Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontvangs en Mededeling

    Waar daar lewe is, is daar ook opwassing; in Gods koninkryk vind daar ‘n gedurige ruiling plaas—’n ontvangs en ‘n mededeling; ‘n ontvangs van die Here en ‘n teruggawe aan Hom van Sy eiendom. God werk deur elke ware gelowige, en die lig en seëninge wat hy ontvang, word weer uitgegee in die werk wat die gelowige doen. Op hierdie wyse word die vermoë om te ontvang steeds groter. Namate iemand die hemelse gawes meedeel, maak hy plek vir nuwe strome van genade en waar-heid uit die fontein van lewende water. Meer lig en kennis en groter seëninge word sy deel. Hierdie werk wat tot die ontwikkeling van elke kerklid bydra, is ook die lewe en groeikrag van die kerk. Die persoon wat maar net ontvang en nooit meedeel nie, verloor gou die seen. As die waarheid nie van hom uitvloei tot ander nie, verloor hy sy kapasiteit om te ontvang. As ons nuwe seeninge wil hê, moet ons die gawes van die hemel aan ander meedeel.UG1 153.2

    Dit geld eweseer in die tydelike as in die geestelike. Die Here kom nie na hierdie wêreld met goud en silwer vir die voortsetting van Sy werk nie. Hy gee middele aan mense sodat hulle deur hulle gifte en offergawes Sy werk kan bevorder. Die een doel bo alle ander waaraan Gods gawes moet bestee word, is die onderhouding van die werkers in die groot oesland. En as manne en vroue die kanale wil wees sodat die seëninge tot ander siele kan vloei, sal die Here toesien dat die toevoer steeds voldoende is. Dit is nie wat hulle aan God gee wat mense arm maak nie, maar dit is die terughouding van die gawes wat armoede veroorsaak.UG1 154.1

    Deur aan ander mee te deel wat hy van God ontvang het, word elke kerklid ‘n medewerker van God. Van onsself kan ons niks doen nie; maar Christus is die meesterwerker. Dit is die voorreg van elke mens wat Christus aanneem om saam met Hom te werk.UG1 154.2

    Die Heiland het gesê: “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” Joh. 12: 32. Om die vreugde te hê om siele te red, het Christus die kruis verduur. Hy het die lewende offerande geword vir ‘n verlore wêreld. In daardie een daad van selfopoffering is Christus se hele hart gesit, die liefde van God; en deur daardie offer is die magtige invloed van die Heilige Gees aan die wêreld gegee. Deur opoffering dus, moet Gods werk op aarde voortgesit word. Van elke kind van God word opoffering verwag. Christus het gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.” Lukas 9: 23. Aan almal wat glo, gee Christus ‘n nuwe karakter. Hierdie karakter is, as gevolg van Sy oneindige offer, die ewebeeld van Sy eie.UG1 154.3

    Die Bewerker van ons saligheid is ook die Voleinder daarvan. Een waarheid in die hart ontvang, sal plek maak vir ander waarhede. En die waarheid, waar dit ookal ontvang word, verkwik die kragte van die ontvanger. As ons kerklede waarlik liefhebbers van Gods Woord is, sou hulle die edelste eienskappe aan die dag lê; en hoe edeler hulle is, hoe kinderliker sal hulle gees wees, en hulle sal die Woord van God aanneem teen alle selfsug.UG1 154.4

    Daar skyn strome van lig van die Woord van God, en daar moet ‘n opwekking kom om verwaarloosde geleenthede te besef. As almal getrou sou wees om aan God die tiendes en offergawes te bring wat Hom toekom, sou die weg geopen word vir die ganse wêreld om die boodskap vir hierdie dae te hoor. As die harte van Gods volk vol van die liefde van Christus sou wees; as elke kerklid heeltemal besiel sou wees met die gees van selfopoffering; as dit almal waarlik erns was, sou daar geen gebrek aan middele wees vir sowel die binnelandse as die buitelandse sending nie. Ons middele sou vermenigvuldig word; ‘n duisend deure sou oopgaan en ons sou versoek word om in te kom. As Gods plan om die boodskap van genade aan die hele wêreld te verkondig deur Sy volk uitgevoer sou gewees het, sou Christus lankal na die aarde teruggekom het, en die heiliges lank reeds in die Godstad gewees het.UG1 155.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents