Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Versameling van Middele nie ‘n Sonde nie

    Dit is die Here wat aan die mens krag gee om rykdom te verwerf, en Hy skenk hierdie vermoë, nie dat die mens self moet bevredig nie, maar dat hy aan God Sy eiendom kan teruggee. Met hierdie doel voor oë is dit nie ‘n sonde om middele te versamel nie. Geld moet deur arbeid verdien word. Elke jongmens moet geleer word om arbeidsaam te wees. Die Bybel veroordeel niemand omdat hy ryk is mits hy sy rykdom op ‘n eerlike manier verkry het nie. Dit is die selfsugtige liefde vir geld wat die wortel van alle kwaad is. Rykdom sal ‘n seen wees as ons dit beskou as aan die Here behorende, om met dankbaarheid aangeneem te word en weer met dankbaarheid aan die Gewer teruggegee te word.UG1 157.4

    Maar watter waarde het skatte wat versamel word vir die laaste dae, as dit bestee word aan pragtige wonings of aandele? Wat sal hierdie dinge weeg vergeleke met die redding van een siel vir wie die Seun van God Sy lewe gegee het?UG1 158.1

    Aan diegene wat skatte vir die laaste dae vergader het, sê die Here: “Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hule roes sal tot ‘n getuineis teen julle wees en sal as ‘n vuur julle vlees verteer.”UG1 158.2

    Die Here bedien ons van die volgende raad: “Verkoop julle besittings en gee aalmoes; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief bykom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Laat julle heupe gegord wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos mense wat hulle heer verwag wanneer Hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is daardie slawe vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom gord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak mag kom, en dit so vind — gelukkig is daardie slawe. Maar weet dit dat as die huisheer wis in watter uur die dief sou kom, dan sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom in ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.” Lukas 12:33-40.UG1 158.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents