Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Waarheid Maak Heilig

    Die groot bedrieër het baie dwaalleringe voorberei om die verskillende voorkeure van hulle wie hy wil ruïneer, te kan akkommodeer. Dit is Satan se plan om die kerk te infiltreer met onopregtes en onwedergebore elemente wat twyfel en ongeloof in die kerk sal aanmoedig. Baie wie geen ware geloof in God het nie aanvaar sekere beginsels van die waarheid en word beskou as Christene, wie in die proses in staat gestel word om onwaarhede as skriftuurlike doktrines bekend te stel. Satan weet dat die waarheid wat in liefde ontvang word, die siel heilig maak. Daarom beywer hy hom om die waarheid te vervang met valse teorieë, verdigsels en ander evangelie. Van die begin af, het dienaars van God moes wedywer met valse leermeesters, nie alleenlik boosaardige mense nie, maar ook inprenters van bedrog, wat fataal is vir die siel. Elija, Jeremiah en Paulus het hulle opsetlik verset teen leermeesters wie mense weggelei het van die Woord van God af. Daardie liberaliteit wat ‘n korrekte geloof as onbelangrik beskou, het geen guns verkry by hierdie verdedigers van die waarheid nie.DGrH 34.3

    Die vae en verbeeldingryke vertolkings van die Skrif en teenstrydige teorieë in die Christen wêreld, is die werk van ons groot vyand, wie gedagtes wil verwar. Die onmin en verdeeldheid tussen kerke is tot ‘n groot mate te wyte aan die verdraaiing van die Skrif, om ‘n gunsteling teorie(ë) te ondersteun.DGrH 35.1

    Om valse leerstellings in stand te hou, fokus sommiges op skrifgedeeltes wat van die konteks verwyder is of deur ‘n halwe vers te kwoteer om ‘n stelling te maak, terwyl die oorblywende gedeelte bevestig dat die betekenis die teenoorgestelde is. Met die slinksheid van die slang, verskuil hulle hulself agter onsamehangende uitlatings om vleeslike begeertes te pas. Andere gryp syfers en simbole aan en interpreteer dit sodaniglik as om by hul voorkeure te pas, met min agting vir die getuienis van die Skrif as sy eie interpreteerder om dan hulle valshede as leerstellings van die Bybel aan te bied.DGrH 36.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents