nee, ek het niks om te gee nie”?UG1 148.3

    Die gelowige volk van Christus moet Sy liefde versprei en bestendig. Hierdie liefde moet hulle saambring rondom die kruis. Dit moet hulle van alle selfsug ontledig en hulle aan God en aan mekaar snoer.UG1 149.1

    Vergader rondom die kruis van Golgota in opoffering en selfverloëning. Namate u u bes doen sal God u seen. Namate u die genadetroon nader en voel dat u daaraan vasgesnoer is met die goue ketting wat van die hemel na die aarde reik om die mens uit die kuil van die sonde te trek, sal u hart in liefde uitgaan tot u broeders en susters wat sonder God en sonder hoop in die wêreld is.UG1 149.2

    * * * * *

    DIE beginsels wat wêreldlinge toepas, is om soveel moontlik van die verganklike dinge van hierdie aarde te versamel. Liefde vir voordeel is die heersende beginsel van hulle lewe. Maar die reinste vreugde word nie in rykdom gevind nie en ook nie waar hebsug botvier nie, maar waar tevredenheid heers en waar selfopofferende liefde die botoon vier. Daar is duisende wat hulle lewens slyt in selfbevrediging en wie se harte vol ontevredenheid is. In die vergeefse poging om die geluk te vind in self-bevrediging, het hulle die slagoffers geword van hebsug en ontevredenheid. Mens kan die ongeluk op hulle gelaat lees en agter hulle is ‘n woestyn omdat hulle geen goeie werke gedoen het nie.UG1 149.3

    Volgens die mate van die liefde van Christus in ons harte en die mate wat dit ons lewens beheers, sal gierigheid en selfsug en liefde vir gemak oorwin word, en ons sal daar behae in skep om die wil van Christus te doen, wie se diensknegte ons voorgee om te wees. Ons geluk sal dan in verhouding staan tot ons onselfsugtige werke wat geopenbaar sal word as gevolg van die liefde van Christus in ons harte — Deel III, bl. 382.UG1 149.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents